Portale
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2023
2023-05-22Die prys ontstaan in 2015 as ’n tipe Nobelprys vir Afrikaans as wetenskapstaal. Die prysgeld is aanvanklik R500 000, maar is aangepas na R750 000. As sodanig is dit die grootste wat tans vir Afrikaans toegeken word.
Persverklaring: Taalmonument se Afrikadag fokus op Khoekhoen
2023-05-17Op Saterdag 27 Mei 2023 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument ’n gratis werkswinkel aan oor Afrikadag, moedertale, Khoekhoen en Moslem-Afrikaans, wat afgesluit sal word met pragtige koormusiek en ’n marimba-opvoering. Willa Boezak sal die werkswinkel aanbied.
Persvrystelling: Wen R1 800 en meer met Taalmonument
2023-05-17Gesoek: ’n videogreep oor Afrikatale ter ere van die vasteland se maand! Ter viering van #Afrikamaand en die Internasionale Dekade van Inheemse Tale (2022–2032) wil die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) Afrikaans en mede-Afrikatale met ’n videokompetisie vier.
Diana Ferrus (1953–)
2023-05-16"My doel op aarde is om deur middel van die skeppingsproses vrede te bevorder; vir myself en die mense met wie ek te doen kry. Wat saak maak, is respek vir ander mense. Wat nié saak maak nie, is uit watter agtergrond hulle kom."
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die onregmatige verspreiding van Truth to power
2023-05-16"Eskom kan totaal in duie stort, so word soms beweer. Ditto met die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Druk van die staat en grootskaalse boewery deur gewone mense op straat mag lei tot ’n totale uitwissing van ons land se boekebedryf."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2023
2023-05-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Jan van Tonder (1954–)
2023-05-03"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde, om soos God te wil wees. Om te wil skep."
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Salvador Dalí se Volharding van herinnering
2023-05-03Die laaste lesing deur Alex Duffey wat handel oor internasionale kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld, is nou op die SA Akademie se sosialemediaplatforms beskikbaar.
Oproep om referate: Algemene simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2023-04-26Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op 28 en 29 September 2023 in ’n hibriede formaat plaas. U word vriendelik uitgenooi om ’n referaatvoorstel in te dien wat fokus op die breë simposiumtema.
SP Benjamin (1962–)
2023-04-25"Ek het nooit die idee gehad om te begin skryf nie. Ek het net begin."
ATKV-redenaars 2023: wenke deur Elbie Adendorff
2023-04-25"En seker die belangrikste: Moenie toesprake koop nie! Jy leer niks uit die proses nie. Jy leer alleenlik as jy by jou toespraak betrokke is."
Persverklaring: ATKV-Crescendo kondig elf finaliste aan
2023-04-24Dié 11 finaliste is gekies om deel te neem aan vanjaar se mentor- en ontwikkelingskapprogram.
Aankondiging: Wenners van die SA Akademiepryse 2023
2023-04-21Antjie Krog en Kirby van der Merwe stap vanjaar weg met twee van die gesogte Akademiepryse: die Hertzogprys vir poësie en die Eugène Marais-prys vir prosa. Hier is die volledige lys van wenners.
Chanette Paul (1956–)
2023-04-19"Skryf bly vir my ’n verwonderenswaardige proses. Ek begryp nie dié mag van die storie en karakters wat oorneem nie, maar ek wil dit vir niks ter wêreld verruil nie."
Persverklaring: Inligting rakende die 2023-ATKV-Woordveertjies
2023-04-13Hier is inligting rakende die 2023-ATKV-Woordveertjies. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 2 Junie 2023.
Phil du Plessis (1944–2011)
2023-04-12"My gedigte is ’n soort dagboek. Dit reflekteer wat om my aangaan en in my aangaan."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2023
2023-04-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Melt Myburgh (1967–)
2023-04-05"Skrywers is die hekwagters en morele hoeders van ’n samelewing, die tussengangers wat vrae vra namens dié wat antwoorde soek."
Izak de Vries (1969–)
2023-04-02"Ek is in my hart ’n sendeling vir die Afrikaanse boek. Ek bekeer mense tot die boek – die boek met ’n kleinletter. Ek het ’n sosiale verantwoordelikheid."
Submission in opposition to the current Copyright Amendment Bill
2023-03-22"We implore the legislature to reconsider the entire clause 12A and 12D until a proper socio-economic impact assessment has been done. We are legitimately concerned that fair use will diminish legal certainty and harm authors and publishers by diminishing their work, and creating a climate for freely using their work without permission or compensation."