
Omslag van boek: verskaf en verskyn met toestemming
- Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer van die lesersindruk na LitNet gestuur.
Daar is talle vorms van terapie wat van breiterapie tot skryfterapie wissel. Skryfterapie word volgens sielkundige Hermann Liebenberg as een van die vyf top-terapieë ter wêreld beskou.
Yolandie (net bekend op haar voornaam), sangeres en bekende omroeper by die aanlyn radiostasie Vaal Stereo, se nuwe boek Die wonderwerk van Morné se lied gaan wat hierdie leser betref, oor beide skryf- en musiekterapie.
Dis nie ’n memoir of ’n outobiografie nie; dit gaan eerder oor lewenslesse. Die boek maak die leser nuuskieriger oor haar as mens.
Yolandie vertel hoe Morné, ’n goeie platoniese vriend saam met wie sy opgetree het, se musiek haar heel gemaak het.
Haar lewe was geen sprokie nie. Sy het vier miskrame en die hartseer van kinderloosheid, ’n egskeiding en ’n kaping en ontvoering beleef.
Maar musiek was vir haar genesend.
Die wonderwerk van Morné se lied word deur die uitgewer as ’n inspirerende verhaal oor musiek en as ’n kragtige medium vir selfontdekking, genesing en groei beskryf. Die skrywer deel ’n rou, egte reis van verlange, verliese en uiteindelike bevryding deur musiek, spesifiek ’n herontdekking van haar ou kitaar en die emosies wat sy lank weggebêre het.
........
Die wonderwerk van Morné se lied word deur die uitgewer as ’n inspirerende verhaal oor musiek en as ’n kragtige medium vir selfontdekking, genesing en groei beskryf. Die skrywer deel ’n rou, egte reis van verlange, verliese en uiteindelike bevryding deur musiek, spesifiek ’n herontdekking van haar ou kitaar en die emosies wat sy lank weggebêre het.
........
Die verhaal fokus op hoe kreatiwiteit, geloof in jou unieke roeping en eerlikheid oor wie jy werklik is ’n mens se lewe kan verander.
Dit lui voorts dat die ligter remix van die lied daardie vryheid en vreugde uitdra, ’n teken van iemand wat nie volmaak is nie, maar wel vrede gevind het.
Die boek wat dun is en maklik lees, is eerlik, emosiebelaaid, introspektief en vol hoop.
Vir hierdie gelowige skrywer was haar kitaar nog altyd ’n toevlugsoord. Haar musiek was lank stil, maar dit het later as ’n “reddingsboei” na haar teruggekeer toe sy dit die nodigste gehad het.
Dis duidelik dat sy ander wil inspireer om hul eie kreatiwiteit te ontdek of te herontdek. Net soos wat sy glo dat musiek haar gedurende moeilike tye gedra het toe sy nie meer kon nie en haar ’n tweede kans gegun het, kan ander ook moed hieruit skep. Dis ’n mensestorie. Luister na jou hart, is die boodskap.
Hoewel sy ’n debuutskrywer is, het Yolandie ’n skeppende streep met woorde.
Sinne wat vir my uitgestaan het, is die volgende: “Soms gee woorde nie genoeg dra vir pyn nie. Dis dan wanneer musiek oorneem.”
Hierdie liedjie het haar vlerke gegee en het vinnig tot die eerste plek op die plaaslike top-20-parade gestyg. En kort voor lank het dit op radiostasies regoor die land gespeel.
Sy het besef dat soms is die diepste klanke “dié wat nie gespeel word nie”.
Sy vertel ook hoe Morné se pa, eens ’n man wat elke instrument met ywer laat lewe kry het, “grys geword het van binnekant af”.
Sy skryf ook: “Op die ou end was dit musiek wat my lewe omraam het, nie net as agtergrondklank nie, maar as ’n lewende draad wat alles saamgeweef het.”
Sy is dikwels filosofies, soos met die woorde: “Ek het nie die liefde verlaat nie. Ek het net myself gaan haal.” En dat “drome soos klippe in die hart gaan lê het”.
Soos met baie mense die geval is, het sy besef die lewe gebeur nie altyd volgens handgeskrewe planne nie.
“Die natuur volg haar eie ritme, haar eie rede, selfs al verstaan ons dit nie in die oomblik nie.”
.......
Toe sy egter die verhoog saam met legendes kon deel, het sy nie net hul stemme gehoor nie, maar ook “die fluistering van daardie jong dogtertjie iewers tussen ’n skoolbank en ’n dagdroom wat altyd gewonder het of haar stem genoeg sou wees”.
Om haar eerste album op te neem was “soos om asem te haal bo die waterlyn”.
..........
Toe sy egter die verhoog saam met legendes kon deel, het sy nie net hul stemme gehoor nie, maar ook “die fluistering van daardie jong dogtertjie iewers tussen ’n skoolbank en ’n dagdroom wat altyd gewonder het of haar stem genoeg sou wees”.
Om haar eerste album op te neem was “soos om asem te haal bo die waterlyn”.
Navrae en besprekings: 060 299 7652 / yolandiemanagement@gmail.com
Facebook: Yolandie Amptelik
YouTube: @yolandie1974
Instagram: Yolandie Artist
TikTok: @yolandieartist


