Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 September

Boeke: Jou boekelys vir die Woordfees

4 September

RESENSIE | Coetzee se weergawe van Schreiner-roman uiters leesbaar
Deur Louise Viljoen

5 September

Boeke: Sleutelbewyse in nuwe boek belig: ‘Oscar hét waarheid gepraat – en dís hoekom’

Boeke: Tyd te min om te volhard met vrot boeke
By my lees – Jana Luther

7 September

TOPVERKOPERS | Netwerk24 se gewildste boeke vir Augustus

RESENSIE | Satiriese selfhelphandleiding se lastige vraag
Carryn-Ann Nel resenseer How to stop being a naai deur Mia Arderne 

RESENSIE | Historiese roman vra verstaan, eerder as veroordeel
Francois Bekker resenseer Douwenis deur Daniël Lötter 

RESENSIE | ’n Raaiselriller perfek vir die somer
Martin Laubscher resenseer Brandstapel deur Marie Lotz

RESENSIE | Bundel ’n waardige geskenk aan geliefde Lina Spies
Andries Visagie resenseer Onthou is die dag wat breek: ’n huldigingsbundel

12 September 

Boeke: Naudé stel Duitse bloemlesing van sy gedigte in Berlyn bekend

Boeke: Nederlandse digter bring sy poësie Kaap toe

Boeke: Joan Hambidge lewe op 70 met ‘’n drif vir die skrif’

14 September

Sterfteberig: Letterkundedosent en kritikus Gerrit Olivier sterf

BOEKEVAT | ’n Portret van Sylvia Plath wat boekdele spreek
Louise Viljoen resenseer The daffodil days deur Helen Bain

RESENSIE | Jeugroman pak bendegeweld treffend
Anschen Conradie resenseer Staan op vir die Six deur Celeste Slabber-Loriston

RESENSIE | ‘Groen jas’ ’n jeugroman wat enduit boei
Ilza Roggeband resenseer Die meisie met die groen jas deur Annelie Ferreira

RESENSIE | ’n Debuut naby aan snykant van die hedendaagse werklikheid
Jonathan Amid resenseer Yesteryear deur Caro Claire Burke

21 September

RESENSIE | Liefdesverhaal met sterk eietydse spanning, outensiteit
Anschen Conradie resenseer Verdagte 504 deur Elsabé Welman

BOEKEVAT | Wanneer die eerste vonk van skryf toeslaan
’n Rubriek deur Jo Prins

RESENSIE | Hugo se ‘Vers & Kapittel’ hoogs leesbaar en op die man af
Joan Hambidge resenseer Vers & Kapittel III deur Daniel Hugo

RESENSIE | Bittersoet slotsom van die uniek Suid-Afrikaanse Spud-‘verse’
Sonja van der Westhuizen resenseer Spud: Two for the road deur John van de Ruit

28 September

BOEKEVAT | Poësie wil musiek wees, daar moet musiek in woorde wees
’n Rubriek deur Alwyn Roux

NUUT OP DIE RAK | ’n Nuwe Etienne van Heerden en ’n Tobie Cronjé-biografie

RESENSIE | ‘Blinde kol’ tref ongemaklik naby die waarheid
Jannes Erasmus resenseer Blinde kol deur Martin Steyn

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:

Good night, South Africa deur Jennifer Lindridge: ’n kinderboekresensie

Die huilende bruid & ander versinsels deur Dominique Botha: ’n resensie

Oscar Pistorius: The big lie and the right to a fair trial deur Chris Marnewick – ’n lesersindruk

Sjaka S Septembir en die Beatniks: ’n lesersindruk

Sigeunerliefde deur René van Zyl: ’n resensie

Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout: ’n heelpadcool boekbelewenis

Liefdesdroom deur Bets Smith: ’n resensie

Hoe ver is eendag? deur Dina Botha: ’n resensie

Boekresensie: Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout

Die walvisspeurder deur Etienne Lombard: ’n lesersindruk

Net na die storm deur An-Mari do Carmo: ’n lesersindruk

Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Skermslim deur Estée Cockroft en Christine van Aardt: ’n resensie

Mike Nicol, die man agter die woorde

Oscar Pistorius: The big lie and the right to a fair trial – ’n onderhoud met Chris Marnewick

In gesprek met Stephan van Staden oor sy bundel Digters is stigters: ’n honderd en enkele gedigte

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende September in Rapport verskyn:

6 September

Resensie: Van Hanoi tot Hartenbos – almal dra die merke van hul jeug
Joan Hambidge resenseer Habitus deur Kobus Kotzé

Uittreksel: Soldoedie onthou: Ek was verlig toe hy sê die brigadier het gesterf

Resensie: Mistiek van ’n moeilike mens
Loftus Marais resenseer Daardie lewe deur Ria Winters

13 September 

Resensie: JM Coetzee en Antjie Krog laat Schreiner skitter – in Afrikaans
Deborah Steinmair resenseer Van man tot man deur Olive Schreiner

Resensie: Op ’n ysterperd deur Afrika: Deur trane, woede en skoonheid vind jy jouself
Toast Coetzer resenseer Waar die teerpad ophou deur Jean Cooper 

Resensie: Waar boosheid broei: Dié storie kan lóóp op Netflix
Trisa Hugo resenseer Donkerhart deur Henda Olivier

20 September

Resensie: Koningin verloor haar kop – en dan gebeur iets gevaarlik lekker
Stefaans Coetzee resenseer Brandstapel deur Marie Lotz

Resensie: Die verskil tussen China en die VSA is soms net vyf letters ver
Theunis Strydom resenseer Breakneck deur Dan Wang 

Resensie: Hy bly kalm toe die chaos losbars: Die vergete leier van 16 Junie
Mercia Coetzee resenseer Tsietsi Mashini: Elusive hero of Soweto deur Sam Mathe 

27 September 

Resensie: Oor sterk punte en stres: Is jy ’n een of ’n nege?
Riette Rust resenseer Van kettings tot keuses deur Savnola Goldridge en Jacques Engelbrecht 

Resensie: Daar’s ’n lyk in sy bed: Carel, die 26 getuies – en ’n kinkel
Jannes Erasmus resenseer Douwenis deur Daniël Lötter

Die volgende resensies en onderhoude het in September onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

4 September

Ses tarentaalgedigte

So lank as wat Afrikaans bestaan, sal dié twee tarentale by lesers bly spook, skryf Daniel Hugo.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/ses-tarentaalgedigte/ 

5 September

Luister | Mense, musiek hou Rocco de Villiers op pad

“In die 30 jaar wat ek al musiek maak, het ek nooit gedink dat ek ’n konsert gaan hou met hoe ek is, met die soort klere wat ek dra, met ’n klavier en abstrakte musiek, en terwyl ek grappies vertel, op plekke soos Migdol, Leeudoringstad en Baardskeerdersbos nie.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-mense-musiek-hou-rocco-de-villiers-op-pad/

10 September

Boekresensie | Nege lewens, maar min vaste grond

Die hoofkarakter, wat ook die eerstepersoonverteller in ’n soort joernaal van terugflitse en belewenisse en gesprekke met ’n geliefde is, is in ’n wentelbaan (orbitaal) van haar eie.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-nege-lewens-maar-min-vaste-grond/

11 September

Boekoorsig | Apie pak etenstyd se groentestryd aan

Wanneer ’n kind weer sy neus vir groente optrek, kan Apie se ervaring dalk die gesprek aan die gang sit sonder dat dit in nog ’n preek aan die etenstafel ontaard.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-apie-pak-etenstyd-se-groentestryd-aan/

18 September

Storietuin | PG skryf ‘Christo se Kampavonture’

Die negejarige PG Conradie vertel hoe sy liefde vir kamp hom geïnspireer het om ’n boek te skryf.

Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/storietuin-pg-skryf-christo-se-kampavonture/

24 September

Luister | Isabella Niehaus wys die wêreld wie Bella is

“Kleintyd het ek altyd gedink ons is skatryk. Ons was ryk aan liefde en kultuur, nie soseer aan geld nie.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/kos/luister-isabella-niehaus-wys-die-wereld-wie-bella-is/

26 September

Boekresensie | Dié roman laat die onmoontlike skielik moontlik lyk

Teen die tyd dat Olivier die antwoord gee, besef ’n mens dat die probleem nooit was dat sy te min gesê het nie.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-roman-laat-die-onmoontlike-skielik-moontlik-lyk/

27 September

Luister | Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/luister-geliefde-oud-springbok-kitsie-skryf-sy-pad-na-vrede/

Foto’s | Modder, berge en motorfietse deur Afrika

“Daar is die mooi oomblikke wat ’n mens se asem wegslaan, soos om die Kongorivier die eerste keer te sien en die Kongowoud, wat oor duisende kilometers strek, te beleef.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/fotos-modder-berge-en-motorfietse-deur-afrika/ 

30 September

Boekoorsig | ‘Eva in ballingskap’ ondersoek vrouwees en geloof

Die boek handel oor vrouwees, geloof en die invloed van feminisme op Westerse samelewings.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-eva-in-ballingskap-ondersoek-vrouwees-en-geloof/

Lesersindruk | Marais se miere bly relevant

Nog nooit het ek so gestoei met ’n boek nie. Ek moes die meeste dele twee keer lees – nie omdat die inhoud so kompleks is nie, maar omdat ek my verwonder het aan die skrywer se taalgebruik.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-marais-se-miere-bly-relevant/

Lesersindruk | Staatskaping deur ’n spioenasielens

Stories oor spioene trek maklik die aandag van die leserpubliek, juis omdat daar so min oor die onderwerp geskryf word.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-staatskaping-deur-n-spioenasielens/

30 September

Luister | Curro-stigter se les vir sukses: Begin by vandag

Chris van der Merwe wil die lesse wat hy eers op 40 geleer het nou aan jong mense oordra – lesse oor werk, geloof, geld en wat dit werklik beteken om suksesvol te wees. 

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-curro-stigter-se-les-vir-sukses-begin-by-vandag/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

29 September

Wessel Pretorius: teatermaker vir ’n nuwe generasie
Deur Maryke Roberts  

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 2 September

Marni Bonthuys gesels oor Van man tot man, ’n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. JM Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede week oorlede is – oor haar boekprogram vir kinders gevoel het. Hy stel ons voor aan die Nederlandse skrywer, Anjet Daanje, wat deur kenners genoem word as moontlike wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Hy vertel ook meer oor die Inside-letterkundeprys in die VSA waarvoor gevangenes die beoordelaars was. Die skrywer en resensent, Stefaans Coetzee, vertel hoe boeke sy lewe agter tralies verander het. Daar is ook ’n argiefinsetsel oor die lewe en werk van MER. Sy was een van die baanbrekerskrywers en joernaliste in Afrikaans. Jy kan ook hoor hoe sy skryf benader het.

Woensdag 9 September

Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ’n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se Binnerym van bloed, Shane van der Hoven (debuutpryswenner) se Kruiper/Crawler, en Wium van Zyl se vertaling van Die ongelukkige en treurige verhaal van die Skip van die Gouden Buys 1963. Jy kan ook luister na die skrywers se aanvaardingstoesprake. In sy internasionale bydrae het Johan nuus oor die kortlyste vir vanjaar se Kirkuspryse, en hy bring hulde aan Péter Nádas, die Hongaarse skrywer, en Wendell Berry, die Amerikaanse digter en skrywer. Albei is onlangs oorlede.

Woensdag 16 September 

Aanhangers van die Gruffalo (Goorgomgaai in Afrikaans) sal bly wees om te hoor daar is ’n splinternuwe boek in dié reeks, Gruffalo granny. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar spannende roman, Donkerhart. Erla Diedericks vertel meer oor Jagspinnekop, haar jongste roman. In Johan Myburg se bydraes oor verwikkelinge in die internasionale boekewêreld gesels hy oor The weight of angels deur John Boyne, ’n nuwe Engelse vertaling van Homeros se Odusseia, en ’n rits nuwe nie-fiksie boeke, insluitend The tsar in propria persona: How Vladimir Putin deceived us all (Roman Badanin en Mikhail Rubin). Jy kan ook meer uitvind oor die dertien boeke op die Baillie Gifford-langlys, wat titels insluit soos James Baldwin: A love story (Nicholas Boggs), The great dictator (Matthew Sweet) en The traveller (Andrea Wulf).

Woensdag 23 September

Loftus Marais gesels oor Karel Schoeman se biografie, Daardie lewe. Vind meer uit oor die boeke wat vanjaar bekroon is met ATKV Woordveertjies. Johan Myburg bring hulde aan die skrywers Bonnie Greer en Annie Dillard, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor die langlys vir die VSA se National Book Awards-vertaalprys. Ons maak ’n draai by die Tuin van Digters, en jy kan luister na ’n toespraak wat Johan Myburg daar gehou het met die tema, Hoekom vertel ons stories? Johan gesels ook met Joan Hambidge, wie se 70e verjaarsdag tydens die geleentheid gevier is.

Woensdag 30 September

Die digter en akademikus Joan Hambidge se 70e verjaarsdag is tydens die onlangse Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington gevier. Ons luister na ’n geredigeerde weergawe van hierdie huldigingsgeleentheid. Dis saamgestel deur Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg, en Nina Swart het Hambidge se gedigte voorgelees. In sy drie bydraes uit die internasionale boekewêreld het Johan Myburg nuus oor die Booker-kortlys wat pas aangekondig is. Hy vertel ook meer oor die werk van die digter Mary Oliver. En het jy geweet dat belangstelling in die Nobelprys – wat binnekort aangekondig word – aangehits word deur die spekulasie van beroepswedders? Johan vertel hoe verskeie skrywers se kanse volgens wedders vergelyk.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 1 September

Komende Vrydag is dit Loslitdag. Dan kan die mense wat gewoonlik netjies moet aantrek vir werk, ook ’n slag sommer in jeans en tekkies werk toe gaan. Maar dié dag gaan nie eintlik oor net lekker gemaklik aantrek nie – dit is ’n groot bewusmakingsveldtog waarin die behoeftes van mense wat met gestremdhede saamleef, ’n slag weer onder ons almal se aandag gebring word. Eben Genis lees gedigte voor van William Rowland, wat as klein seuntjie sy sig verloor het. Sy blindheid het hom nooit teruggehou nie. Inteendeel, hy was een van Suid-Afrika se grootste kampvegters vir die regte van gestremdes.

Dinsdag 8 September

Die digter Joan Hambidge vier op 11e September haar 70ste verjaarsdag. Sophia van Taak hou vir haar ’n partytjie! Die gesprek gaan oor die grootste invloede op Hambidge se skryfwerk, haar gunsteling wêreldstede, wat sy doen wanneer sy saans uitgaan en waarom die Afrikaanse letterkunde met ’n akwarium vergelyk kan word.

Dinsdag 15 September

Sophia van Taak en Lochner de Kock blaai deur die debuutbundel Koorsboom. Dis die pennevrug van Jakes Möller, en ’n verrassend sterk eerste versameling – vol deeglike skryfwerk en eksperimente met vaste digvorme soos die haikoe, villanelle, kwatryn en sonnet.

Dinsdag 22 September

Hierdie episode is spesifiek vir die expats bedoel – daardie Suid-Afrikaners in die buiteland wat sekerlik van tyd tot tyd wonder: Wat het ek nou eintlik hier kom soek? En: Sal ek ooit régtig kan tuis voel in hierdie land? As daar iemand is wat dié gevoel baie goed geken het, dan was dit die digter Elisabeth Eybers. Sy het vir 46 jaar in Suid-Afrika gewoon en daarna vir óók 46 jaar in Nederland. Kom blaai saam met Joanie Combrink deur Eybers se digbundels wat sy in Nederland geskryf het om uit te vind hoe sy as buitestander haar voete daar in die vreemde gevind het.

Dinsdag 29 September

“Jou vriend is die vervulling van jou behoeftes. Hy is jou akker wat jy met liefde saai en met danksegging maai. En hy is jou maaltyd en jou vuurherd. Want jy kom na hom as jy honger het en jy soek hom vir vrede.” Só skryf Kahlil Gibran in sy boek, Die Profeet, oor vriendskap. Sophia van Taak en Karli Heine verken dié tema. Daar is gedigte deur – onder andere – Antjie Krog, Helena Ewert, Tom Dreyer en Rocco de Villiers.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

10 September

Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vertaal deur Antjie Krog)
Resensent: Marlies Taljard

15 September

Resensie: “Aan de vooravond” (Miel Vanstreels)
Resensent: Marlies Taljard

28 September

Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
Resensent: Dewald Koen

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in September verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Annemarié van Niekerk oor Die oorkant

Onderhoud: Karien Labuschagne gesels met John Connolly oor sy Charlie Parker-reeks

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Bonnie Garmus oor Peck & Peck

Resensie: Antonio Cantoni resenseer Dharma-dwaas in ’n doodloopstraat deur Sjaka S Septembir

Resensie: Alida Vos resenseer Malta inferno deur Justin Fox

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer Dissection of a murder deur Jo Murray

Resensie: Marguerite van Wyk resenseer We did OK, Kid deur Anthony Hopkins

Resensies: Twee Jo Nesbo-resensies 

Uittreksel: Kitsie deur Steven Kitshoff en Michael Vlismas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top