
Geskep vir meer
Johan Botha
Bybel Media
ISBN: SKU: 9781991234353
Johan Botha praat met Naomi Meyer oor sy boek Geskep vir meer, wat pas by Bybel Media verskyn het.
Johan, wat is jou agtergrond?
Ek is ’n skrywer, lewensafrigter en entrepreneur van Bloemfontein. Vir baie jare werk ek met mense wat worstel met hul identiteit, selfbeeld, emosionele seer en die vraag: Wie is ek werklik? My passie is om mense te help om hul waarde en identiteit in God te ontdek, sodat hulle vanuit daardie waarheid kan leef. Ek skryf gereeld vir tydskrifte en bied ook werkswinkels, praatjies en afrigtingsessies aan oor identiteit, doelgerigtheid en persoonlike groei.
Hoekom het jy hierdie boek geskryf – wat was jou inspirasie?
Geskep vir meer is gebore uit die besef dat baie mense deur die lewe gaan sonder om werklik te verstaan wie hulle is en waarvoor hulle geskep is. Ek het gesien hoe mense hul waarde probeer vind in prestasies, geld, verhoudings of die goedkeuring van ander, maar steeds leeg voel. Die boek is geskryf om lesers terug te neem na die waarheid: dat hul identiteit nie bepaal word deur hul verlede, mislukkings of omstandighede nie, maar deur wat God oor hulle sê.
Hoe het jy die publikasieproses ondervind?
Die publikasieproses was vir my ’n ongelooflike leerervaring. Dit het baie dissipline, deursettingsvermoë en geduld geverg. Daar was tye van positiewe energie wanneer nuwe hoofstukke voltooi is, maar ook uitdagings wanneer inhoud verfyn en herskryf moes word.
.........
Die publikasieproses was vir my ’n ongelooflike leerervaring. Dit het baie dissipline, deursettingsvermoë en geduld geverg. Daar was tye van positiewe energie wanneer nuwe hoofstukke voltooi is, maar ook uitdagings wanneer inhoud verfyn en herskryf moes word.
..........
Ek het egter die hele proses geniet, omdat ek geweet het die boodskap van die boek het die potensiaal om mense se lewens te raak en te verander. Om uiteindelik die boek in my hande te hou was ’n besondere en dankbare oomblik.
Wie is jou teikenmark en jou ideale leser?
Die boek is geskryf vir enige persoon wat ooit gevoel het asof daar meer in die lewe moet wees. Dit is vir mense wat sukkel met identiteit, selfbeeld, verwerping, teleurstelling of die gevoel dat hulle vasgevang is in hul omstandighede. My ideale leser is iemand wat ’n dieper verhouding met God verlang en wil ontdek wie hy of sy werklik is. Die boodskap spreek jong volwassenes, professionele mense, ouers en selfs mense in later lewensfases aan wat op soek is na nuwe betekenis en rigting.
Wat is jou gedagtes oor die Afrikaanse boekebedryf en watter boeke lees jy ook graag?
Ek glo die Afrikaanse boekebedryf is lewendig en vol talentvolle skrywers wat waardevolle stories en perspektiewe deel. Daar is ’n groeiende behoefte aan boeke wat mense inspireer, toerus en hoop gee. Afrikaanse lesers is lojaal en ondersteun graag plaaslike skrywers.
........
Ek glo die Afrikaanse boekebedryf is lewendig en vol talentvolle skrywers wat waardevolle stories en perspektiewe deel. Daar is ’n groeiende behoefte aan boeke wat mense inspireer, toerus en hoop gee. Afrikaanse lesers is lojaal en ondersteun graag plaaslike skrywers.
.........
Wat ek egter graag sal wil sien, is die ontstaan van boekfeeste/geleenthede op ’n groter skaal, wat die platform skep om die leser en skrywer direk by mekaar uit te bring.
Persoonlik geniet ek boeke oor persoonlike ontwikkeling, geloof, leierskap, sielkunde en menslike gedrag. Ek lees graag boeke wat mense help om hul potensiaal te ontdek, beter verhoudings te bou en met groter doelgerigtheid te leef.
Waar kan mense jou boek koop of bestel en wat kos dit?
Geskep vir meer kan by www.bybelmedia.org.za bestel word en kos R 150,00 (koerier uitgesluit). Vir meer inligting oor ander projekte, kursusse, besprekings vir praatjies en een tot een ontwikkelingsessies, kan ’n e-pos gestuur word na skrywersinfo@gmail.com.
Lees ook:
Alternatiewe Afrikaner-odyssey deur Ivan Kruger: ’n onderhoud

