Dark academia: how universities die deur Peter Fleming – hoe universiteite korporasies word en die gevolge daarvan: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

“Universiteite word soos korporasies bestuur en dit is nie nuus nie. Dit kom al meer as 30 jaar lank aan. Die persoonlike gevolge vir akademici en studente is minder in die oog, miskien omdat dit oor so ’n lang tyd aankruip. Eweneens die afstand tussen vandag se verbruikersmodus van kennis en die nou grootliks agtergelate idee dat universiteite daar is om die onthalwe van kennis op sigself.”