Frederik de Jager

Frederik de Jager was taalonderwyser, uitgewer en redakteur - hy was betrokke by JL van Schaik, Tafelberg, Queillerie, African Sun Media, Umuzi en Penguin South Africa. Oor die jare was hy uitgewer van ‘n groot aantal bekroonde skrywers. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar van onder meer die M-Net Literêre Toekenning en die kykNET-Rapport Boekpryse.   

Skoon wasgoed: Om uit te gee of nie uit te gee nie

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-03-30

"In die ou dae kon jy die som maklik op die agterkant van ’n sigaretboksie maak of op die servet van die restaurant waar jy die skrywer onthaal agter wie se volgende boek jy aan is. Dit wil sê indien daar hoegenaamd somme gemaak is."

Skoon wasgoed: Die Oom en die Juffrou

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-03-11

"As ek sê 'haar' bedoel ek eintlik 'hulle', want dertig meter van haar witgepleisterde eenvertrek-arbeidershuisie af staan dié van oom Johannes Willemse. 'Oom', want hy moet nou al by honderd jaar oud wees. ’n Sterk, veerkragtige man met die Griekwa-trekke wat met die jare net al hoe mooier geplooi word."

Skoon wasgoed: Die literêre rockster, Tom Lanoye

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-02-24

"Die programnota van 1995 het iets van ’n literêre popster genoem, en die titel was intrigerend: Kartonnen dozen. Boonop het ek gehou van al die Vlaamse aanbiedings wat ek ooit by die KKNK bygewoon het. Almal is opgelig deur ’n Europese flair, deurtrek van die karnivaleske, besiel deur ’n sin vir die absurde."

Skoon wasgoed: Die duursame trooswoorde van Ferdinand Deist

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-02-10

"Ek het veel by skrywers geleer, en in hierdie rubriek het ek al daaroor geskryf. Met Ferdinand was dit ook so. Hy het sy deure wyd oopgegooi in vriendskap."

Skoon wasgoed: Die hoogsomer van Klaas Steytler

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-01-26

"Deurslaggewende oomblikke kondig hulleself dikwels sonder fanfare aan. Jy beleef iets wat jy eers agterna eien as ’n baken in die tyd, ’n merker van betekenisvolle dinge wat sou volg."

Skoon wasgoed: Die verhaal van die verhaal van Oscar Pistorius

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-01-06

"Deur wat sedertdien gebeur het, het hierdie narratief ’n storie binne ’n groter, algeheel somber storie geword. Ons boek het ingebed geword in wat ander boeke ná die moord vertel het. Dit was soos die skitterende kern van ’n swart ster, ’n gravitasiekolk waarvandaan geen lig ontsnap nie."

Skoon wasgoed: Baasspeurder Piet Byleveld

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2020-12-17

"Oor Byleveld was dit asof daar stoom opgebou het. Hy was aan die einde van sy loopbaan, maar steeds gereeld in die nuus met sake wat sy reputasie as die suksesvolste speurder in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bly voed het. Suksesvol was hy veral met reeksmoordenaars, in welke sake hy honderd persent sukses behaal het. Hy was op die kruin van sy loopbaan. Sy naam was huishoudelik."

Skoon wasgoed: ’n boek deur iemand wat nie bestaan nie

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2020-12-08

"Die skepper van Evita Bezuidenhout en haar hele narrehok van ’n familie kon homself voor jou oë in Pik Botha en PW Botha en Piet Koornhof omtower, so werklik soos gedaantes in die Viewmaster. Maar Pieter-Dirk Uys het miskien sy hoogste prestasie in oëverblindery behaal deur homself, gestroop van al hierdie karakters, onsigbaar te maak. Die persoon in die kamer verby wie almal sou kyk."

Skoon wasgoed: Iets oor boektitels

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2020-11-24

"Ek het baie saam met kollegas en skrywers om ’n tafel gesit vir ’n ideestorm om ’n titel vir ’n boek te vind. Die reël is: Jy sê alles wat in jou kop kom en iemand skryf alles neer."

Skoon wasgoed: Poskaarte van ver af

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2020-11-05

"Ek onthou dat ek Foxtrot iewers beskryf het as ’n liefdesbrief aan Afrikaans van ’n ver land af. Postcards from the edge, wil mens amper sê. Poskaarte en briewe is wat jy skryf wanneer jy nie in die vlees teenwoordig kan wees nie."

Skoon wasgoed: ’n Rare vriendskap – IL de Villiers

Frederik de Jager Rubrieke 2020-10-21

"’n Wysheid wat ek van hom onthou, is dat jy as ’n redakteur vriende van jou skrywers kan maak, maar nie skrywers van jou vriende nie."

Skoon wasgoed: Die X-faktor van Ena Murray

Frederik de Jager Rubrieke 2020-10-06

"Ena het ’n manier gehad om intiem in die binneoor van die leser te praat. Asof die verteller in haar boeke ’n groot geheim met net jou, die leser, deel. Dikwels het dit ’n skindertoon aangeneem, wanneer sy van die skandalige optrede van die een of ander karakter vertel."

Skoon wasgoed-rubriek: Daardie goue naald in die hooimied

Frederik de Jager Rubrieke 2020-09-23

"Die publikasie van Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe, het ’n sonderlinge nuwe skrywerskap in Afrikaans aangekondig."

Skoon wasgoed: Is ons almal Zimbabwiërs?

Frederik de Jager Rubrieke 2020-09-15

"We are all Zimbabweans now is die verhaal van ’n Amerikaanse aktivis wat hom vir die opvoeding en ander belange van die werkersklas in Zimbabwe beywer. Weldra begin hy egter ontgogel raak met die vergrype van die vroeër gevierde bevryders. Die verrotting wat uitkring totdat Robert Mugabe se gulhartige uitroep aan die begin van sy bewind oplaas beteken: Hierdie korrupsie het ons almal betrek."

Skoon wasgoed-rubriek: ’n Ster word gebore

Frederik de Jager Rubrieke 2020-08-27

"Dit was duidelik hier was iets buitengewoons aan die gang. Die titel was Griet skryf ’n sprokie. Dit was 1992."

Top