Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Augustus

RESENSIE | ‘Second shot’ ’n heerlike, lawwe moord-affêre
Ilza Roggeband resenseer A second shot deur Tom Eaton

RESENSIE | ‘Bethulie’ herinner wat ons tot elke prys moet probeer verhoed
Gert van der Westhuizen resenseer Bethulie: My lewe in die kamp deur Rensche van der Walt

RESENSIE | ‘Witbors’ ’n kragtige, aangrypende verhaal
Jannes Erasmus resenseer Wat die witbors wou sê deur Elmarie Dercksen

17 Augustus

BOEKEVAT | Olimpiese lourier vir ’n Afrikaanse digter
’n Rubriek deur Jean Meiring

RESENSIE | ‘Cathedrals’ bevestig Piñeiro se status as skrywer
Sonja van der Westhuizen resenseer Cathedrals deur Claudia Pineiro

RESENSIE | Sekere spinnekoppe verdien nie vryheid
Willemien Aukema resenseer Jagspinnekop deur Erla Diedericks

RESENSIE | ‘Memoriam’ ’n herinneringsdaad en lewensviering
Alwyn Roux resenseer In memoriam: Johann de Lange deur Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge

24 Augustus

RESENSIE | ‘Soetroos’ ’n waarlik knap debuut
Jonathan Amid resenseer Soetroos van Saron deur Theolla Langenhoven

RESENSIE | Filmiese riller wat verdien om wyd gelees te word
Ilza Roggeband resenseer Donkerhart deur Henda Olivier

RESENSIE | ‘Mad Mabel’ roman om in een sitting te verslind
Joan Hambidge resenseer Mad Mabel deur Sally Hepworth

RESENSIE | ‘Van man tot man’ ’n fassinerende tydsdokument
Marni Bonthuys resenseer Van man tot man deur Olive Schreiner

31 Augustus

BOEKEVAT | Wanneer Afrikaans se versmakers soos haaie na boudvleise hap
’n Rubriek deur Jean Meiring

NUUT OP DIE RAK | September se lees-oes bring iets van als

RESENSIE | Om op reis deur Afrika tuis te kom
Jo Prins resenseer Waar die teerpad ophou deur Jean Cooper

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

Gunsteling deur Keith Juluka: ’n lesersindruk

Wat lê opgesluit in nommers? ’n Lesersindruk van Elsabé Welman se Verdagte 504

Verdagte 504 deur Elsabé Welman: ’n lesersindruk

Murder in Orania deur Onyeka Nwelue: ’n resensie

Bostaal – taal binne ’n taal deur Kriek van der Merwe: ’n resensie

Die wonderwerk van Morné se lied deur Yolandie: ’n lesersindruk

Donkerhart breek nuwe grond vir krimis: ’n lesersindruk

Soetroos van Saron deur Theolla Langenhoven: ’n resensie

Die Serwiër deur Carel van der Merwe: ’n resensie

Gesondheid uit die natuur se apteek deur Chris Pitzer: ’n lesersindruk

Belowe my deur El Bester: ’n resensie

In ’n oomblik deur Elsa Winckler: ’n resensie

Wanneer jy sing deur Louise van der Merwe: ’n resensie

Wie of wat is werklik? ’n Lesersindruk van Erla Diedericks se Jagspinnekop

Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: ’n resensie

Ervaring, verbeelding en politieke oordeel: by die lees van Max du Preez se Aanstap Boere

Jagspinnekop deur Erla Diedericks: ’n lesersindruk

Translating Swiss theatre in apartheid South Africa deur Paula Fourie: ’n gesprek met haar suster

Die lewe is nie ’n resepteboek nie: Zelda Bezuidenhout gesels met Gerrit Rautenbach oor haar woordewêreld.

Wat die witbors wou sê: ’n onderhoud met Elmarié Dercksen

Van Oekraïne tot Iran: ’n onderhoud met Evert Buurman

Staan op vir die Six: ’n onderhoud met Celeste Slabber-Loriston

Padkos en Padlangs: ’n onderhoud met Yolandi Claassens

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Augustus in Rapport verskyn:

2 Augustus

Resensie: ’n Bundel oor asem, geduldig gebeitel en getimmer
Valda Jansen resenseer tussen asem deur Hannes Visser

Resensie: Plig lê langs verset in Booker-pryswenner se nuwe roman
Jannes Erasmus resenseer John of John deur Douglas Stuart

Resensie: As ’n vrou op 60 skielik by ’n kruispad staan
Trisa Hugo resenseer Die vrou met nege lewens deur Debbie Loots

9 Augustus

Resensie: Bloedjong kêrel skryf ’n swiepende saga – dis soos ’n TV-reeks vir vraatkyk
Deborah Steinmair resenseer Lázár deur Nelio Biedermann

Resensie: Kontrak van ’n knussie: Ek gee jou moord – en ’n veilige ruimte
Stefaans Coetzee resenseer Bloedbande deur Eleanor Baker as Alex Muller

Resensie: Klimaatfiksie: Dié futuristiese wêreld werk helaas nie
Magdel Vorster resenseer Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg

Resensie: ’n Mooi boek oor lelike dinge: Kamp-skrywe wys Boervroue se ontbering
Francois Smith resenseer Bethulie: My lewe in die kamp deur Rensche van der Walt

Uittreksel: Jonathan Jansen: ‘Onthou, selfs een van Jesus se dissipels was ’n drop-out’

16 Augustus

Resensie: ’n Geskeide vrou, ’n baba se geraamte – en die man sonder skoene
Mercia Coetzee resenseer Wat die witbors wou sê deur Elmarie Dercksen

Resensie: Kyk wat ons by Lina leer: Hier is ’n skatkis van tekste oor Spies
Herman Wasserman resenseer Onthou is die dag wat breek (Alwyn Roux en Neil Cochrane – reds)

Resensie: Robot of resensent? Wie skryf hier oor Raspoetin?
Willem Kempen skryf oor Rasputin and the downfall of the Romanovs deur Antony Beevor

Uittreksel: Die verskrikking van ’n verkragte kind: ‘Ek kon met niemand praat’

23 Augustus

Resensie: Luukse bederfies in ’n paleis van ’n huis – maar toe tref die trauma
Dianne Du Toit Albertze resenseer Soetroos van Saron deur Theolla Langenhoven

Resensie: Verse van vernuf: Humor, fatalisme, 9/11 en die man wat val
Louise Viljoen resenseer Vryval deur Pieter Hugo

Resensie: ’n Ode aan die dominees wat nié in die koerant beland
Clari Niemand resenseer Goeie genade, Grootseun! deur Barend Vos

30 Augustus

Boeke: Dié boekresensente benoem vir pryse

Resensie: Twee digters, een bottel brandewyn: Ode aan ’n medestryder
Deborah Steinmair resenseer In memoriam: Johann de Lange (Johan Lodewyk Marais en Joan Hambidge – reds)

Resensie: Vier manne met planne: Hier trek hart en rede tou
Trisa Hugo resenseer ’n Ierse knoop deur Elsa Winckler

Resensie: As jy daai spinnekop dophou – sonder om te sien wat agter jou is
Stefaans Coetzee resenseer Jagspinnekop deur Erla Diedericks

Uittreksel: SA se sigaretmafia: Vuil, aaklig en gevaarlik

Die volgende resensies en onderhoude het in Augustus onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

2 Augustus

Irma Joubert: ‘Ek gaan Rebekka se storie moet vertel’

“Taal is so ’n wonderlike ding. As iemand met jou Engels praat, dan praat hy met jou kop. Maar as iemand met jou Afrikaans praat, dan praat hy met jou hart.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/irma-joubert-ek-gaan-rebekka-se-storie-moet-vertel/

4 Augustus

Storietuin | Ben lees ‘Rillers’

Hou jy van rillerstories? Ben Barker (9) vertel in Storietuin wat hy van “Rillers: Omnibus 1” dink.

Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/storietuin-ben-lees-rillers/

5 Augustus

Luister | Só het ‘Grensloos’ op ’n lang pad deur Botswana begin

“Ek het net gedink: Dit kan nie toeval wees nie.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-so-het-grensloos-op-n-lang-pad-deur-botswana-begin/

10 Augustus

Hennie Aucamp, meester van die kwatryn

“Met sy beoefening van die kwatrynvorm is hy ’n belangrike skakel in die ketting van ’n literêre tradisie in Afrikaans,” skryf Daniel Hugo oor Hennie Aucamp.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/hennie-aucamp-meester-van-die-kwatryn/

16 Augustus

Boekoorsig | Olive Schreiner se ‘From Man to Man’ nou in Afrikaans

Olive Schreiner het in 1873 daaraan begin werk en langer as vier dekades aan die roman gewerk, maar dit nooit voltooi nie.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-olive-schreiner-se-from-man-to-man-nou-in-afrikaans/

19 Augustus

Boekoorsig | Dis nie nét tienerdrama nie …

Die karakters is jonk, maar verlies word nie oud nie. Ook nie skaamte, die behoefte om te behoort of die vrees dat daar meer van jou verwag word as wat jy kan hanteer nie.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-dis-nie-net-tienerdrama-nie/

20 Augustus

Boekoorsig | Stories as padkos vir die lewensreis

Die eerste saadjie vir dié stories is geplant toe Eugene Kemp die radio-omroeper Derrich Gardner in Mauritius ontmoet het.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-stories-as-padkos-vir-die-lewensreis/

21 Augustus

Luister | Hannes Barnard keer dat die wêreld ophou lag

“Partykeer is ek die enigste een wat vir my grappies lag, maar dit is vir my belangrik dat daar humor in my boeke is.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-hannes-barnard-keer-dat-die-wereld-ophou-lag/

22 Augustus

Luister | ‘Skadumeisie’: Oplaas bevryding ná jare van seer

Anita vertel in die boek ook hoe sy as negejarige verkrag is en hoe sy die afskuwelike ontneming van haar onskuld vir jare alleen moes dra.

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/luister-skadumeisie-oplaas-bevryding-na-jare-van-seer/

‘Opreisfontein’ volg Afrikaans van plaashek tot plaashek

“Selfs sonder dat ’n mens die verhaal agter ’n naam ken, roep baie name reeds ’n bepaalde gevoelswaarde op.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/opreisfontein-volg-afrikaans-van-plaashek-tot-plaashek/

23 Augustus

Regskenner: Oscar Pistorius was skuldig, maar nie aan moord

Ná ses jaar se noukeurige bestudering van die Oscar Pistorius-hofrekord kom afgetrede advokaat Chris Marnewick SC tot ’n omstrede gevolgtrekking.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/regskenner-oscar-pistorius-was-skuldig-maar-nie-aan-moord/

26 Augustus

Storietuin | Samantha lees ‘Christelientjie’

Christelientjie bring sonskyn na die Grootrivier, maar wat dink die jong leser Samantha Ellis van die storie?

Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/storietuin-samantha-lees-christelientjie/

Kinderboek help Annie haar eie ‘ysbeer’ tem

Met “Silas en die ysbeer op Tafelberg” wou Annie Klopper kinders help om verlies te verstaan. Sy het nie verwag dat die verhaal haar ook sou dwing om die “ysbeer” uit haar kinderdae in die oë te kyk nie.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/kinderboek-help-annie-haar-eie-ysbeer-tem/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

21 Augustus

Klyn Akademie: Die kuborg in die Antroposeen
deur Cecilia Steynberg

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 5 Augustus

Anschen Conradie gesels oor vier nie-fiksie boeke wat sy kan aanbeveel: Graham Coetzer se Zama Zama, Ryan Blumenthal se Trace, Dominique Olivier se Lessons from loss en Bethulie: My lewe in die kamp deur Rensche van der Walt. Zirk van den Berg gesels oor sy nuwe roman, My skaduwee loop los. Johan Myburg praat oor die sogenaamde Booker Dozen, of langlys van 13 boeke wat vir die Bookerprys benoem is. Hy bespreek ook twee klassieke boeke – The sun also rises deur Ernest Hemingway, en JD Salinger se The catcher in the rye.

Woensdag 12 Augustus

Anschen Conradie gesels oor die wenners van die LAPA-jeugromankompetisie. (Fanie Viljoen se Die seun met die swaeltjie, Zelda Bezuidenhout se Die tusseninners, en Die fluisteraar deur Jacolet van den Bergh.) Sy vertel ook meer oor drie boeke vir jonger kinders: Hannes Barnard se Grapgat en die eerste twee boeke in die BOBBOB-reeks. Dis geskryf deur Marion Erskine en Heléne de Clercq. Ons herdenk ook die skrywer en filosoof Martin Versfeld se geboortedag 115 jaar gelede. In Johan Myburg se drie bydraes kan jy meer uitvind oor die bibliotekaris van die beroemde Bodlian-biblioteek in Oxford. Hy vertel ook van Wang Jibing, ’n Chinese kos-afleweraar wat met ’n groot Chinese letterkundeprys bekroon is, en May we feed the king deur Rebecca Perry, wat aangewys is as die wenner van die Waterstones debuutprys vir fiksie.

Woensdag 17 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Daniëlla van Heerden oor haar bundel onderhoude met ma’s, Die hart van ’n ma. Johan Myburg bring hulde aan die Iranese vroueskrywer, Shahrnush Parsipur, en vertel meer oor Tom Stoppard se nalatenskap. Hy het ook nuus oor ’n hele klomp nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers waarna jy in die res van die jaar kan uitsien. Jy kan ook luister na ’n 1995-onderhoud met wyle Jeanne Goosen. Sy is vandeesweek 88 jaar gelede gebore.

Woensdag 19 Augustus

Carel van der Merwe is bekend as bekroonde skrywer van nie-fiksie. Hy gesels oor sy loopbaan en Die Serwiër, ’n spanningsroman uit sy pen. Ons kyk na die finaliste vir die gesogte KykNET/Rapport-boekpryse. Johan Myburg het heelwat nuus uit die internasionale boekewêreld. Uit Australië is daar nuus oor Fierceland, die wenner van die Miles Franklin-prys, asook die boeke op die kortlys vir die Australiese eerste minister se literêre toekennings. Johan vertel meer oor Exit Party, ’n nuwe distopiese roman uit die pen van Emily St. John Mandel, ’n Kanadese skrywer, en ’n nuwe roman uit die pen van William Boyd. En vir aanhangers van spekulatiewe fiksie het Johan nuus oor EJ Swift se When there are wolves again, wat aangewys is as die wenner van die Arthur C Clarke-prys vir wetenskapsfiksie. Annemarie van der Walt, die organiseerder van die jaarlikse Innibos-boekenaweek op Kaapschehoop, vertel meer oor hierdie heerlike fees wat van 28-30 Augustus plaasvind.

Woensdag 26 Augustus

Elmarie Dercksen gesels oor haar tweede roman, Wat die witbors wou sê. Johan Myburg het nuus oor internasionale boeke, soos Dream count van Chimamanda Ngozi Adichie, Rachel Cusk se nuwe roman Life of M, The School of Night van Karl Ove Knausgård, en Discontent van Beatriz Serrano. Hy vertel ook meer oor die onlangse verering van Ann Patchet, en jy kan hoor wat – volgens haar – boeke laat verkoop. As jy in die Noord-Kaap en omstreke woon en graag ’n gratis skryfskool wil bywoon, moet jy nie Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting se insetsel misloop nie.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 4 Augustus

’n Huldigingsbundel ter ere van die digter Lina Spies het onlangs by Naledi Uitgewers verskyn. Sophia van Taak praat met Alwyn Roux, een van die samestellers en redakteurs van Onthou is die dag wat breek, oor Spies se digterlike nalatenskap, en hoe haar stem vandag steeds relevant is, en jong digters daarmee in gesprek tree.

Dinsdag 11 Augustus

’n Mediese ondersoek is selde net ’n ondersoek van die liggaam. Dit is ook ’n ondersoek van die gees. Dit vra iets van ’n mens se moed, jou geduld en jou vermoë om met onsekerheid saam te leef. Digters het nog altyd hierdie oomblikke probeer vasvang – die weerloosheid van ’n liggaam wat nie meer heeltemal gehoorsaam is nie; die vreemde taal van mediese terme; die menslike behoefte om sin te maak van lyding… Maar hulle skryf ook oor die humor wat, selfs in ’n spreekkamer, kan opduik. Carel Nel en Erica Wessels doen voorlesings van gedigte oor mediese mankemente.

Dinsdag 18 Augustus

Dit is seker een van die moeilikste gedagtes waarmee ’n mens gekonfronteer kan word – dat daar sekere dinge is wat eenvoudig buite jou beheer is. Jy kan byvoorbeeld sommige siektes probeer voorkom deur gesond te eet, meer te oefen en minder te stres. Maar partykeer skuil ’n gróót siekte in jou gene, en maak nie saak wát jy doen nie, dit sal op ’n dag maar net sy verskyning maak. Hierdie soort kwale raak selde net die een wat dit dra. Dit sprei sy skaduwee ook oor geliefdes en vriende. Ons luister na gedigte wat dié rimpels van ’n mediese uitdaging beskryf. Die voorlesers is Erica Wessels en Carel Nel.

Dinsdag 25 Augustus

Daar het onlangs ’n bloemlesing van die digter Danie Marais se werk verskyn. Die gedigte vir hierdie versameling, Ek is nie Danie, is só keurig gekies dat dit amper soos ’n lewensverhaal lees, waar elke gedig voortbou op die vorige. Sophia van Taak gesels met Marais oor sy baie persoonlike skryfstyl. Die gedigte is verhalend en soms humoristies of ironies, maar daaronder lê ernstige vrae oor identiteit, skuld, liefde en waar ’n mens behoort.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

3 Augustus

Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
Resensent: Dewald Koen

13 Augustus

Resensie: Steierwerk deur Johan Myburgh
Resensent: Marius Crous

24 Augustus

Resensie: “Habitus” (Kobus Kotzé)
Resensent: Dewald Koen

27 Augustus

Resensie: In memoriam, Johann de Lange (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)
Resensent: Dietloff van der Berg

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Augustus verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Erla Diedericks oor Jagspinnekop

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Mart-Marié Uys oor Afrikanerman

Resensie: Irma Steffens resenseer Vreemde vos deur Carel van Rooyen

Resensie: Irma Steffens resenseer Donkerhart deur Henda Olivier

Resensie: Marzanne Schoeman resenseer The dogs of Vivo deur Sven Axelrad

Resensie: Irma Steffens resenseer Enigma deur Rudie van Rensburg

Resensie: Antoinique van Staden resenseer Die vrou met nege lewens deur Debbie Loots

Uittreksel: Die huilende bruid & ander versinsels deur Dominique Botha

Uittreksel: Die oorkant deur Annemarié van Niekerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top