Portale

Henk Rall (1938–2022)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-21

"Ek is doodbang om ’n moralis te wees. Ek wil niks bepleit nie, ek wil eerder aandadig wees om ’n geslotenheid oop te breek – om in eerlike selfbeskouing te staan." Lees meer oor die lewe en werk van Henk Rall in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Foto’s: "Hoe beleef ons taal?" by die Taalmuseum en -monument

Sybrandus Adema Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-08-21

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het op Saterdag, 16 Augustus 2025 ’n taaldagbespreking aangebied. Hier is foto’s en hoogtepunte van die geleentheid.

Persverklaring: "Hoe beleef ons taal?" vra Taalmuseum en -monument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-08-15

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi belangstellendes na die GRATIS en gewilde taaldagbespreking op Saterdag, 16 Augustus 2025 – dit boonop in ’n jaar wat erkenning gee aan drie mylpale vir hierdie jong Afrikataal. Die interaktiewe, lewendige gesprek in die Paarlse middedorp word daarna afgerond met heerlike verversings en informele kuiergesprekke.

Uitnodiging na die simposium: "Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms"

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-08-15

Hiermee inligting oor vanjaar se algemene simposium deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat in hibriede formaat aangebied word. Akademielede en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi om die simposium by te woon.

Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag is mondig

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-14

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met sy 21ste Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.

Persverklaring: PEN Afrikaans oor die aanvalle op joernaliste in Gasa

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-08-12

"Hierdie joernaliste se stemme word met geweld stilgemaak en op hierdie wyse word die getuies wat eerstehands nuus oor die voortslepende volksmoord in Gasa waarneem en rugbaar maak, sistematies verwyder en vernietig."

"Kom ons begin ’n band": ’n onderhoud met Janke Mostert

Naomi Meyer, Janke Mostert Musiek 2025-08-11

Janke Mostert praat in hierdie onderhoud oor hoe alles begin het, oor alternatiewe Afrikaanse musiek, popkultuur, lirieke, optredes in Aandklas – en hoe Dierbaar na die Maan verlede jaar die ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-kompetisie gewen het.

Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-11

ATKV-Taalgenoot-Ruk en Rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en Rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.

Annesu de Vos (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-11

"My beste verse is dié wat ontstaan het met ’n gedagte, ’n woord, ’n reeks woorde of net ’n reëltjie wat in jou kop opkom. Die vorm kom vanself – deur die medium, deur die woord. Dit gaan nie om ’n verhewe idee of ’n verhewe emosie nie, maar om die suiwer skoonheid van die woord self." Lees meer oor die lewe en werk van Annesu de Vos in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2025

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-08-08

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Madrassas, weerstand én Afrikaans

Shamiega Chaudhari Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-08-04

In Suid-Afrika het madrassas nie net gedien as ’n instelling vir Islamitiese godsdiensonderrig en weerstand teen slawerny, kolonialisme en apartheid nie, maar dit het ook ’n beduidende rol gespeel in taalontwikkeling, veral met betrekking tot die skep en behoud van Arabiese Afrikaans.

DPM Botes (1935–2013)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-30

"My gedigte is net die raamwerk waarbinne die leser sy eie gedagtes en sy eie assosiasies kan giet en plaas." Lees meer oor die lewe en werk van DPM Botes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

TO Honiball (1905–1990)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-24

“As iemand snaaks probeer wees, lag mense gewoonlik nie. Dit is ’n kuns om mense te laat lag.” Lees meer oor die lewe en werk van TO Honiball in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway Seminare en essays 2025-07-23

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

C Johan Bakkes (1956–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-14

"’n Reis is nie net iets wat jy moet verbykry om by die bestemming uit te kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van C Johan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: ATKV-tak PEAAT bied aan Ma skryf matriek, ’n skreeusnaakse toneelstuk wat jy moet sien!

LitNet Teater 2025-07-11

Maak gereed vir ’n aand van lekkerlag en familiemanewales wanneer die ATKV-tak, Port Elizabethse Afrikaanse Amateur-toneelvereniging, met trots Ma skryf matriek aanbied, ’n opwindende gemeenskapsteaterproduksie wat ’n hoogtepunt op die plaaslike vermaaklikheidskalender gaan wees.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2025

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-07-09

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Eveleen Castelyn (1928–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-08

"Vir my is dit harde werk om te dig. ’n Gedig volg sy eie stadige proses. Vandat ’n gevoel of indruk in digvorm by my opkom, neem dit dae of selfs weke van oor en oor tik tot ’n gedig na my sin is." Lees meer oor Eveleen Castelyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Naomi Meyer (1975–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-03

“Om te skryf is ’n protes teen die alledaagse lewe. Dit is dalk die mees rebelse daad wat ek kon uitvoer.” Lees meer oor die lewe en werk van Naomi Meyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Oproep om referaatvoorstelle: Algemene simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-07-01

Die simposium bring kundiges, skrywers en wetenskaplikes byeen om terug te kyk op ’n eeu van taalontwikkeling, én vorentoe te kyk na die volhoubaarheid en veelstemmigheid van Afrikaans. Jy word hartlik uitgenooi om ’n referaatvoorstel voor te lê ten einde deel te wees van hierdie merkwaardige geleentheid.

Top