Steierwerk deur Johan Myburg – digter verwoord "Weimar-moment" in hoogtepunt van die digkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

“Steierwerk, ’n bundel van 71 eietydse sonette, deur Johan Myburg, is ’n hoogtepunt van digkunsprestasie in Afrikaans van die afgelope etlike dekades. Dit is ’n prestasie wat iets van die destydse Weimar-republiek se tragiese kunshoogtepunte dra: Dit is uitstygend, nie ondanks nie, maar as gevolg van verval op ongeëwenaarde hoop.”