
Alle belangstellendes word hiermee hartlik uitgenooi na die 54ste JBM Hertzoggedenklesing, wat aangebied word deur die SA Akademie se Geskiedeniskommissie.
Datum en tyd: Woensdag 22 Oktober 2025 om 18:30 vir 19:00
Plek: SA Akademiegebou, Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria.
Gasspreker: Suléne Pilon, voorsitter van die Taalkommissie, SA Akademie
Tema: Afrikaans-metafore in 1925 en 2025
RSVP by linda@akademie.co.za teen Woensdag 15 Oktober 2025
Die Hertzoggedenklesing sal ook regstreeks gestroom word vanaf die SA Akademie se YouTube-kanaal.

