Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2025

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 November 

Resensie: ’n Liefdesbrief vir Pretoria
Francois Bekker resenseer Pretoria stories 2, onder redaksie van Pieter Swanepoel

Resensie: ’n Verhaal vol deernis, teerheid
Jonathan Amid resenseer ’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius

Resensie: Roman standbeeld vir dapper, knap skrywer
Charles Smith resenseer Klein konings deur Theo Kemp

4 November

Boeke: Gevierde Britse historikus hoofgas op Bolandse letterkundefees
Peter Frankopan besoek volgende jaar se Franschhoekse Letterkundefees

5 November 

By my lees: Naómi Morgan

Boeke: 1 boek word 2: Jaco Wolmarans boei met ‘Donkermaan’, ‘Sekelman’
Onderhoud met AJ Opperman

10 November

Resensie: Avonture in die rugbywêreld
Stefan Schutte resenseer Pale toe! deur Michael Green

Boekevat: Met elke verhaal slyp ‘Huisgenoot’ Afrikaans
’n Rubriek deur Stefaans Coetzee

Resensie: ’n Krimi-boerpot vir die leser
Sonja van der Westhuizen resenseer Now you bleed deur Gareth Crocker

Resensie: Uitstaande bydrae tot indrukwekkende oeuvre
Thys Human resenseer Al die swendelaars deur Chris Karsten

Boeke: Ingrid Jonker-dokumente kry bewaarplek in Stellenbosch

12 November

By my lees: Annie Olivier

13 November 

Boeke: Boekversamelaars, staan nader

Kyk: As dit gemmerbier reën, moet jy skep 

15 November

Boeke: Hy probeer nie sy gedigte doelbewus onverstaanbaar maak, sê digter
’n Onderhoud met Gilbert Gibson

17 November

Boeke: Die lewe en die dood wiggel op ’n naaldpunt
’n Rubriek deur Jo Prins

Resensie: Wéér prima misdaadfiksie wat leser enduit sal boei
Francois Bekker resenseer Skorpio deur Deon Meyer

Resensie: Soms word ’n spookhuis ’n sprokieskasteel
Anschen Conradie resenseer Sprokie in ’n streepbaadjie deur Christien Neser

Resensie: ‘Gemmerbier’ voorwaar ’n fabelagtige fabel
Ilza Roggeband resenseer Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos

18 November

Resensie: Koffietafelboek met ’n helse verskil
Danie Marais resenseer Bitterkomix: Sketches and journals

19 November

By my lees: Pieter van Zyl

Boeke: Skorpio: Deon Meyer gooi Bennie, Vaughn in hul mees plofbare ondersoek nóg

Boeke: Filosofie is saamdink in ’n komplekse wêreld
Desmond Painter oor Anton van Niekerk se Uilvlug in die skemer

24 November 

Resensie: Rugby-rubrieke vir die fynproewer
Gert van der Westhuizen resenseer Tromp-op rugby 

Resensie: Nog ’n Tony Park om jou in te verkneukel
Jonathan Amid resenseer Die by the Sword deur Tony Park

Boeke: Hoe moeilik is dit om ’n gedig te lees?
’n Rubriek deur Alwyn Roux 

26 November

By my lees: Kristel Loots

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:

Lesersindruk: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp

Chris, Taffie en die gruwelike grypdief deur Troula Goosen: ’n lesersindruk

Moordsake met die meesters: ’n resensie van Deon Meyer se Skorpio

Resensie van Eben Etzebeth se biografie Ten slotte

Versamelaar van verlore drome deur Frenette van Wyk: ’n resensie

Al die swendelaars deur Chris Karsten: ’n resensie

’n Lesersindruk: Wicked smart deur Douglas Kruger

Hell of a country deur David Cornwell: ’n lesersindruk 

Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk

Cliff-hanger: Knal deur Bettina Wyngaard

Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk

Die lysie-man deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Hinterland deur Piet van Rooyen, ’n lesersindruk

Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie

Napraat, systap of emuleer? Boeiende hulde aan Wilma Stockenström: ’n resensie van Nogmaals vir die bysiende leser

’n Vermetele bundel verwesenlik haar skrywersdroom: ’n onderhoud met Skryfyster

 

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende November in Rapport verskyn:

2 November

Resensie: ’n Digter kwesbaar: Herman Wasserman – hier is ek; dís wie ek is
Resensent: Valda Jansen

Resensie: Chris Karsten span die web snaarstyf met raaisels en kinkels
Resensent: Stefaans Coetzee

9 November

Resensie: Rudie van Rensburg spin heerlike satire oor plattelandse politiek
Resensent: Jannes Erasmus

Resensie: Deon Meyer se nuutste: Dís hoekom ons lief is vir Bennie en Vaughn
Resensent: Deborah Steinmair

Resensie: Dié boek wil jy vir Shamila Batohi stuur
Resensent: Dawie Boonzaaier

16 November

Resensie: Helder Afrikaans, maar dié roman smag na ’n tikkie ironie
Resensent: MC Botha

Resensie: Troos vir die trauma: Haal maar jou hoed af vir Fanie Viljoen
Resensent: Ilse Salzwedel

23 November

Resensie: Hier speel jy speurder met drie eksvroue en ’n laaste saak
Resensent: Jannes Erasmus

Resensie: As ’n plaasmoord vreet aan ’n dominee se geloof
Resensent: Trisa Hugo

30 November

Resensie: Hei, Nataniel: Jy’s in die kol oor daai poedel en my ‘perm’
Resensent: Mercia Coetzee

Resensie: Wat ’n verrassing: Babs en familie klink mos soos die Corleones
Resensent: Joan Hambidge

Die volgende resensies en onderhoude het in November onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

3 November

Boekresensie | ‘Klein konings’ kyk na manlikheid deur ’n nuwe lens 

As ’n mens dié boek wil lees met ’n eenduidige en afdoende antwoord op talle kwessies in gedagte (onder meer dié van die lot van standbeelde en monumente in die land), gaan die boek nie aan jou verwagtings voldoen nie.

Lees die resensie deur Johan Myburg hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-klein-konings-kyk-na-manlikheid-deur-n-nuwe-lens/

13 November

Pieter Stoffberg sluit lang reis met ‘Donker vuur’ af

“Ek begin net skryf en dan ontwikkel die storie natuurlik van daar af, en dit is die meeste van die tyd in ʼn ander rigting as wat ek in gedagte gehad het.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/pieter-stoffberg-sluit-lang-reis-met-donker-vuur-af/

15 November

Luister | Ruben Namibië en sy dierefamilie kry hul eie storieboek

“Jy moet jou in die skoene van ’n kind plaas en probeer om soos hulle te dink. Dit het tien jaar as joernalis gevat om my voor te berei vir die skryf van ’n kinderboek.” 

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-ruben-namibie-en-sy-dierefamilie-kry-hul-eie-storieboek/ 

16 November

Knersvlakte, kleinhuisies en kinkels: ‘Eleksie op Erdvark’ is pure Rudie van Rensburg

Rudie skryf ’n knap, lekkerleesverhaal wat die politiek van ’n plattelandse dorpie met ’n knipoog uitbeeld.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/knersvlakte-kleinhuisies-en-kinkels-eleksie-op-erdvark-is-pure-rudie-van-rensburg/

17 November

Boekresensie | ‘Die grafdigter’ deur Gerda Taljaard

“Die grafdigter” is ’n roman waarin Gerda Taljaard haar bedrewenheid as romansier lieflik laat blyk. Sy weef temas van geloofwaardigheid en mite in haar verhaal, sy borduur met deernis dog krities oor opvattings van waarheid en leuen, en les bes omsoom sy vernuftig skeurtjies wat nie meer toegewerk kan word nie. 

Lees hier wat skryf Johan Myburg: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-grafdigter-deur-gerda-taljaard/  

21 November

Onthoukos uit ma, ouma se kombuis

Met inspirasie uit die handgeskrewe resepteboeke van Frik de Jager se ouma Lenie en ma Hermana, bied Koesterkos ’n skatkis van resepte wat strek vanaf 1914 tot 1989.. 

Sien: https://maroelamedia.co.za/kos/wen-onthoukos-uit-ma-ouma-se-kombuis/

23 November

Boekresensie | Spanning in ‘Déjà Vu’ fyn gebalanseer 

Vir lesers wat hou van ʼn verhaal wat nie net spanning bied nie, maar ook emosionele diepte, nadenke en geheime wat stadig ontvou, is “Déjà Vu” ʼn uitstekende keuse, skryf Didi Potgieter:  https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-spanning-in-deja-vu-fyn-gebalanseer/

Leserindruk | Wanneer haal woorde asem? 

“Wanneer woorde asemhaal” deur digter Maritha Broschk, sal byval vind by ’n wye gehoor juis vanweë die toeganklike tematiek, skryf Linette van der Merwe.   

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/leserindruk-wanneer-haal-woorde-asem/ 

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

4 November

Resensie: Bloei + Blom: Afrikaans vir die fynproewer verpak
Deur Andréa Müller

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 19 November

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor lekkerlees fiksie wat sy kan aanbeveel. Dis die ideale leesstof vir die vakansieseisoen wat voorlê. Daar is ook twee aanbevelings vir jonger lesers. Jy kan ook op hoogte kom van alles wat die afgelope paar weke in die internasionale boekewêreld gebeur het met sewe bydraes deur Johan Myburg. Hy het nuus oor die wenners van vier groot pryse (die Booker-, Jilly Cooper-, Bailie Gifford- en Ursula K. Le Guin-prys). Jy kan ook uitvind hoekom die Nigeriese skrywer, Wole Soyinka, se visum vir die VSA teruggetrek is, en watter prys onlang toegeken is aan die Zimbabwiese skrywer Siphiwe Gloria Ndlovu. Die kortlys vir die Brics-letterkundeprys is ook aangekondig, Johan vertel watter Suid-Afrikaanse digter benoem is.

Woensdag 26 November

Marieta Carrick gesels oor haar mediese riller, Bloed van ’n vlinder. Daar is ’n uittreksel uit ’n onderhoud met die Springbok, Eben Etzebeth, oor sy biografie, Ten slotte. Johan Myburg het nuus oor die pas aangekondigde Booker-kinderboekprys, en vertel meer oor ‘n nuwe boek deur die Poolse skrywer, Olga Tokarczuk. Hy bring ook hulde aan Marina Lewycka, skrywer van onder andere A Short History of Tractors in Ukrainian. Wonder jy wat om Desember te lees of as Kersgeskenke te gee? SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, het nog aanbevelings vir jou vakansieleeslys.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 4 November

Sophia van Taak gesels met die transtalige digter Klara du Plessis wat uit Kanada op besoek is in Suid-Afrika. Du Plessis se digbundel, Ek’t / Act (ja, dit bevat Afrikaanse sowel as Engelse verse!) het onlangs verskyn. Hulle praat oor oor dinge soos: die fyner klanke wat tussen musieknote lê, die impak wat ’n landskap op ’n mens se kreatiwiteit het, en hoe die konteks van ’n verhouding of ’n situasie bepaal in watter taal jy daaroor dink én dig.

Dinsdag 11 November

Was jy al ooit by die sirkus? Vroeër jare het daar gereeld ’n sirkus deur Suid-Afrika getoer, en wanneer die manne die groot tent op jóú dorp begin opslaan het, kon ’n mens die afwagting sommer aanvoel! Marion Holm gedigte voor oor die hansworse, toertjies en akrobate.

Dinsdag 18 November  

Sophia van Taak praat met Thérèse Bartman oor haar debuutbundel, Die helfte is jou nie vertel nie. Thérèse dig oor ’n hele paar hedendaagse én geskiedkundige karakters wat nie geletterd was of is nie. Gevolglik word hierdie mense se stories en stemme ook nie so duidelik soos die res s’n gehoor nie. Daarom het sy besluit om haar gedigte van die geskrewe taal los te maak en dit eerder as klankgrepe op te neem. Dié toonsettingsprojek het sy saam met die musikant Quintin Goliath – ook bekend as Jitsvinger – aangepak.

Dinsdag 25 November

Sophia van Taak praat met Herman Wasserman oor sy eerste digbundel, WATERMAN, wat onlangs verskyn het. Herman staan aan hoof van die Stellenbosch Universiteit se Departement Joernalistiek, en hy is bekend vir sy talle akademiese publikasies. Hy beskou die digkuns as ’n teenvoeter vir die akademie, ’n meer kreatiewe platform waarop hy temas soos die verband tussen broosheid en skoonheid kan verken, en ook kan skryf oor dinge soos medelye, manwees en die verrassende vreugdes van ouerskap.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

5 November

Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert deur WJ Henderson
Resensent: Marlies Taljard

21 November

Resensie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, reds)
Resensent: Heilna du Plooy

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in November verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Irma Venter oor Die drie weduwees

Resensies: 5 spanningsverhale uit eie bodem

  • Irma Steffens resenseer Al die swendelaars deur Chris Karsten, Déjà Vu deur Chanette Paul en Die Rooi Angelier deur Alex Muller
  • Karien Labuschagne resenseer The Rabbit Hole deur Mike Nicol
  • Gert Venter resenseer Sons of Mud deur Johan Vlok Louw

Resensies: Was Rembrandt en Vivaldi narsiste?

  • Marguerite van Wyk resenseer Rembrandt’s Promise deur Barbara Leahy
  • Alida Vos resenseer The Instrumentalist deur Harriet Constable

Ware misdaad: Die prys van ’n stelsel wat faal

  • Phyllis Green resenseer Die moord op Deveny Nel deur Julian Jansen
  • Susan Puren resenseer Bare Bones deur Nicole Engelbrecht en Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger

Almal vra: Kan geld geluk koop?

Phyllis Green skryf oor The Art of Spending Money deur Morgan Housel, Million Dollar Weekend deur Noah Kagan, Masters of Scale deur Reid Hoffman en The Six Disciplines of Strategic Thinking deur Michael D. Watkins

Resensies: Witbroodjies en swartskape eggo tot in volwassenheid

  • Marzanne Schoeman resenseer Pet deur Catherine Chidgey
  • Antoinique van Staden resenseer Blood Sugar deur Sascha Rothchild

Resensies: Wil jy weet hoe jou tiener se kop werk?

  • Phyllis Green resenseer Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout
  • Antonio Cantoni resenseer ’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius
  • Retha Kotzé resenseer Ben breek weg deur Christien Neser en Die Sproetebessies en die skedel in die Spookmis deur Troula Goosen

Boeke: Natuurlewefotograwe skenk meer as R28 miljoen vir bewaring

Phyllis Green skryf oor 10 Years of Remembering Wildlife deur Wildlife Photographers United

Boeke: Hoekom smag soveel vroue na “happy ever after”

  • Irma Steffens resenseer Grenslyn deur Jana Fourie, Broken Country deur Clare Leslie Hall en The Wildelings deur Lisa Harding
  • Retha Kotzé resenseer Skerwe, Elma Potgieter
  • Carmen Defty resenseer Mad Bad Love, Sarah-Jayne Makwala King

6 Boeke: Ekse veroorsaak nogmaals drama

  • Olga Krügel resenseer Sarah plus een deur Kristel Loots
  • Nadia de Jongh resenseer It starts with us deur Coleen Hoover en The ex effect deur Jo Watson
  • Sonja van der Westhuizen resenseer Ordinary Love deur Marie Rutkoski
  • Alida Vos resenseer The Couple at the Table deur Sophie Hannah
  • Marzanne Schoeman resenseer The Magic All Around deur Jennifer Moorman 

Boeke: Die reuk van klapper is sinoniem met ’n seevakansie

Phyllis Green skryf oor Ocean deur David Attenborough en Colin Butfield, A guide to tidal pools of the Western Cape deur Serai Dowling, Explore the shore deur Charles en Matthew Griffiths, Beachcombing in South Africa deur  Rudy van Elst en The West Coast: From Melkbos to the Orange River deur Leon Nell

Uittreksel: Sweetie deur Nataniël

Uittreksel: Ten slotte deur Eben Etzebeth

Uittreksel: Pale toe! deur Michael Green

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top