LitNet Akademies-resensie-essay: Ek is nie Danie deur Danie Marais

“Dit is asof die gedigte wat uit die oeuvre gelig is, sekere aspekte van Marais se digkuns uitlig, asof die ribbes van sy poësie hier blootgelê word. En om my metafore nog verder te meng: Dit is asof die sop afgekook is en kragtiger geword het, asof die gedigte ’n groter intensiteit en skerper byt kry in hierdie nuwe konteks.”