Carla van der Spuy

Carla van der Spuy is ’n skrywer

Parlementpraatjies: ’n onderhoud met Pieter Mulder

Carla van der Spuy, Pieter Mulder Skrywersonderhoude 2026-03-26

"Suid-Afrikaners kom in die algemeen van persoon tot persoon goed met mekaar oor die weg, ongeag ras, taal of kultuur. Dit was voor 1994 my ervaring, asook daarna. Dit is ook hoe ek verhoudinge tussen individue van verskillende partye buite die parlementêre raadsale en komitees ervaar het."

Sarah plus een deur Kristel Loots: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2026-01-06

"Ouer vroue, wat die grootste persentasie van lesers uitmaak, sal alwetend glimlag oor die swaartekrag wat aan jou lyf kom hang, die brille en pille, die kwinte en kwale. Been there, done that. As jy nie daaroor kan huil nie, dan lag jy maar daaroor."

Wond deur Gerhard M Pietersen: ’n lesersindruk

Carla van der Spuy Lesersindrukke 2025-12-22

"Hy slaag goed daarin om die leser te laat besef presies hoe wyd trauma uitkring. Selfs die hondjie wat tydens die aanval onder sy skoonouers se bed gelê het, was getraumatiseer en kon daarna nie blaf nie."

Kaapsehoop-Natsteennaweek van nostalgie

Carla van der Spuy Boeke en skrywers 2025-10-07

"Luidrugtig en uitbundig. Dis hoe die joernaliste, oud-joernaliste en skrywers gedurende die Natsteennaweek op die skone Kaapsehoop gekuier het."

Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2025-08-27

"Die lewe is ’n asem lank. Laat elke sekonde tel."

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-07-09

"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."

Spanje. Reise in ’n palimpses deur André Pretorius: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-05-02

"Pretorius loop op agterpaadjies en onbekender weë waar die gewone toeris nie kom nie – selfs in die winter, en hy het dit selfs ook tydens Covid gedoen. Soms is hy betower deur wat hy raakloop, ander kere ontnugter deur verval en verwaarlosing. Hy skryf gepas oor '’n spieël van insig oor die nuwe Spanje wat beide deernisvol en genadeloos is'."

Mamba deur Pieter Henning: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-04-24

"Mamba is ’n spanningsroman met ingewikkelde intriges en ’n menigte invalshoeke wat jou hare behoorlik laat rys. Daar is talle avonture, maar ook sameswerende geheimsinnigheid en rugstekery. Die soektog na die slang raak lewensgevaarlik, selfs doodsveragtend."

Apartheidshuwelik blom nóg na 33 jaar, ’n onderhoud met skrywer Carla van der Spuy

Jannes Erasmus, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2025-03-31

"’n Huwelik met iemand van ’n ander kultuur kan jou wêreld groter maak en jou lewe verryk."

Dalk vandag deur Karel Prinsloo: bundelbekendstellingsverslag

Carla van der Spuy Boeke en skrywers 2025-03-17

"Dalk is vandag die laaste dag van jou lewe, selfs van die wêreld se bestaan. Hoe gaan jy dit dan hanteer?" Carla van der Spuy het die bekendstelling van Karel Prinsloo se digbundel, Dalk vandag, in Pretoria bygewoon.

Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-03-03

"Ware vriendskap gee nie om of jy arm of ryk is nie. ... Hierdie roman ondersoek die hart van ’n vrou wanneer sy op haar broosste is. En vriendskap van jou hartsvriendinne wat jou koester, soms reguit kan praat, maar jou altyd wil beskerm – selfs teen jouself."

Passie in Parys deur Tosca de Villiers: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-02-17

"Die storie begin tussen die lakens en daar word behoorlik gewoeker met die wellus van die lyf."

Die geskenk deur Riette Rust: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-07-12

"Riette verskaf deurleefde raad oor hartseer, veranderende rolle, skaamte, selfondersoek, skuldgevoelens, teisterende vrae, die stigma rondom selfdood, woede en later begrip."

 

Om ’n resensie te skryf: Is platvloers skryf dan die teenoorgestelde van "pretensieus"?

Carla van der Spuy SêNet-briewe 2024-06-18

"Daar is op Facebook en in die brieweblaaie gespot met resensente wat woorde soos 'funesties', 'lavranties' en 'hilaries' gebruik. Beskrywings waarvan ek soveel weet as ’n kat van saffraan."

Draaie, swaaie en afdwaalpaaie. Reisstories saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-06-12

"Alles is nie altyd room en kaviaar vir geesdriftige reisigers met sterre in hul oë nie. Soms het hulle ’n beskermengel nodig wat oortyd werk."

Top