
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SA Akademie) se jaarlikse bekroningsplegtigheid het op 12 September 2025 in Stellenbosch plaasgevind.
By dié statige geleentheid is die SA Akademie se gesogte pryse aan vooraanstaande skrywers, kunstenaars, natuurwetenskaplikes en akademici toegeken. Hierdie pryse, wat die hoogste erkenning in Afrikaans verteenwoordig, word jaarliks deur die Akademieraad op aanbeveling van gespesialiseerde keuringskomitees toegeken.
Die volgende pryse is oorhandig:
- Poortprys vir Drama aan Tomas du Preez, HomeLife Academy vir sy drama Val
- Poortprys vir Poësie aan Jean Laubscher, Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria vir sy gedig “Reën”
- Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Plantkundige Wetenskappe) aan Mia Schutte
- Douw Greeffprys aan Burgert Senekal
- Jacques van der Elstprys aan Petria Winter, Monique Rabé, Juan Bornman, Febe de Wet, Marien A Graham en Jeannie van der Linde
- Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur aan Marissa Badenhorst vir haar werk Watermeisie: Akwa se reis
- Scheepersprys vir Jeugliteratuur aan Louis Pretorius vir Kompleks
- Erepenning vir Geesteswetenskappe aan Floris van der Merwe
- Erepenning vir Uitvoerende Kunste aan Lida Botha en Johan Botha
- Eugène Maraisprys vir Prosa aan Gaireyah Fredericks vir Een voet innie kabr
- Protea Boekhuistoekenning aan Eunice Visser vir Die Kaapse slawe, 1652–1838: ’n kultuurhistoriese perspektief
- Stalsprys vir Opvoedkunde aan Alta Vos
- Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir ’n Afrikaanse TV-program aan Nico Scheepers en Chanél Muller vir Nêrens, Noord-Kaap, deel 2, episode 13
- Goue Akademiemedalje aan James Roelofse
- Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek aan Hendrik Hofmeyr
- MT Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegnologiese Prestasie aan Tommie Drinkwater
- Hertzogprys vir Prosa aan Eben Venter vir Decima
Hierdie uiteenlopende toekennings beklemtoon die rykdom en gehalte van Afrikaanse kuns- en wetenskapsbeoefening. Die SA Akademie is trots daarop om ’n platform te bied wat nie net uitnemendheid erken nie, maar ook op dié wyse prestige in Afrikaans bevorder.

