Uitnodiging na die Neville Alexander-gedenklesing op 20 September in die Paarl

  • 0

Ons nooi jou graag na die luisterryke sesde Neville Alexander-gedenklesing op 20 September waartydens die skrywer Cliffordene Norton die rede sal voer. Op dié dag, boonop, word die drie wenners van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Het Jan Marais Nationale Fonds se Neville Alexander-prestige-eerbewyse van R30 000 elk ook vereer.

Heerlike spys en drank, vermaak, asook lewendige gesprekke is jou voorland tydens hierdie geleentheid wat vanjaar saamval met die 50ste bestaansjaar van die instelling. ’n Professionele opname van die dag sal later op ons YouTube-kanaal beskikbaar wees.

Besonderhede:
  • Datum: 20 September 2025
  • Plek: Historiumgebou te Pastorielaan 11, langs die Taalmuseum in die Paarl (nie by die monument op die berg nie)
  • Tyd: 9:30 vir 10:00
  • Duur: Tot 12:00 waarna ete bedien word
  • RSVP: Stefanie by kommunikasie@taalmuseum.co.za teen 2 September; bevestig wie saam met jou die geleentheid sal bywoon en of daar enige voedselvereistes is

Volgens Michael Jonas, ATM-direkteur, huldig die eerbewyse die onbesonge helde van Afrikaans en veeltaligheid terwyl dit ook diverse taalprojekte bevorder.

Vanjaar se keuses was die moeilikste ooit, want élke inskrywing, en daar was talle, het groot meriete gehad. Ons bedank almal wat benoem is vir hul onbaatsugtige werk om Afrikaans te bevorder; dit word nie misgekyk nie. Met die ATM wat boonop vanjaar 50 jare vier, is dit belangrik dat ons erkenning gee aan ons instelling en die wenners se positiewe bydraes om vooroordele asook onkunde rakende hierdie Afrikataal ongedaan te maak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top