Portale
Wat vier oom Daantjie daar?
2025-11-18"Maar, soos akademici uitwys, ’n monument vir ’n taal is iets ongewoons. Dis wêreldwyd ’n rariteit, ’n vreemde volstruis van ’n ding, om ’n taal in en deur beton, eerder as in boeke of operas, te vier." Hierdie toespraak is gelewer by die ATM se vyftigste verjaardagdinee.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2025
2025-11-13Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Kwena Music gee met vennoot- en borgskap groot hupstoot aan Crescendo se gesogte mentorskapprogram
2025-11-13Met net minder as twee maande oor word aspirantliedjieskrywers nou aangemoedig om hul oorspronklike liedjies in te skryf vir oorweging vir deelname aan die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram 2026.
Deon Meyer (1958–)
2025-11-13"Leef doelbewus, versamel ervarings en emosies en stories en mense en karakters. Gaan sit dan en skryf. Moenie vir mense vertel jy wil, of sal, of gaan nog eendag skryf nie. Doen dit." Lees meer oor Deon Meyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Uitdrukkingsvryheid
2025-11-07"Die inligtingsekosisteem in hierdie tyd van die algoritmes en gekonsentreerde media-eienarskap het verander van ’n passiewe infrastruktuur vir kommunikasie in die laat 1990’s tot ’n aktiewe wapen vir aanvalle op medemense, magsug en disinformasie in die 2000’s."
HA Fagan (1889–1963)
2025-11-05"Ek voel dankbaar dat ek lank genoeg gelewe het om die Afrikaner in sy stryd om erkenning en gelykberegtiging van homself, sy taal, sy kultuur, en sy tradisies te sien seëvier. Nou bly my nog die een bede oor: mag hy hom in die oorwinning net so groot en edel toon as in die stryd." Lees meer oor die lewe en werk van HA Fagan in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Fotoverslag: Marianne Thamm lewer die jaarlikse PEN Afrikaans-lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid
2025-11-04"Begin om dinge te doen wat gedoen moet word. Begin lees wat jy dink die samelewing moet lees. Glo jy in vryheid van spraak? Praat dan vry. Glo jy in ’n menslike samelewing? Gedra jou dan menslik. Lewe binne die waarheid. Weier om deel te neem aan leuens. Moenie geïntimideer word deur leuens van leuenaars nie."
Wegwêreld slegwêreld, ATKV-Tienertoneelwenners: ’n onderhoud met Darryl Spijkers
2025-10-30Hoërskool Parel Vallei het weer eens die ATKV se Tienertoneelkompetisie gewen. Naomi Meyer praat met Darryl Spijkers, regisseur van Wegwêreld slegwêreld.
Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid
2025-10-23Belangstellendes is hartlik welkom. Bywoning is gratis.
Christiaan Bakkes (1965–)
2025-10-23"Skryf het vir my ’n wegholperd geword. Ek het nooit kon dink dat dit so ver sou gaan nie. Daai perd het nog nie ophou galop nie en die rit is wonderlik." Lees meer oor die lewe en werk van Christiaan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Ruk en Rym-wenners bekend: Hiér ruk dit!
2025-10-22Die finale ronde van dié kompetisie vir alternatiewe klankskeppers het op 12 Oktober as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaasgevind.
Die ATKV-Kinderboektoekennings: Reglement vir 2026
2025-10-20Die wenner ontvang R10 000 en ’n trofee. Die skrywer of illustreerder wen die prys.
WAT: Twee bekende Afrikaanses as nuwe beskermpersone aangewys
2025-10-20Dit kos R100 om ’n woord te borg en R5 000 om dit eksklusief te koop, dan behoort daardie woord net aan jou.
Persverklaring: ATKV-Toneelfinaal 2025 ’n magnetiese fees van talent!
2025-10-20Danksy magnetiese tieners en tjokkers wat met hul passie die verhoog onweerstaanbaar gemaak het, moes ’n swaargewig-beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap om die wenners van die gewilde ATKV-Tienertoneel- en ATKV-Tjokkertoneelkompetisies aan te wys.
Press release: Local PEN centres implore the Minister of Sport, Arts and Culture to support and engage with arts festivals
2025-10-17"As associations representing writers who contribute to and are dependent on the arts and culture eco-system that these festivals serve, we see the arbitrary and sudden withdrawal of government support as damaging and ill advised."
GA Watermeyer (1917–1972)
2025-10-16"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2025
2025-10-14Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan
2025-10-09PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is.
Persverklaring: ATKV-Sêr 2025, magnetiese wenners bekroon!
2025-10-09Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes vanjaar hul kreatiewe kompas aanskakel om die wenners van die 2025 ATKV-Sêrkompetisie aan te wys te danke aan jong talentvolle sêrgroepe wat die verhoog laat vlamvat het met hul magnetiese energie en kragtige klankgolwe.
Koos du Plessis (1945–1984)
2025-10-09"Ek is ’n doodgewone ou, ek het niks om oor myself te sê nie. My liedjies praat van my." Lees meer oor die lewe en werk van Koos du Plessis in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
