Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
RESENSIE | Die lewenslesse van ’n gemmerkat
Ilza Roggeband resenseer Messenger Cat Café deur Nagi Shimeno
RESENSIE | Tussenin is ook ’n waardige plek
Anschen Conradie resenseer Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout
RESENSIE | ‘Afrikanerman’ gee ’n duidelike stem aan dié mans
Francois Bekker resenseer Afrikanerman deur Mart-Marié Uys
TOPVERKOPERS | Netwerk24 se gewildste boeke vir Junie
13 Julie
RESENSIE | Verlies van humor ’n droewige ramp
Anschen Conradie resenseer Grapgat deur Hannes Barnard
RESENSIE | Biograaf pak ‘Megxit’ soos ’n meedoënlose speurder
Joan Hambidge resenseer Betrayal deur Tom Bower
RESENSIE | ‘Grensloos’ ’n boeiende roman propvol spanning en intrige
Jonathan Amid resenseer Grensloos deur Wilna Adriaanse
RESENSIE | ‘Good Night’ laat land se skoonheid sing
Ilza Roggeband resenseer Good night, South Africa deur Jennifer Lindridge
20 Julie
BOEKEVAT | Om aan te hou beweeg, geraas te maak
’n Rubriek deur Jo Prins
RESENSIE | Skrywer laat die geskiedenis asemhaal
Trisa Hugo resenseer Pompeii deur Bets Smith
RESENSIE | Biograaf se ‘kartering’ van Schoeman omvangryk en doelgerig
Francois Bekker resenseer Daardie lewe: Karel Schoeman deur Ria Winters
RESENSIE | ‘Ruins’ nommerpas vir jou volgende boekklub-aand
Jonathan Amid resenseer Ruins deur Amy Taylor
27 Julie
NUUT OP DIE RAK | Augustus bring reise, ’n jagspinnekop en Schreiner in Afrikaans
RESENSIE | ‘Saak van liefde’ ’n hofdrama wat leser enduit boei
Anschen Conradie resenseer ’n Saak van liefde of dood deur Owen Salmon (Vertaling deur Frederik de Jager)
RESENSIE | Bundel huldig formidabele Spies in Afrikaanse letterkunde
Marni Bonthuys resenseer Onthou is die dag wat breek: ’n Digterlike huldigingsbundel ter ere van Lina Spies, saamgestel deur Alwyn Roux en Neil Cochrane

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:
’n Nuwe skatkis! Spienekelientjies, saamgestel deur Antjie Krog: ’n resensie
Boekevat met Deborah: Seuns weet deur Frederick Botha en Grensloos deur Wilna Adriaanse
LitNet Akademies-resensie-essay: Ek is nie Danie deur Danie Marais
Van ’n afstand af deur Koos van die Waterberge: ’n lesersindruk
Merkwaardige bosreuse van Suider-Afrika deur Jaco van Wyk: ’n lesersindruk
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Ria Winters, skrywer van Daardie lewe
Tee met Matilda Burden, wat 5 638 fonteinname opgeteken het in Opreisfontein

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Julie in Rapport verskyn:
5 Julie
Resensie: Fanie Viljoen se bekroonde verhaal sal elke hart roer
Magdel Vorster resenseer Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen
Resensie: Die woorde is mooi, maar eintlik gebeur gruwelike goed
Annelise Erasmus resenseer Die oorkant deur Annemarié van Niekerk
Zirk van den Berg: ’n Tuiskoms loop skeef – ‘dis mos my ou tjaaina!’
Uittreksel: My skaduwee loop los
Boeremeisie oor Bethulie: My dagboek uit doodskamp
Liezel de Jange skryf oor Bethulie: My lewe in die kamp deur Rensche van der Walt
12 Julie
Sabine se storie: Hoe leef jy verder ná alles verbrokkel?
Stefaans Coetzee resenseer Grensloos deur Wilna Adriaanse
Nie klein, nie groot: ’n Viva vir die randeiers!
Deborah Steinmair resenseer Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout
Om ’n verhaal in 50 woorde te vertel – flitsfiksie verdien ’n plek aan die literêre tafel
Ronnie van Jaarsveld skryf oor flash fiction
Boek lig sluier oor Huis Harry: Prins rook dagga, terwyl Meghan woeker
Arlene Prinsloo resenseer Betrayal: Power, deceit and the fight for the future of the royal family deur Tom Bower
19 Julie
Van die Vrystaat tot Oxford: ’n Vrou veg om vry te wees
Lizé Richter resenseer Rebekka van Kameeldoornplaas deur Irma Joubert
Ouma skryf ’n kinderboek – maar dié verhaal is eintlik vir almal
Deborah Steinmair resenseer Die blou huis deur Erika Murray-Theron
Hallo, Iran? Die skrywer reis onseker, die leser volg lekker
Joan Hambidge resenseer Van Oekraïne tot Iran deur Joan Hambidge
26 Julie
Moord op ’n kind: Die man in die tronk ‘lyk so gewoon – aantreklik selfs’
Uittreksel: Donkerhart deur Henda Olivier
’n Paar f-woorde met vonkel – en goeie, reguit raad
Yolanda du Toit resenseer Ag fok, Tanya resenseer Tanya O’Connor
TJ Strydom: Yuppiechef se storie is ’n geskenk vir elke entrepreneur
TJ Strydom resenseer Handwritten: The founding story of Yuppiechef deur Andrew Smith

Die volgende resensies en onderhoude het in Julie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
8 Julie
Jaco Jacobs vier 25 jaar se stories
“My jongste dogter het my aangekyk en gevra: ‘Is Pappa se werk regtig net om soveel pret te hê soos wat Pappa kan hê?’”
Lees en kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jaco-jacobs-vier-25-jaar-se-stories/
10 Julie
Wiskunde, digkuns byeen in debuutbundel
“Ons almal het lewenswyshede wat ons deur die loop van ons lewe bymekaarmaak, en ’n mens kom op ’n punt waar jy dit graag aan diegene rondom jou wil oordra sonder om ’n swaar tesis te skryf.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/wiskunde-digkuns-byeen-in-debuutbundel/
11 Julie
Luister | ‘Afrikanerman’ soek antwoorde anderkant stereotipes
Dit gaan oor pa’s wat geleer het om sterk te wees, oor seuns wat grootgeword het met die idee dat mans nie huil nie, en oor geslagte wat dikwels eerder gewerk as gepraat het.
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-afrikanerman-soek-antwoorde-anderkant-stereotipes/
14 Julie
Afrikaans tussen gister en môre
“In die storie van Afrikaans – en die WAT – is Z nie ‘die einde’ nie.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/afrikaans-tussen-gister-en-more/
17 Julie
Lesersindruk | Waarom ons weer FA Venter moet lees
Jy hoef nie van geskiedenis te hou om die Lande-boeke te geniet nie; die karakters is so eg, hulle kon familielede gewees het.
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-waarom-ons-weer-fa-venter-moet-lees/
17 Julie
Storietuin | Ben lees Bobbob
Wat dink ’n negejarige van “Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie”? Ben Barker vertel meer in Storietuin.
Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/storietuin-ben-lees-bobbob/
19 Julie
Wanneer ’n kind met downsindroom haar eie storie kry
“Ek hoop kinders met downsindroom ervaar dieselfde. Dat hulle hulself in ’n storie kan herken en kan voel: Ek behoort ook hier.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/wanneer-n-kind-met-downsindroom-haar-eie-storie-kry/
22 Julie
Boekresensie | ‘Die oorkant’ laat stilte praat
Dié noukeurige en blommende beskrywings staan in skrille kontras met die gebrek aan taal wanneer dit by geweld kom.
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-oorkant-laat-stilte-praat/
25 Julie
Luister | Só maak jy jou kinders skermslim
“’n Mens moet besef dat geen kind immuun is teen die gevare van die internet en sosiale media nie.”
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-so-maak-jy-jou-kinders-skermslim/
29 Julie
Lesersindruk | ‘Bethulie’ gee lewe aan die geskiedenis
Rensche van der Walt se dagboek gee vir die leser ’n blik op gebeure wat geskiedenisboeke selde gee. Dit gee lewe aan die daaglikse sleur van ’n kampbestaan, die ligpunte, die laagtepunte en al die emosies wat daarmee gepaard gaan.
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-bethulie-gee-lewe-aan-die-geskiedenis/
31 Julie
Joe Kleinhans vier debuutroman ná jare se radiodramas
“Dis soos wanneer jou familie of vriende vir twee maande kom kuier en skielik groet hulle.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/joe-kleinhans-vier-debuutroman-na-jare-se-radiodramas/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.
13 Julie
Klyn Akademie: Poësie as die omruil van liggame, die leef van tweede lewens
Deur Natasha Harmse
27 Julie
Uittreksel: Die huilende bruid & ander versinsels deur Dominique Botha

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/
Woensdag 1 Julie
Ilse Salzwedel vra Zelda Bezuidenhout uit oor haar roman, Mei en alles daarna, en haar jeugroman, Die Tusseninners, waarmee sy ’n tweede plek losgeskryf het in LAPA se jeugromankompetisie. Die Franse kenner, prof. Naomi Morgan, gesels oor die immergewilde verhaal van Die klein prinsie, wat vanjaar 80 jaar gelede gepubliseer is. Sy vertel ook meer oor die spesiale produksie waarmee die Prinsie by vanjaar se Vrystaat Kunstefees herdenk sal word. Johan Myburg het interessante nuus oor Joyce Carol Oates en Ann Pratchet. Hy vertel ook van die polemiek waarvoor KI onlangs gesorg het in Commonwealth se kortverhaalwedstryd. Fanie Viljoen vertel ook meer oor Die seun met die swaeltjie, wat onlangs as wenner van LAPA se jeugromankompetisie aangewys is. Dié kompetisie vind weer vanjaar plaas.
Woensdag 8 Julie
Suzette Myburg gesels met Theolla Langenhoven oor haar treffende debuutroman, Soet roos van Saron. Annemarie van Niekerk vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar debuutroman, Die oorkant, en haar bekroonde memoir, Onder ’n bloedrooi hemel. In Johan Myburg se wêreldbydraes kan jy meer uitvind oor die nuwe borgskap vir die International Bookerpryse, die omstrede wenverhaal van die Commonwealth se kortverhaalkompetisie, en Agatha Christie wat in ’n seldsame opname oor haar werk gesels.
Woensdag 15 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Daniëlla van Heerden oor haar bundel onderhoude met ma’s, Die hart van ’n ma. Johan Myburg bring hulde aan die Iranese vroueskrywer, Shahrnush Parsipur, en vertel meer oor Tom Stoppard se nalatenskap. Hy het ook nuus oor ’n hele klomp nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers waarna jy in die res van die jaar kan uitsien. Jy kan ook luister na ’n 1995-onderhoud met wyle Jeanne Goosen. Sy is vandeesweek 88 jaar gelede gebore.
Woensdag 22 Julie
Suzette Myburg gesels met die skrywer Allen Grootboom oor sy debuutroman, As die vuur huil. Ilse Salzwedel praat met Anchen Conradie oor twee belangrike boeke wat gemik is op jong kinders. Die een handel oor emosies (My gevoelensdagboek), en die ander een (Skermslim) gee handige raad oor hoe om jou kind in die digitale era aanlyn te beskerm. Johan Myburg het ’n bydrae waarna jy moet luister as jy na die epiese rolprent, The Odyssey, wil gaan kyk. Hy gesels ook oor topverkoperboeke soos Unreliable narrator deur Araminta Hall. Hy het ook nuus oor Ian McEwan se roman, What we can know, en Arundhati Roy se memoir, Mother Mary comes to me.
Woensdag 29 Julie
’n Huldigingsprogram vir die skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, wat op 24 Julie oorlede is. Kerneels Breytenbach, Ingrid Jones, Marni Bonthuys, Fourie Botha, Suzette Myburg, Naomi Bruwer, Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Theo Kemp deel hulle herinneringe aan Bettina, en gesels oor haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/
Dinsdag 7 Julie
Die digter, SJ Pretorius, was veral bekend vir sy belangstelling in die gepynigde randfigure, die verstotenes in die krotbuurte. Hy’t ’n sagte plekke gehad vir die underdogs, die verskoppelinge. Hy was ook lief daarvoor om met die hoër klasse se maniertjies en oortuigings die draak te steek. Voorleser Johann Nel verken dié digter se deernisvolle skryfwerk oor mense wat nie oor mag of status beskik nie, en maklik misgekyk word.
Dinsdag 14 Julie
Vuur is – saam met lug, water en grond – een van die klassieke elemente. Vuur is ook een van die mensdom se grootste ontdekkings. Dink maar net wat alles deesdae moontlik is omdat ’n oermens op ’n dag dit reggekry het om ’n hopie droë gras te laat vonk vat. En dan is daar ook soveel simboliek aan vuur: Vir party mense verteenwoordig dit kreatiwiteit en hoop; Dit word ook geassosieer met kennis, inspirasie, spirituele reiniging en transformasie. Al hierdie kenmerke van vuur en lig is ter sprake saam met voorleser Erica Wessels.
Dinsdag 21 Julie
Wilhelm Knobel was ’n Sestiger-digter, wie se klein, maar besonder intense oeuvre, die worsteling van ’n hoogs sensitiewe mens met eensaamheid, liefde, geestelike verwarring en die soeke na sin verwoord. Die voorleser, Carel Nel, verken hierdie eenkantmens se introspektiewe, maar baie beeldryke poësie.
Dinsdag 28 Julie
Daar is seker nie ’n amptelike diagnose soos Sondagblues-sindroom nie, maar dit is tog ’n algemene ding waarmee baie mense sukkel. Daardie spesifieke soort bedruktheid, ’n swaarmoedigheid wat jou op ’n Sondagnamiddag beetpak. Toemaar, jy’s nie alleen nie. Almal van ons wens dit kan eerder weer Saterdag wees – ons digters ook! Eben Genis lees gedigte voor oor Sondae.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
10 Julie
Resensie: “Twee Overzijden” (Yves T’Sjoen)
Resensent: Marlies Taljard

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Julie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Frederick Botha oor Seuns weet
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sarah Lotz oor How to kill a crime writer
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Elsa Winckler oor ’n Knippie moord
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sian Hughes oor No such thing as Monday
Twee boeke bring vergete geskiedenis na vore:
- Anne Marais resenseer In search of Nongqawuse deur Treive Nicholas
- Retha Kotzé resenseer I must betray you deur Ruta Sepetys
Resensie: Tina Swiegers resenseer Hollywood on the Veld deur Ted Botha
2 boeke: ’n Tydsreis, ’n misdaadraaisel speel af in Tokio-kafees
- Tina Swiegers resenseer Before we forget kindness deur Toshikazu Kawaguchi
- Jannes Erasmus resenseer Murder at the Black Cat Café deur Seishi Yokomizo
Uittreksel: Bethulie, my lewe in die kamp deur Rensche van der Walt

