Portale
Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-21"Die proeses om ’n idee te groei tot in ’n volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep ’n mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te kô, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly."
Persvrystelling: Lesing – Die Lintonpaneel
2020-08-20Die SA Akademie nooi u hartlik uit na die eerste lesing van reeks 2 van Alex Duffey se lesingreekse wat virtueel op Dinsdag 25 Augustus 2020 stiptelik om 18:00 gebeeldsend word.
Marita van der Vyver (1958–)
2020-08-20"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."
Persvrystelling: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag – kompetisie se sluitingsdatum uitgestel
2020-08-19Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kreatiewe #wysjouwoord-kompetisie se sluitingsdatum is uitgestel tot 21 Augustus. Alle leerders 18 jaar en jonger word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.
Veels geluk, liewe ATKV!
2020-08-19Ná 90 jaar word die kernwaardes van die ATKV steeds met onverdunde ywer aktief en doelgerig gehandhaaf en tot uitvoer gebring in belang van sy lede en die breër gemeenskap.
Persvrystelling: VivA – Uitnodiging na PanSAT/VivA-werkwinkel oor VivA se portale
2020-08-18VivA se portale sluit onder andere die Taalonderrigportaal (geskep vir Afrikaansonderwysers) in. Bywoning is oop vir almal, maar voornemende deelnemers moet registreer by [email protected] om hierdie gratis aanlyn werkwinkel op 20 Augustus 2020 by te woon.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2020
2020-08-18Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Augustus 2020 hier.
Persvrystelling: Korona se spitsvondiges vir Taaldag bekroon
2020-08-18Die wenner Fawa Conradie en die twee naaswenners, Nikita Naudé en Karel Dampies, het saam R4 000 en jaarpermitte losgeslaan én hul gedigte sal saam met dié van die ander nege (vir eers virtueel) in die Groen Galery uitgestal word.
Persvrystelling: Neville Alexander-prestige-eerbewyse – Oproep om benoemings
2020-08-12As deel van die vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste bestaansjaar nooi hierdie instelling die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vierde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.
Persverklaring: Aksie van die burgerlike samelewing – Saam die toekoms in met Afrikaans
2020-08-11Vyf-en-veertig persone van regoor die land het ingeskakel by hierdie aanlyn seminaar met die tema: "Afrikaans as ’n waardevolle hulpbron – selfs al verengels die skole en universiteite".
WAT: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag
2020-08-05Moeg van by die huis rondsit terwyl die skole gesluit is? Raak kreatief in Afrikaans en illustreer jou gunstelingwoord.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2020
2020-08-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale
2020-08-05"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."
SA Akademiepryse 2021: nominasies ingewag
2020-08-04Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vestig graag u aandag op die Akademiepryse wat in 2021 vir toekenning oorweeg word. Volledig gemotiveerde voorstelle vir enigeen van hierdie pryse word ingewag. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2021.
Die brug tussen taal, regte en tegnologie: Praktykgerigte tegnologie-oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein
2020-07-28"Die vraag wat in toekomstige gesprekke oor die tegnologiese oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein gevra moet word, is hoe baie regte die mees weerlose mense verbeur omdat hulle nie op enige vlak toegang tot wetgewing het nie en hoe tegnologie gebruik kan word om toegang te bevorder."
Bly weg van dié woorde om aanstoot te vermy
2020-07-28Jana Luther: "Vermy stereotipes. Die beste manier om onbevooroordeeld te skryf en onbevooroordeeld te praat, is om na mense te kyk en hulle as individue te beskryf."
Adriaan Snyman (1938–)
2020-07-27"Adriaan Snyman skroom nie om omstrede onderwerpe as temas vir sy romans te gebruik nie." Adriaan Snyman se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Persvrystelling: SA Akademie se eerste virtuele bekroningsplegtigheid
2020-07-27Die SA Akademie nooi u hartlik uit na hul eerste virtuele bekroningsplegtigheid op Donderdag 30 Julie 2020 om 18:00. Toegang is gratis op die Akademie se Facebook-blad.
Nathan Trantraal (1983–)
2020-07-20"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."