Portale
Persverklaring en uitnodiging: Skryf in vir die ATKV se Crescendo-mentorskapprogram
2024-12-13Voornemende deelnemers aan die volgende Crescendo-projek het nog tot 31 Desember 2024 kans om in te skryf. Die ATKV-Crescendo nooi uit: "Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het."
Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50
2024-12-12"In ’n mens se lewe dui hierdie ouderdom op ’n middeljarigheid, op ’n stadig word, op die koms van mankoliekheid, en kruipende melankolie. Maar in die lewe van ’n monument is dit maar die eerste oogwink."
Persverklaring: Uitsonderlike gebeure sal Paarlse ikoon se 50ste vier
2024-12-12Dit gaan ’n jaar wees om te onthou! Só het Michael Jonas, die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), op Saterdag 30 November 2024 belowe tydens die vermaaklike bekendstelling van dié instelling se feesprogram vir 2025 wanneer beide entiteite 50 jare vier. Daarnaas is ’n nuwe webtuiste, logo en buiteluguitstalling onthul terwyl verskeie kunstenaars ook opgetree het.
Persverklaring: Die laaste maand vir inskrywings vir gedigte- en kortverhaalkompetisie het aangebreek
2024-12-11Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.
Persverklaring: ATKV-toneelaanbod in 2025 "magneties"!
2024-12-06Die ATKV se toneelaanbod is elke jaar verfrissend. Die toneelaanbod is nog ’n wyse waarop die ATKV belê in kreatiwiteit en verrykende stories wat gemeenskappe landswyd inspireer en bemagtig. Vanjaar bring die ATKV weer sy vier toneelprojekte na gehore onder ’n nuwe inspirasietema: "Magneties"!
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2024
2024-12-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden
2024-12-04"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."
Persverklaring: Vakatures – die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-12-04Aansoeke van belangstellende kundiges word tans ingewag vir die volgende vakante poste in die Taalkommissie. Aansoeke sluit op 15 Januarie 2025.
Peter Snyders (1939–)
2024-12-03"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid
2024-12-03ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop. Om die vyftigste verjaardag van die projek te vier, is twee optofgeleenthede op Vrydagaand die 29ste November en Saterdagaand die 30ste November 2024 by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch aangebied. Pierre van Niekerk het Vrydagaand gaan foto’s neem.
Persverklaring: Uitnodiging – Rondleiding deur Jan van der Merwe, samesteller van ’n Versameling afgediende muses
2024-11-27U word hartlik uitgenooi na ’n rondleiding deur Jan van der Merwe (ook die samesteller) van die kunsuitstalling, ’n Versameling afgediende muses deur Ruhan Janse van Vuuren en Bastiaan van Stenis, op Maandag 2 Desember 2024.
Persverklaring: ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie – Wes-Kaapse amateurkore kan nou inskryf
2024-11-27Die ATKV en die Suidoosterfees het weer goeie nuus vir amateurkore wat gemeenskappe in die Wes-Kaap se harte met hul stemme verower. Inskrywings vir die jaarlikse ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie is nou oop.
Persverklaring: Swart Vrydag-winskopies by die WAT – alles nou halfprys
2024-11-26Sorteer sommer nou al jou Kersgeskenke uit deur vir elkeen in die gesin sy eie unieke woord te borg vir slegs R50 per woord! Die WAT se 2024 Swart Vrydag-winskopies is tans oop en is geldig tot 5 Desember 2024.
PJ Philander (1921–2006)
2024-11-26"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde
2024-11-25Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.
Persverklaring | ATKV-Prestigetoekennings: "Op die skouers van reuse"
2024-11-22"Die Afrikaanse gemeenskap is ’n veeleisende minnares wie se waardering jy as ’n media-instelling deurlopend moet verdien." Só het Tim du Plessis Woensdagaand (20 November) in Johannesburg gesê by die ontvangs van die ATKV se Prestigetoekenning – dié organisasie se hoogste eerbewys. Die toekenning is by dieselfde geleentheid ook aan Marida Swanepoel, Coenie de Villiers en Diana Ferrus toegeken.
Persverklaring: Oproep om nominasies – Akademiepryse 2025
2024-11-22Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2025 vir toekenning oorweeg word.
Karyn Maughan sal nie gemuilband word nie: PEN Afrikaans se lesing oor persvryheid
2024-11-18"En vergeet van jou eie agenda, voeg sy by. Ons almal moes al ’n berig skryf oor iets waarmee ons nie saamstem nie. ’n Berig wat dalk jou grootste vyand se saak sal ondersteun. Soek net die waarheid."
WA Hickey (1909–1989)
2024-11-18"Ek is op my beste wanneer ek sonder kinkels en lang draaie reguit op die man af skryf. Met tierlantyntjies het ek nog altyd gesukkel." Lees meer oor WA Hickey se lewe en werk in die AKTV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-14"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
