Frederik de Jager skryf op Facebook:
’n Merkwaardige, lang lewe – stil, eenkant en beskeie gelei, maar een wat uiteindelik wyd en heilsaam uitgesaai het. Ons lig die hoed, oom Johannes Willemse. As die klip van die Karoo siel is, is dit deur u dat ’n mens dit kon sien. As haar plantegroei die kinders van so ’n gesieldheid is, het u hulle laat reis deur die wêreld. U is een van die spesiaalste mense wat ek kon ken. Liefde, liefde aan Antoinette wat agterbly.
Kommentaar
Pragtige woorde.
Dankie dat U die kennis aan Antoinette laat voortleef. U tyd het aangebreek. Rus in U Maker se hand.
Oom Johannes, so deel van Antoinette en Teefontein. Hy was voorwaar 'n kruielegende. Rus in Vrede.
Sag rus in haar boesem, jou spore uitgeëts oor'ie Karoo. Jy leef voort in Antoinette.
Altyd 'n plesier gewees om na Antoinette en oom Johannes se stories en praatjies te luister. As kind wat vakansies bevoorreg was om op pa se geboortedorp by ouma op Prins Albert en tannie Anna Venter en ant Miem Sniyders op Beaufort-Wes te gaan kuier oor Paasnaweke en Kersfees.
Die Karoo se mooi herinneringe bly by 'n mens, al raak jy hoe oud.
Hi, dis jammer. Ek het die program gekyk. Kosbare, sagmoedige plantemens.
In die woorde van Zandberg Jansen: "Nag, ou grote".
Rus sag, oom Johannes. Sterkte Antoinette.