Portale

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2025

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-06-05

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Toast Coetzer (1977–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-04

"In die voortslepende proses tot die verbetering van waarmee jy ook al besig is, is niks wat enigiemand anders te sê het belangrik nie. Wees besluiteloos op die regte tyd ... Bier en vryheid. Niks meer nie. Beer and freedomLittle more." Lees meer oor die lewe en werk van Toast Coetzer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Bekroonde skrywer Danie Marais lei slypskool vir stokperdjie-digters op 7 Junie 2025 by die Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-05-30

Vir diegene wat dalk soms ’n bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ’n gedig op te tower, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weereens ’n poëtiese oplossing: ’n slypskool op Saterdag 7 Junie 2025, met die beminde digter, vryskutjoernalis, musiekskrywer en omroeper Danie Marais.

Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-05-30

"Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak."

Tom Dreyer (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-30

"Met ’n goeie gedig, of ten minste die wete dat ’n reël of twee wat jy geskryf het die suiwerste essensie van iets vasvang, kom daar ’n gevoel oor jou, ’n soort rush, ’n euforie, ’n onvoorspelbare vryheid, ’n vreemde alchemie, iets misterieus soos ’n UFO wat pas op die grasperk geland het. Daarom sê ek reguit ek verstaan nie die skryf van poësie nie; ek het steeds nie ’n clue waar gedigte vandaan kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van Tom Dreyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) (1938–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-22

"Skryf is nie ’n stokperdjie nie, veral oor onderwerpe soos vervreemding, verlies, godsdiens en seks. Dis bitter harde werk. Maar die skryfproses was vir my opwindend. Ek is lief vir woorde." Lees meer oor die lewe en werk van Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.

Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy.

Hendrik Januarie (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-15

"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Geleentheid om in te skryf vir die ATKV-Woordveertjies 2025

ATKV ATKV-Portaal 2025-05-13

Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2025-ATKV-Woordveertjies is Maandag 2 Junie 2025. Hier is nog inligting.

Uitnodiging: Bekendstelling van Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-05-13

Die SA Akademie nooi u vriendelik na die bekendstelling in Pretoria van Louise Viljoen (red.) se boek Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe. Dit is die sestiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners en die gevierde Antjie Krog is die eregas. RSVP teen 15 Mei.

Elza Rademeyer (1944–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-09

"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff

Naomi Meyer, Elbie Adendorff ATKV-Portaal 2025-05-08

Elbie Adendorff gee in hierdie onderhoud wenke vir deelnemers van die ATKV se redenaarskompetisie wat deurgedring het na die volgende rondte - en ook vir deelnemers wat nie deurgedring het nie.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2025

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-05-07

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Inligting rakende die 2025 ATKV-Woordveertjies

LitNet ATKV-Portaal 2025-05-05

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 2 Junie 2025.

Nicole Jaekel Strauss (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-30

"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Uitnodiging na die bekendstelling van Wilma Stockenström: met my wysvingertop

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-04-29

Die SA Akademie en SASNEV nooi u vriendelik na die bekendstelling in Kaapstad van Ronel Foster (redakteur) se boek Wilma Stockenström: met my wysvingertop. Dit is die sewentiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Persverklaring: Aankondiging van die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-04-25

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2025 aan.

Frikkie Lombard: ’n huldeblyk

Phillip Louw In memoriam 2025-04-24

"In die vreemde reis wat ons die lewe noem, was dit my voorreg om eers sy leerling te wees, toe saam met hom te werk aan woordeboeke vir OUP en aan die rooi AWS by die Taalkommissie, en in die laaste dae van sy loopbaan sy bestuurder te wees. Met elke stappie was hy my vriend en leermeester, en dis haas ondenkbaar dat ek nooit weer sy wyse woorde of sy stoute grappies om die teetafel sal kan hoor nie."

Trienke Laurie (1946–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-23

"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd." Lees meer oor Trienke Laurie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Top