Video-opname: die Karel Schoeman-gedenklesing by die Vrystaat Kunstefees, 2026

  • 0

Boekomslag: Protea Boekhuis

LitNet was die mediavennoot van die jaarlikse Karel Schoeman-gedenklesing by die pas afgelope Vrystaat Kunstefees. Hierdie gesprek het tussen Johann Rossouw en Ria Winters by die Vrystaatse Literatuurfees plaasgevind. Die video word hiermee op LitNet gepubliseer.

Hier is nog agtergrond:

Karel Schoeman is een van Suid-Afrika se belangrikste skrywers, bekend vir die gehalte en omvang van sy werk oor verskeie genres. In Daardie lewe gebruik Ria Winters nuwe bronne uit argiewe, koerante en korrespondensie om sy lewe en werk te belig. Sy ondersoek ook sy outobiografiese skryfwerk en boeke, en vul die laaste jare ná Die laaste Afrikaanse boek aan. Die biografie plaas sy lewe binne die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sluit foto’s, eindnotas en ’n bronnelys in.

Die Nederlandse historikus Ria Winters is verbonde aan die Universiteit van Amsterdam en bly in Amersfoort. Deur haar korrespondensie met Schoeman van April 2014 tot 1 Mei 2017 het haar belangstelling in sy werk en die Afrikaanse taal en letterkunde begin. Daardie lewe is Winters se tweede boek oor Schoeman. Die eerste was Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer (Protea Boekhuis, 2020).

Indien jy outomatiese onderskrifte op die video sien en dit hinderlik vind, kan jy dit op YouTube afskakel by die CC- (closed captions-) knoppie onderaan die video.

Lees en kyk ook:

’n Ander land, steeds weer: Karel Schoeman-gedenklesing

Video-opname: die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by die Vrystaat Kunstefees, 2024

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top