Die lys van seëninge is lank, tog ...

  • 3

Frederik de Jager skryf of Facebook:

Die son skyn, daar is vrede, mooi musiek op die radio, brood op die tafel, van die voorstoep af ’n lieflike uitsig oor ’n gefabelde see en ’n mooi land. ’n Geliefde, goeie geselskap, gesondheid, familie, vreugde en gelag … Die lys van seëninge is lank.

Tog bedruk die volgende dinge die hel uit my uit:

Die verval en korrupsie in Suid-Afrika.
Die veld wat antiwetenskaplike bog oor die Covidpandemie aan ’t wen is.
Die nou aanvaarde feit dat, in ’n groot mate as gevolg van laasgenoemde, ons in jare nie onder hierdie donker wolk gaan uitkom nie.
Al die onontbeerlike mense wat van Covid dood is.
Die feit dat die Taliban op hierdie oomblik besig is om Kabul, die laaste vry stad in Afghanistan, in te neem.
Die swaai na regs in Europa en die Amerikas.
Die sinistere mag van China.
Die internasionale wapenhandel en al die oorloë wat dit aanstook vir wins.
Die verwarming van die planeet.
Die ondergang van Afrikaans.
Die triomf van leuen oor waarheid.
Die blindheid van my eie mense en hul eweknieë oor die wêreld vir hul eie bevoorregting en die daarmee gepaardgaande eiegeregtigheid en meerderwaardigheid.
Die verkorporatisering en kommodifisering van alles, van sentrums van geleerdheid tot mens se persoonlike inligting.
Die slagting van katte in Manenberg.
Die verheerliking van middelmatigheid.
Selebriteitskultuur.
Die armoede.
Alles wat ons aan vuur moet afstaan.
Die onverdraagsaamheid.

Die feit dat dié lys nie klaar is nie.
Die feit daar op elkeen van hierdie punte mense is wat daardeur verbly word.

Kom laat ons bid … O, wag.

Lees ook:

Jou weiering om geënt te word, stel mense bloot

The Talking Table gedek vir kos en boeke

Frederik de Jager: ’n Herd wat knetter met stories

  • 3

Kommentaar

  • Ja'k, die lys kan langer word!
    Laat my dink wat die ou (man, vrou, koning, skaapwagter of politikus) gesê het.
    Wat buig jy jou neer, o my siel?.....
    Hoop op God! Die verlossing van my aangesig en my God! (Al neem dit soms langer as wat mens kán wag, dink ons!)

  • Wilhelm Fourie

    Dieselfde dinge pla my, Frederik! Ek dink jy het presies die regte lys probleme gekies. Hopelik kan ons darem 'n paar oplos.

  • Annora Eksteen

    Laat ons dan maar by onsself begin en verdra. Aanvaar. Aanpas. Vir vrede.
    Ons is almal net mense. En mense is meestal gaaf met goedheid.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top