Portale
Persverklaring: Taalgenoot-Ruk en Rym 2026-semifinaliste is bekend
2026-08-24"In die vierde jaar van die kompetisie het die diversiteit van die inskrywings my weer getref – ons het inskrywings vanuit alle hoeke van die land en in verskeie genres ontvang. Ruk en Rym is regtig ’n platform soos geen ander nie wat plek maak vir hierdie soort authentic expression."
PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Miemie du Plessis
2026-08-24"Gaan lees dan soveel kinder- of jeugboeke as wat jy kan wat vir daardie teikengroep geskryf is, veral dié wat in die laaste ongeveer twee dekades uitgegee is. Ek praat nie van 10 boeke nie; ek praat van 100, 200."
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2026, hier is die finaliste
2026-08-21Die wenners sal vanaf 16-18 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.
Persverklaring en uitnodiging: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns-Werkgemeenskapbyeenkoms, 26 Augustus 2026
2026-08-21Hier is ’n vriendelike uitnodiging na die volgende byeenkoms van die Werkgemeenskap Potchefstroom. Nielede is ook hartlik welkom.
Freda Linde (1915–2013)
2026-08-20"Om te ontdek sonder ophou, dit is jou erfenis, jou poort tot geluk – nie waar jy loop, nie wat jy sien, selfs wat jy gebruik of besit nie, maar wat jy daarin ontdek."
Afrikaans en sy druktradisie van toeka tot toekoms: Afrikaans word nie gered deur net oor Afrikaans te praat nie
2026-08-19"Die taal se toekoms lê nie bloot in monumente, koerante en boeke nie, maar in die vraag of mense die taal kan lees, gebruik, bekostig, bewaar en vrylik kan beoefen."
PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Shawna-Leze Meiring
2026-08-19"Die basiese dinge vir ’n goeie storie moet altyd daar wees: interessante karakters waarmee lesers kan vereenselwig, vloeiende/gemaklike dialoog, ’n sterk storie (dink maar aan die klassieke storieberg se formaat) en goeie navolging van genrekonvensies (as dit ’n storie is wat in ’n genre pas). Vir kinder- en jeugboeke is dit belangrik om die ouderdom van jou teikenmark in gedagte te hou."
ATKV|LitNet-Skrywersalbum: Lys van Afrikaanse skrywers
2026-08-19Hier is ’n lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat gratis op LitNet beskikbaar is.
Persverklaring omtrent boekbekendstelling: Van tegniek tot amptelike taal deur Theodorus du Plessis
2026-08-18Jy word uitgenooi na die bekendstelling op Maandag 31 Augustus 2026 in Pretoria. Hier is nog inligting.
Mikro (1903–1968)
2026-08-14"Ek glo dat ’n mens net werklike mense kan skep in ’n kunswerk as jy jou karakters werklik liefhet. Dit is dan ook ’n gewone verskynsel om my karakters innerlik so sterk en wesenlik te sien en te hoor praat dat hulle werklik bestaan."
Persverklaring: PEN Afrikaans kondig met trots suksesvolle Vertaalfonds-aansoeke op Vrouedag aan
2026-08-09PEN Afrikaans kondig met trots op Vrouedag die volgende lot suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds aan. Dit is werke wat die perspektief en belewenis van vroue voorop stel en deur vertalings in Nederlands, Frans en Albanees ook uitvoerprodukte van die (Suid-)Afrikaanse letterkunde word.
Uitnodiging: Afrikaanse druktradisie, van toeka tot toekoms
2026-08-06Gegewe die digitalisering van kennis en vermaak oor die afgelope dekades, is die vraag wêreldwyd wat volgende voorlê vir die gedrukte media en tot watter mate dit as navorsingsbron gaan of kan dien vir toekomstige generasies.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2026
2026-08-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Diek Grobler se unieke speldeskermkuns te sien by die SA Akademie in Pretoria
2026-08-05Die bekroonde kunstenaar en animeerder Diek Grobler se uitstalling Agter die Spykergordyn open op Saterdag 22 Augustus 2026 om 11:00 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.
Kas van den Bergh (1925–1997)
2026-08-03"Ek probeer met my skrywery om vir die verveelde gemeenskap die boodskap te bring dat jy miskien elke dag ’n wonderlike ervaring kan hê of ’n nuwe lewe kan begin."
PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Annie Olivier
2026-07-30"Die beste niefiksieboeke – en dit sluit alles van biografieë en politieke boeke tot militêre geskiedenis en reisverhale in – is geskryf op ’n manier wat die leser intrek en regdeur die boek boei."
Bettina Wyngaard (1971–2026)
2026-07-30"My grootste wens is dat ons as mensdom sal ophou om enigiemand wat anders as ons is, te haat en te dwing om in ons eng boksies te pas. Daar is plek vir ons almal, en ons grootste bate is juis ons diversiteit."
Klein Karoo Klassique 2026 reik uit na jongmense met spesiale orkesaanbieding: ’n onderhoud met Richard Cock
2026-07-29"Ek werk al met jong mense vandat ek vir die eerste keer by musiek betrokke geraak het. Ek weet dat as jy hulle op ’n jong ouderdom kan inspireer, hulle hul lewe lank entoesiasties oor musiek sal wees. Dit is wat ons nodig het: Mense wat lief is vir musiek en die krag daarvan verstaan."
Persverklaring: ATKV-Applous vier 49ste finaal in Kaapstad
2026-07-22Vanjaar se ATKV-Applous-finaal beloof om weer ’n spoggeleentheid vir Suid-Afrika se top skoolkore te wees. Die gala-aande word vanjaar vir die 49ste keer aangebied en vind van 29 Julie tot 1 Augustus in die Kaapstadse Stadsaal plaas.
Sidney Gilroy (1980–)
2026-07-20"Boeke is die tydmasjiene wat ons komvandaan bewaar en ook die rigtingwysers om wat dalk mag kom, te navigeer. Boeke is vir my die stiksel wat samelewings heg."
