Persverklaring: Neville Alexander-pryse: Húlle wen R90 000 | Neville Alexander awards: They win R90 000

  • 0

Darryl David, Anzé Bezuidenhout en Churchil Naudé (foto’s: verskaf)

Taalmonument vereer Naudé, Bezuidenhout en David

See below for the English version.

’n Rymkletser, ’n kuberdigter en ’n meester van boekefeeste is vanjaar se waardige wenners van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se sesde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans.

Die aankondiging is op 20 September 2025 tydens ’n feestelike geleentheid in die Historium in die Paarl gemaak. Voor ’n groot, entoesiastiese gehoor is Churchil Naudé, Anzé Bezuidenhout en Darryl David as die drie bekroondes aangekondig, waarna die ATM-direkteur, Michael Jonas, en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Elna von Schlicht, die kontantpryse oorhandig het. Die verrigtinge is verder verryk met verskeie vermaakitems.

Die dag het boonop saamgeval met drie belangrike mylpale: die ATM se 50ste bestaansjaar, Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal en die sesde Alexander-gedenklesing. Hierdie lesing, getiteld Afrikaans se erfenis: verlede, hede en die volgende 100 jaar, is deur die jong skrywer Cliffordene Norton aangebied. Sy het beklemtoon: “Afrikaans is nie net die taal waaruit ek kom nie, dit is ook die taal waarin ek my toekoms vind – ’n taal van teenstrydighede, wonde en genesing, maar bowenal ’n taal van moontlikhede. In die gees van doktor Neville Alexander glo ek ons moet hierdie moontlikhede saam vier, saam uitdink en saam uitleef.”

Neville Alexander (1936–2012) was ’n vooraanstaande taalkundige, anti-apartheidsaktivis en opvoedkundige wat hom sterk vir veeltaligheid en moedertaalonderrig beywer het. Die prysgeld van altesaam R90 000 is moontlik gemaak deur Het Jan Marais Nationale Fonds.

Volgens Michael Jonas bekroon die eerbewyse die “onbesonge helde van Afrikaans en veeltaligheid” en ondersteun dit ook uiteenlopende taalprojekte. Hy het bygevoeg: “Vanjaar se keuses was besonder moeilik, want elke inskrywing het groot meriete gehad. Ons bedank almal wat benoem is vir hul onbaatsugtige werk om Afrikaans te bevorder. Dit word nie misgekyk nie. Met die ATM wat vanjaar sy 50ste jaar vier, is dit vir ons belangrik om sowel ons instelling as die wenners se positiewe bydraes te vier – veral hul rol om vooroordele en onkunde oor Afrikaans teen te werk.”

Die wenners

Churchil Naudé het die prys ontvang vir iemand wat Afrikaans as ’n medium gebruik om maatskaplike samehorigheid en nasiebou te bevorder. Hy is deur die vermaarde musikant, skrywer en resensent Theunis Engelbrecht benoem.

“Ek vermoed ons almal hier weet hoe apartheid ook die Afrikaanse gemeenskap op grond van velkleur uitmekaar geskeur het,” het Jonas ter inleiding gesê. “En dis hier waar ons meen Churchil speel ‘n ongelooflike rol. As rapper en digter draai hy nie doekies om oor hierdie wonde nie, oor rassisme, sosio-ekonomiese kwessies, negatiewe stereotipes... En oor destruktiewe houdings binne die groter Afrikaanse gemeenskap. Sy Woorde Sny. En Genees.”

Anzé Bezuidenhout het die prys ontvang vir iemand wat Afrikaans toeganklik maak. Sy is deur kollega en skrywer Christa Diederiks benoem.

 “Anzé is al ’n geruime tyd op die ATM se radar, want ons is terdeë bewus van die vrou daar doer op die Springbokvlakte in die verre Limpopo wat ’n Afrikaanse aanlyn-digwebtuiste INK bedryf,” het Jonas gesê. Sy is daagliks besig om met raad en motivering om duisende lede en volgers uit 15 lande aan te spoor om meer te skryf en hul taalvaardighede te ontwikkel. “Deur aanlyn al hierdie moontlikhede basies gratis vir aspirant-skrywers te bied, slaag Anzé ons-insiens daarin om Afrikaans toeganklik te maak, nie net hier nie, maar wêreldwyd. Gaan kyk na ink.org.za en sien self!” het Jonas bygevoeg.

Darryl David het die prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans. Hy is deur die beminde digter, vryskutjoernalis, musiekskrywer en omroeper Danie Marais benoem.

Hy was die eerste Indiër in Suid-Afrika wat lektor in Afrikaans geword het toe hy by die Universiteit van KwaZulu-Natal aangestel is. Meer as 100 boekefeeste het uit sy inisiatief voortgespruit. Sy passie vir Afrikaanse letterkunde leef in hierdie feeste voort, waar hy die rykdom van Afrikaanse skrywers en verhale aan nuwe gehore bekendstel. Jonas het gesê: “Hoewel Darryl se werk gereeld erken word, glo ons dit is hoog tyd dat sy enorme agter-die-skerms bydrae amptelik beloon word. Ons is oortuig Neville Alexander sou dit van harte ondersteun, aangesien hul taaldenke dieselfde progressiewe gees adem.”

Die volledige gedenklesing en commendatio’s vir die wenners verskyn op taalmuseum.co.za/artikels. ’n Opname oor die geleentheid sal binnekort op youtube.com/@taalmonument1 beskikbaar wees. Meer oor Cliffordene by cliffordenenorton.home.blog en oor Het Jan Marais Nationale Fonds by hetjanmarais.co.za.

  • Vir inligting oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 863 0543, besoek taalmuseum.co.za teken in op die nuusbrief of volg hulle op Facebook, Instagram en WhatsApp. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die monument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat onbeperkte toegang tot die ATM, bistro en volmaanpieknieks insluit.


Taalmonument honours Naudé, Bezuidenhout and David

A rapper, a cyber poet and a master of book festivals are this year’s worthy winners of the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM)’s sixth Neville Alexander prestige awards for the advancement of Afrikaans.

The announcement was made on 20 September 2025 during a festive event at the Historium in Paarl. Before a large, enthusiastic audience, Churchil Naudé, Anzé Bezuidenhout and Darryl David were named as the three awardees, after which ATM director, Michael Jonas, and the Cape Winelands District Municipality Mayor, Elna von Schlicht, presented the cash prizes. The proceedings were further enriched by various performances.

Cliffordene Norton (photo: provided)

The day also coincided with three important milestones: the ATM’s 50th anniversary, Afrikaans’s 100th year as an official language, and the sixth Alexander memorial lecture. This lecture, titled Afrikaans’s heritage: past, present and the next 100 years, was delivered by young writer Cliffordene Norton. She emphasised: “Afrikaans is not only the language I come from, it is also the language in which I find my future – a language of contradictions, wounds and healing, but above all a language of possibilities. In the spirit of doctor Neville Alexander, I believe we must celebrate these possibilities together, think them through together and live them together.”

Neville Alexander (1936–2012) was a distinguished linguist, anti-apartheid activist and educator who strongly advocated multilingualism and mother-tongue education. The total prize money of R90 000 was made possible by the Het Jan Marais National Fund.

According to Jonas, the awards honour the “unsung heroes of Afrikaans and multilingualism” while also supporting a variety of language projects. He added: “This year’s selections were especially difficult, as every entry had great merit. We thank everyone who was nominated for their selfless work in promoting Afrikaans. It does not go unnoticed. With the ATM celebrating its 50th year, it is important for us to recognise both our institution and the winners’ positive contributions – particularly their role in challenging prejudice and ignorance about this African language.”

The winners

Churchil Naudé received the prize for someone who uses Afrikaans as a medium to foster social cohesion and nation-building. He was nominated by renowned musician, writer and reviewer Theunis Engelbrecht. Jonas explained: “We all know how apartheid also tore the Afrikaans community apart along colour lines. This is where we believe Churchil plays an incredible role. As a rapper and poet, he does not shy away from these wounds – from racism, socio-economic issues, negative stereotypes… and destructive attitudes within the wider Afrikaans community. His words slices. And heals.”

Anzé Bezuidenhout was honoured for making Afrikaans accessible. She was nominated by her colleague and writer Christa Diederiks. Jonas said: “Anzé has been on the ATM’s radar for some time, as we are well aware of the woman out on the Springbokvlaktes in distant Limpopo who runs the Afrikaans online poetry platform INK. Every day she encourages thousands of members and followers from 15 countries with advice and motivation to write more and develop their language skills. By offering all these opportunities online, basically free of charge to aspiring writers, Anzé succeeds in making Afrikaans accessible – not only here, but worldwide. Go visit ink.org.za and see for yourself!”

Darryl David received the award for his lifelong contribution to Afrikaans. He was nominated by beloved poet, freelance journalist, music writer and broadcaster Danie Marais. David was the first Indian in South Africa to be appointed as a lecturer in Afrikaans, at the University of KwaZulu-Natal. More than 100 book festivals have emerged from his initiatives. His passion for Afrikaans literature lives on in these festivals, where he introduces the richness of Afrikaans writers and stories to new audiences. Jonas said: “Although Darryl’s work is regularly acknowledged, we believe it is high time that his enormous behind-the-scenes contribution is officially recognised and rewarded. We are convinced Neville Alexander would wholeheartedly have supported this, as their language thinking clearly shares the same progressive spirit.”

The full lecture and commendations for the winners are available at taalmuseum.co.za/artikels. A recording of the event will soon be available on youtube.com/@taalmonument1. More on Cliffordene can be found at cliffordenenorton.home.blog and on the Het Jan Marais Nationale Fonds at hetjanmarais.co.za.

  • For information about all the exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 863 0543, visit co.za, sign up for the newsletter or follow them on Facebook/Instagram and the WA channel. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the monument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also numerous resources for school and research projects. Annual permits are available at only R120 for individuals or R220 per family, which includes unlimited access to the ATM, bistro and full moon picnics.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top