Gedagtes oor Aardklop 2026

  • 0

Dit is Saterdagaand om 19:42 by die Aardklop-gronde en ons staan in ’n ry om vir een van my beste vriende ’n botteltjie parfuum te koop. Ons verkoopsassistent is ’n jong amper tienermeisie wat vir Jason (die parfuum-obsessiewe vriend) sy parfuum meng.

“Los, ek gaan dit doen,” sê haar ma.

Sy gaan voort.

“Ek gaan jou nou help,” sê haar ma wat twee kliënte help.

Ons almal kyk hoe vol selfvertroue ons assistent is, en sy kyk met aandag hoe haar ma die parfuum meng; ’n koppie vir die botteltjie opsit; en dit verpak met hul visitekaartjie en mooi pakkie. Die vaardighede wat haar ouers haar leer deur een aand saam met hulle by ’n fees te werk, gaan vir haar eendag van onskatbare waarde wees.

Dit is een van die oomblikke wat my anders laat kyk het na Aardklop. Ek is gewoonlik opgewonde vir die boekgesprekke, die tweedehandseboekwinkels en die lekker kos.

Die Doebai-koekie

Die Doebai-koekie van Pie Boys was lekkerder as ’n droom.

Vanjaar is Sandra Prinsloo se lewenslange bydra tot die visuele kunste gevier deur ’n eredoktorsgraad.

Ek was ook die gespreksleier van die Saterdagoggend-paneel: “O, die liefde is ’n wonderlike, geestelike ding”. Ons het ook op kort kennisgewing drie toneelstukke, twee by Pronk Podium en Boesman en Lena (ek herstel nog) gaan kyk. Ons moes na die rondhardloop tussen die toneelstukke ’n uur rustyd neem, en is terug feesgronde toe.

Effens uitgerus en met ’n meer gemaklike uitrusting, het ons die stalletjies besoek. Ses stalletjies waardeur ons teen ’n drafstappie gedrentel het.

Soms voel dit as jy een fees bygewoon het, jy al elkeen gesien het. Dis veral ’n bekende gevoel wanneer jy in ’n feesdorp woon, maar daardie toneel het my gedwing om regtig teenwoordig te wees.

Ek het deur elkeen van die ses tente gegaan en natuurlik was daar stalletjies wat ek al voorheen gesien het. Tog was daar ook kosstalletjies wat ek nooit voorheen gesien het nie; daar was Brandefyn [sic], pragtige kerse van Hand Poured, seep en soveel meer.

Hierdie jaar was Aardklop ook vir my ’n uitstalling van Suid-Afrikaners se kreatiwiteit in besigheid. Hoe hulle skep, bemark en lang ure werk.

“Ons gaan Maandag niks doen nie,” erken die eienaar van die gelaaide skyfies-kosstalletjie toe een van die kliënte vra hoe hulle voel. Dit was na 20:00 en die ry was lank, terwyl ons vir ons kos gewag het.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top