Carla van der Spuy

Carla van der Spuy is ’n skrywer

Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-05-28

"Hierdie boek behoort wyd byval te vind. Nie net by ouers wat die ontsaglike verlies van ’n kind moes beleef het nie maar ook oor kinders grootmaak en die huwelik waar die ouers ’n sterk span vorm."

Blou bloed. Koninklike spore in Suid-Afrika deur Daniël Lötter: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-05-09

"Suid-Afrika was ’n gewilde toevlugsoord vir talle koninklikes wie se lewe nie altyd ’n sprokie was nie en van hul trone afgejaag is. Vir talle het politieke onrus in hul vaderland daartoe gelei dat ons land keer op keer vir hulle ’n veilige en gewilde bestemming geword het. Onder hulle was die sjah van Iran en die Joego-Slawiese koningsgesin."

Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-04-17

"Wat die meeste beïndruk, is hoe op aarde Gilroy, ’n sterk, gespierde Afrikaanssprekende man, dit oortuigend regkry om in ’n vrou se kop te klim. Dit moes moed en emosionele insig gekos het. En dan nog boonop iemand van ’n ander ras en kultuur as syne."

Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2023-10-10

"As jy wil ryk word, stig ’n kerk of sekte in Suid-Afrika, het ’n oortuigde ateïs onlangs teenoor my opgemerk. Wat ’n siniese opmerking, het ek gedink. Maar met die lees van hierdie boek besef jy dat sy stelling nie heeltemal onwaar is nie."

Dieper as drome: ’n onderhoud met Marko van der Colff

Carla van der Spuy, Marko van der Colff Boeke en skrywers 2023-09-14

"Ek was al in my laat sestigs toe die skryfgogga my eers behoorlik gebyt het. Ek was wel nog altyd ’n leesvraat. Om eerlik te wees, sal ek soos John Lennon destyds moet sê: “Life happens to you while you’re making other plans.” Ek het vroeër baie keer daaraan gedink, maar eers op 65 finaal besluit dis nóú of nooit! My nabymense weet darem al van toeka af dis op my emmerskoplys!"

Vuurvoël deur Elmarie Viljoen-Massyn: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2023-09-04

"Daar is al ’n paar keer deur lesers opgemerk dat hulle skaars kan glo dat dié ’n debuutroman is."

Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2022-07-10

"Hierdie boek toon weereens dat die stories oor kansvatters, booswigte en boereverneukers onder ons net eenvoudig veel lekkerder lees as verhale oor die vromes."

Boereverneuker of opreg? ’n Resensie van Die siener deur Yolanda Barnard-Lemmer

Carla van der Spuy Resensies 2022-06-21

"Daar is ook ander opspraakwekkende onthullings. So vertel Gerald dat hy een oggend ’n oproep van die voormalige presidentsvrou Elize Botha ontvang het."

Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2022-06-01

"Hierdie boek beskik oor al die elemente wat dit vir ’n blitsblaaier laat kwalifiseer. Geld, diamante, Krugerrande, seks, verraad, interessante karakters, verliefde mans en ’n grootskaalse geliegery."

Can we be safe? deur Ziyanda Stuurman: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2021-08-05

"Diegene wat meer intellektueel ingestel is, in politieke wetenskap belangstel en studente in hierdie rigting, behoort dit egter leersaam te vind."

Gangsters: ’n onderhoud met Carla van der Spuy

Naomi Meyer, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2021-03-05

"Die boek is nie ’n meningstuk nie. Dit is die mense se eie stories in hul eie woorde en hul eie taal. Anders is dit nie eg nie."

Hoe ouer hoe skerper

Carla van der Spuy Seminare en essays 2020-10-14

Ons samelewing aanbid graag by die altaar van jeug, maar ’n vervaldatum vir ouderdom hoort eintlik net op kos in die supermark, skryf Carla van der Spuy (69). Jy kan ’n jong genie of ’n ou meester wees.

Resensie: Afspraak met moord – in die kake van die Krugersdorp-kultus deur Jana Marx

Carla van der Spuy Resensies 2020-08-19

"Mens besef met die lees van die boek hoe gevaarlik en bisar dinge kan raak as dit onder die dekmantel van godsdiens plaasvind."

Adriana Francke help kinders sangdrome bewaarheid

Carla van der Spuy SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-06-10

"Adriana help met die stilering en vervoer, vervoer die kinders op haar eie koste heen en weer na opvoerings en het haar huis vir hul repetisies oopgestel. Dikwels moet sy haar sak skud, ten koste van haar eie familie en gesin se behoeftes, maar dit pla haar allermins."

Romantiese ontspanningsfiksie bly gewildste

Carla van der Spuy Boeke en skrywers 2020-04-16

"Die liefde is al met elektrisiteit, ’n weerligstraal, ’n donderslag en dronkenskap vergelyk. Jy verkeer in ’n toestand waarin elke sel van jou liggaam vir romanse oorgehaal word. Om ’n liefdesverhaal te lees, het glo dieselfde uitwerking." 

Top