Skoon wasgoed: Baasspeurder Piet Byleveld
2020-12-17"Oor Byleveld was dit asof daar stoom opgebou het. Hy was aan die einde van sy loopbaan, maar steeds gereeld in die nuus met sake wat sy reputasie as die suksesvolste speurder in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bly voed het. Suksesvol was hy veral met reeksmoordenaars, in welke sake hy honderd persent sukses behaal het. Hy was op die kruin van sy loopbaan. Sy naam was huishoudelik."
Skoon wasgoed: ’n boek deur iemand wat nie bestaan nie
2020-12-08"Die skepper van Evita Bezuidenhout en haar hele narrehok van ’n familie kon homself voor jou oë in Pik Botha en PW Botha en Piet Koornhof omtower, so werklik soos gedaantes in die Viewmaster. Maar Pieter-Dirk Uys het miskien sy hoogste prestasie in oëverblindery behaal deur homself, gestroop van al hierdie karakters, onsigbaar te maak. Die persoon in die kamer verby wie almal sou kyk."
Skoon wasgoed: Iets oor boektitels
2020-11-24"Ek het baie saam met kollegas en skrywers om ’n tafel gesit vir ’n ideestorm om ’n titel vir ’n boek te vind. Die reël is: Jy sê alles wat in jou kop kom en iemand skryf alles neer."
Skoon wasgoed: Poskaarte van ver af
2020-11-05"Ek onthou dat ek Foxtrot iewers beskryf het as ’n liefdesbrief aan Afrikaans van ’n ver land af. Postcards from the edge, wil mens amper sê. Poskaarte en briewe is wat jy skryf wanneer jy nie in die vlees teenwoordig kan wees nie."
Skoon wasgoed: ’n Rare vriendskap – IL de Villiers
2020-10-21"’n Wysheid wat ek van hom onthou, is dat jy as ’n redakteur vriende van jou skrywers kan maak, maar nie skrywers van jou vriende nie."
Skoon wasgoed: Die X-faktor van Ena Murray
2020-10-06"Ena het ’n manier gehad om intiem in die binneoor van die leser te praat. Asof die verteller in haar boeke ’n groot geheim met net jou, die leser, deel. Dikwels het dit ’n skindertoon aangeneem, wanneer sy van die skandalige optrede van die een of ander karakter vertel."
Skoon wasgoed-rubriek: Daardie goue naald in die hooimied
2020-09-23"Die publikasie van Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe, het ’n sonderlinge nuwe skrywerskap in Afrikaans aangekondig."
Skoon wasgoed: Is ons almal Zimbabwiërs?
2020-09-15"We are all Zimbabweans now is die verhaal van ’n Amerikaanse aktivis wat hom vir die opvoeding en ander belange van die werkersklas in Zimbabwe beywer. Weldra begin hy egter ontgogel raak met die vergrype van die vroeër gevierde bevryders. Die verrotting wat uitkring totdat Robert Mugabe se gulhartige uitroep aan die begin van sy bewind oplaas beteken: Hierdie korrupsie het ons almal betrek."
Skoon wasgoed-rubriek: ’n Ster word gebore
2020-08-27"Dit was duidelik hier was iets buitengewoons aan die gang. Die titel was Griet skryf ’n sprokie. Dit was 1992."
Korona-kortverhaalfees: Frederik de Jager oor "Maer vir net een dag"
2020-08-17"Waar mense is, is daar altyd stories. Waar hulle saam eet, is daar nog meer stories. Kos en storie is keerkante van dieselfde munt."
Maer vir net een dag
2020-08-17"Dáárdie uur: soos die laaste oase voor die woestyn, die wanhopige tog deur die nag tot verlossing die volgende oggend daag, ’n varksworsie in botter gebraai by haar twee gebakte eiers. Maar sy dissiplineer haar: Sy wag tot halfagt."
Skoon wasgoed-rubriek: Die groot blydskap
2020-08-13"Carol Campbell, skrywer van Karretjiemense, het gedoen wat alle goeie storievertellers doen: Sy het met mense gepraat en na hulle geluister."
Skoon wasgoed-rubriek: Die glibberige woord
2020-07-29"By nadere inspeksie kon jy duidelik sien hoe die terme van tyd tot tyd versag is, van uitgawe na uitgawe. Van die oorspronklike, wat hard geland het op die sensitiewe oor van die tweede helfte van die eeu, is hulle telkens verander volgens wat in die tyd as sosiaal aanvaarbaar beskou is."
Elders gesien: NP Van Wyk Louw-gedenklesing in Kaaps
2020-06-19"Dit sal as ’n historiese oomblik afgaan. Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing in Kaaps gelewer, en daai man het ’n kop van formaat op sy twee skouers. Boeta NP hy kô hystoe."
Elders gesien: "Aan Eldaleen en Vrouekeur: Vat ’n buiging."
2020-05-07"Ek treur oor Vrouekeur soos oor ’n mens wat langbome toe is. Ek was so trots op die tydskrif, so trots daarop om vir hulle te kon skryf. Kyk net na die foto, ’n gideonsbendetjie mense wat weekliks ’n tydskrif uitbring. En hulle het glad soos ’n getunede enjin geloop. En ’n tydskrif van sulke gehalte."

