Jou weiering om geënt te word, stel mense bloot

  • 3

Die oorsprong van die meme is onbekend

Frederik de Jager skryf op Facebook:

Die enigste manier om hierdie pandemie onder te kry sodat ons almal na ’n normale lewe kan terugkeer, is dat genoeg mense ingeënt word. Elkeen wat met onbekookte wolhaarstories kom waarom hulle nie geënt wil word nie, bederf ons almal se kanse. Geen aanspraak op persoonlike vryheid kan staan teen die belang van die hele bevolking nie. Jy kan nie in die straat afloop en mense beledig of hulle fisies skaad net as uitdrukking van jou vryheid nie. Jou weiering om geënt te word, stel mense op ’n baie gevaarliker wyse bloot. En as godsdiens die bron is van die koorsige influisteringe wat jou dronk gemaak het van samesweringsteorieë, staan dit aangekla, net soos wat dit keer op keer in die geskiedenis aangekla gestaan het van vals oordeel in die lig van wetenskaplike waarheid.

Lees ook:

Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?

Die sielkunde agter samesweringsteorieë

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Wat gebeur wanneer ons ’n entstof kry?

Jy is ’n belangrike deel van die nuwe wapenwedloop

COVID-19: Jeremy Nel on vaccines, returning to normal and ivermectin

  • 3

Kommentaar

  • Marietjie le Roux

    Ek is onder die indruk dat die inenting jou nie vrywaar om die Virus op te doen nie en ook nie om dit aan ander oor te dra nie....
    Verduidelik asb.

  • Dit is net soos wat 'n jaarlikse griepinspuiting jou nie vrywaar om griep te kry of ander aan te steek nie. Jy sal dit waarskynlik net in 'n baie ligter graad kry en voorkom dat jy daaraan doodgaan.

  • Johann G Andersen

    Die etiketering is hartseer. Daar is wel diegene wat skepties is oor die toediening van die inspuitings. Laat daar wedersydse respek wees en moet nie aanvaar dat diegene wat hul nie laat inspuit nie, almal glo aan die samesweringkomplotte wat die ronde doen nie. Dis gewis nie so nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top