Frederik de Jager

Frederik de Jager was taalonderwyser, uitgewer en redakteur - hy was betrokke by JL van Schaik, Tafelberg, Queillerie, African Sun Media, Umuzi en Penguin South Africa. Oor die jare was hy uitgewer van ‘n groot aantal bekroonde skrywers. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar van onder meer die M-Net Literêre Toekenning en die kykNET-Rapport Boekpryse.   

Elders gesien: Ons lig die hoed, oom Johannes

Frederik de Jager Elders gesien 2023-12-11

"As die klip van die Karoo siel is, is dit deur u dat ’n mens dit kon sien. As haar plantegroei die kinders van so ’n gesieldheid is, het u hulle laat reis deur die wêreld."

Ver in die wêreld: ’n onderhoud met Frederik de Jager

Naomi Meyer, Frederik de Jager Skrywersonderhoude 2023-02-22

"En nou is daar die groeiende aantal mense wat die land wil verlaat. Hulle kan ook met vrug eers die boek lees voor hulle hul planne finaliseer."

UJ-debuutprys 2022: Frederik de Jager se toespraak by die bekroning van Man op ’n fiets êrens heen

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2022-09-29

Die UJ-debuutprys vir 2022 is op 22 September toegeken aan Frederik de Jager vir sy Man op ’n fiets êrens heen. Lees die skrywer se aanvaardingstoespraak tydens die seremonie hier.

DJ van Niekerk: 1928–2022

Frederik de Jager In memoriam 2022-02-11

"Met die afsterwe van Danie van Niekerk het grasie uit die wêreld gegaan. As daar een mens was van wie jy met reg kon sê hy was gedistingeerd, was dit hy. In die uitgewerswese sweef daar ’n frase rond wat af en toe vatplek op ’n individu kry: gentleman publisher. Dit was hy." Lees Frederik de Jager se huldeblyk aan eertydse besturende direkteur van Tafelberg-Uitgewers hier.

Elders gesien: Michiel Botha het hom hart en siel aan ’n boekontwerp oorgegee

Frederik de Jager Elders gesien 2021-09-27

"Deur die gestalte wat hierdie man aan boeke gegee het, het hy ’n bydrae tot die boekbedryf in Suid-Afrika gemaak wat nie bereken kan word nie."

Skoon wasgoed: Hoeke man hy was, JC Steyn (1938–2021)

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-09-22

"My klein ervaring van hierdie groot gees was soos ’n beskaafde minuut in ’n treinwa onderweg, toe die son vir ’n onbewaakte oomblik helder en ontblotend oor ’n medereisiger skuif, en daarna skaduwee."

Die lys van seëninge is lank, tog ...

Frederik de Jager Elders gesien 2021-08-16

"Tog bedruk die volgende dinge die hel uit my uit: Die verval en korrupsie in Suid-Afrika. Die veld wat antiwetenskaplike bog oor die pandemie aan ’t wen is ..."

Jou weiering om geënt te word, stel mense bloot

Frederik de Jager Elders gesien 2021-06-24

"Die enigste manier om hierdie pandemie onder te kry, sodat ons almal na ’n normale lewe kan terugkeer, is dat genoeg mense ingeënt word. Elkeen wat met onbekookte wolhaarstories kom waarom hulle nie geënt wil word nie, bederf ons almal se kanse."

Skoon wasgoed: Vetkoek en ’n paleisrevolusie

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-06-09

"Kookboeke is ’n gespesialiseerde veld. By groot uitgewerye is daar hele afdelings voor. Dit is duur produksies, want volgens die konvensie moet die foto’s in volkleur wees, die stilering professioneel en die kos onweerstaanbaar lyk."

Skoon wasgoed: Dot Serfontein se rang in die ry van skrywers

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-05-26

"Maar dis om al wéér die sonde van letterkundige klassestratifikasie te pleeg. Dot Serfontein se grootste prestasie, waarin sy skaars haar gelyke het, was in hoe goed sy konkrete ervaring en vlieënde verbeelding in taal kon uitdruk en op papier kon neersit sodat die leser soos in ’n panorama kon deel in die skouspel van die groot drama wat so oud soos die mensdom is."

Elders gesien: Hout is nie ’n goedkoop speelmaat nie

Frederik de Jager Elders gesien 2021-05-18

"Die meubelstuk beur so ver moontlik weg van sy uiterlike bestaan as boom. Hy wil die innerlike van die boom veruiterlik, die versteekte kleur en vlamme. ’n Nuwe bestaan word vir die hout verwesenlik, ’n lewe in ’n ander dimensie ná die afsterwe van die boom."

The Talking Table gedek vir kos en boeke

Frederik de Jager, Douw Steyn Boeke en skrywers 2021-05-13

Frederik de Jager en Douw Steyn drink wyn, maak hoender en harissa, en gesels oor The Talking Table en die literêre lunch. Hulle gesels oor mense in Griekeland oor wie Frederik in sy boek skinder, en natuurlik ook oor Frederik de Jager se Man op ’n fiets op pad êrens heen. Luister hier na hulle gesprek.

Frederik de Jager: ’n Herd wat knetter met stories

Melt Myburgh, Frederik de Jager Skrywersonderhoude 2021-05-05

Frederik de Jager: "Ek skat ek is bloot lief vir die tasbare wêreld en ek hou die hele tyd ogies op steeltjies, sodat wanneer ek iets skryf, die gepaste waarnemings hulleself aanmeld."

Skoon wasgoed: Die invloed van lunch op letterkunde

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-04-29

"As jy storiemense wil onthaal, moet jy kan stories vertel. Jy moet ’n tafel kan kommandeer soos ’n skeepskaptein sy vaartuig. Jy moet kan konsert hou voor ’n ingeligte en kritiese gehoor vir wie die ervaring onvergeetlik is."

Elders gesien: US-koshuis en slegs Engelse liedjies vir sêr

Frederik de Jager Elders gesien 2021-03-30

"In plaas daarvan moet sy eie Afrikaans-Nederlandsdepartement (en blykbaar die media) hom wys op ’n bestaande kultuur van mikroaggressie teenoor Afrikaanssprekende studente."

Top