Die Serwiër: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

“Ek dink die meeste mense onderskat die bedreiging wat hierdie misdaadwêreld vir Suid-Afrika se demokrasie inhou. As ’n oorhoofse tema wou ek hierdie ineenstrengeling van misdaad, wetstoepassing en politiek in Die Serwiër op ’n onderhoudende manier weergee, asook die leefwêrelde van die rolspelers wat daarby betrokke is.”