
Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir die Kinderboektoekennings in aanmerking kom, word deur kinders beoordeel. Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder poog die ATKV om deur middel van hierdie projek ’n aanduiding aan skrywers, uitgewers en illustreerders te gee van watter soort boeke kinders werklik hou. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk.
Die wenner ontvang R10 000 en ’n trofee. Die skrywer of illustreerder wen die prys in al die bogenoemde kategorieë.
Laai die reglement hier af:

