Frederik de Jager

Frederik de Jager was taalonderwyser, uitgewer en redakteur - hy was betrokke by JL van Schaik, Tafelberg, Queillerie, African Sun Media, Umuzi en Penguin South Africa. Oor die jare was hy uitgewer van ‘n groot aantal bekroonde skrywers. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar van onder meer die M-Net Literêre Toekenning en die kykNET-Rapport Boekpryse.   

Korona-kortverhaalfees: Frederik de Jager oor "Maer vir net een dag"

Melt Myburgh, Frederik de Jager Skrywersonderhoude 2020-08-17

"Waar mense is, is daar altyd stories. Waar hulle saam eet, is daar nog meer stories. Kos en storie is keerkante van dieselfde munt."

Maer vir net een dag

Frederik de Jager Fiksie 2020-08-17

"Dáárdie uur: soos die laaste oase voor die woestyn, die wanhopige tog deur die nag tot verlossing die volgende oggend daag, ’n varksworsie in botter gebraai by haar twee gebakte eiers. Maar sy dissiplineer haar: Sy wag tot halfagt."

Skoon wasgoed-rubriek: Die groot blydskap

Frederik de Jager Rubrieke 2020-08-13

"Carol Campbell, skrywer van Karretjiemense, het gedoen wat alle goeie storievertellers doen: Sy het met mense gepraat en na hulle geluister."

Skoon wasgoed-rubriek: Die glibberige woord

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2020-07-29

"By nadere inspeksie kon jy duidelik sien hoe die terme van tyd tot tyd versag is, van uitgawe na uitgawe. Van die oorspronklike, wat hard geland het op die sensitiewe oor van die tweede helfte van die eeu, is hulle telkens verander volgens wat in die tyd as sosiaal aanvaarbaar beskou is."

Elders gesien: NP Van Wyk Louw-gedenklesing in Kaaps

Frederik de Jager Elders gesien 2020-06-19

"Dit sal as ’n historiese oomblik afgaan. Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing in Kaaps gelewer, en daai man het ’n kop van formaat op sy twee skouers. Boeta NP hy kô hystoe."

Elders gesien: "Aan Eldaleen en Vrouekeur: Vat ’n buiging."

Frederik de Jager Elders gesien 2020-05-07

"Ek treur oor Vrouekeur soos oor ’n mens wat langbome toe is. Ek was so trots op die tydskrif, so trots daarop om vir hulle te kon skryf. Kyk net na die foto, ’n gideonsbendetjie mense wat weekliks ’n tydskrif uitbring. En hulle het glad soos ’n getunede enjin geloop. En ’n tydskrif van sulke gehalte."

Wie hou nie van klein lughawetjies nie?

Frederik de Jager Elders gesien 2019-01-21

"Ek was gek na die ou lughawens van Durban en Bloemfontein, en die pragtige grasdak-lughawe by Nelspruit."

#ANC54: 'n Hele halwe heling

Frederik de Jager Seminare en essays 2017-12-19

"En dit is hoe Suid-Afrika is. Helfte-helfte. Nooit heel nie. Nooit die beste nie, het Jan Smuts van ons demi-monde gesê, en nooit die slegste nie. Soos radioaktiewe verval het ons ’n halflewe op pad na ons eie verderf wat ons, soos die goeie, nooit heeltemal haal nie."

Commendatio: kykNET-Rapport Boekprys vir fiksie 2017 – Huilboek, Ryk Hattingh

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2017-10-03

"Huilboek is ’n prestasie in hoe groot kragte in beweging gestel kan word deur ’n minimum aan woorde en vertoon  – ’n waardige wenner van vanjaar se kykNET-Rapportprys vir fiksie."

Commendatio: kykNET|Rapport Fiksiewenner 2016

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2016-09-27

"In Brandwaterkom bring Alexander Strachan nie net die Anglo-Boereoorlog en die Grensoorlog opwindend in een verband saam nie, maar bring hy ook oorlogstemas en die strukturele eksperiment van sy hele oeuvre tot ’n nuwe verdieping."

Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Frederik de Jager – voormalige boekuitgewer

Frederik de Jager, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-07-20

"Onderskei. Moenie met onsin tevrede wees nie."

Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig

Frederik de Jager Resensies 2015-12-03

"Wat is dit aan Eugène Marais wat so enigmaties is?" – 'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog deur Carel van der Merwe

Afrikaans aan die US

Frederik de Jager Seminare en essays 2015-11-24

"Steek mens jou nek uit vir Afrikaans, maak hulle 'n strooipop van jou."

In Memoriam: Jürgen Fomm

Frederik de Jager In memoriam 2015-04-14

"Vandag is elkeen ’n tipograaf met ’n rekenaar en InDesign-programmatuur. Vandag is iedereen ook ’n kenner met Google aan die vingerpunte, en ’n gepubliseerde skrywer op Amazon. Maar toenmalig, in die Europese skool van tipografie, het jy ’n uitgebreide en uitgerekte opleiding ondergaan. En tipograwe soos Jürgen Fomm was vakmeesters, soos wat skilders en beeldhouers dit was."

Die man wat riviere aan die vloei skryf – Chris Barnard word 70

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2009-07-15

"'n Beskeie mens wat weinig het om beskeie oor te wees. Want hy is een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans, met 'n stuk of agtien bekronings vir bykans al die genres wat hy beoefen, in 'n stuk of dertig boeke, van romans tot kortverhale tot jeugromans tot dramas vir die verhoog, die radio, televisie en vir film."

Top