Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 April
Boeke: Akteur David Viviers oor debuutroman se prys: ‘Dit was ’n totale skok’
3 April
Boeke: NB-Uitgewers slaan slag met vertalings van Afrikaanse boeke
7 April
Resensie: ’n Geloofsbrief in Afrikaans
Joan Hambidge resenseer Fair to bloody: ’n Blik op dr Petronella van Heerden (1887 – 1975) deur Johann Lodewyk Marais
Resensie: Beste debuut van die jaar?
Ilza Roggeband resenseer Confessions deur Catherine Airey
Resensie: ‘Klokkespeler’ beier bloedige vrees by lesers
Sonja van der Westhuizen resenseer Knal deur Bettina Wyngaard
Boeke: Skrywer Carina Stander kry borskanker-diagnose
AJ Opperman berig.
9 April
Boeke: Juliet Prowse se biografie oor haar dansende tannie bekend gestel
Elretha Britz berig.
10 April
Boeke: Kyk hoe ver het ons gekom: PEN Afrikaans kies beste kortverhaal en gedig
Boeke: Kortlys vir die Protea Boekhuisprys bekend gemaak
14 April
Resensie: Van blomme en ’n landmyn
Jonathan Amid resenseer A serial killer’s guide to marriage deur Asia Mackay
Resensie: Verhale wat jou sinne en sintuie oopmaak
Joan Hambidge resenseer The lucky ones deur Alistair Mackay
Resensie: ’n Laaste in Laeveld-trilogie
Anschen Conradie resenseer Waar die doringbome sing deur Elize Parker
Boekevat: Ignoreer sosiale media; lees eerder boeke
’n Rubriek deur Martin Laubscher
Profielonderhoud: Ryan Pedro se nuwe Prins daag idees oor manlikheid uit
Deur Kelly-Lee Ohlson
Sterfteberig: Mario Vargas Llosa sterf: Mees roemryke Peruaan van alle tye’
18 April
Profiel: ‘Ons eet heeltemal te veel vleis’
Murray La Vita in gesprek met James Collier
Kyk weer: Digter Ryan Pedro gesels oor sy nuutste bundel
Boeke: Schlesinger en die pionier-jare van flieks in SA
Deur Laetitia Pople
19 April
21 April
Uittreksel: ‘Mense is steeds baie beter as KI en masjiene’
Deur Sameer Rawjee
Boeke: Boeke op die program by Jeffreysbaai se Kunskoors-fees
22 April
Boeke: Studie oor SA se Nederlandstalige literatuur ontvang Van Ewijck-prys
Profielonderhoud: Toetsbordkrygers speel hoofrol in nuwe satiriese roman
AJ Opperman in gesprek met Paige Nick oor haar roman Book people
23 April
Wêreldboekedag: Die krag van ’n boek in ’n haastige wêreld
24 April
Boeke: 5 grotes in Afrikaans vanjaar in Hertzog-kryt
25 April
Boeke: Hertzogprys vir Venter se Decima wat ‘die dier self laat praat’
26 April
Boeke: By my lees: Philip Rademeyer
27 April
Boeke: Afrikaans100 ook aansporing vir omdigting van 100 Duitse verse in Afrikaans
28 April
Boeke: Hofdrama pure verbeelding, sê prokureur oor debuut
Elretha Britz gesels met Wilna Roux oor Die ooggetuie
30 April
Boeke: Cas Vos het ‘trane van dankbaarheid’ ná hy Andrew Murray-prys wen
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:
Pater Meus deur Mario Relandini, uit Italiaans vertaal deur Rina Cascione: ’n resensie
Vryheid in beperkings: ’n lesersindruk van Grenslyn deur Jana Fourie
Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang
Leesstof vir die skoolvakansie! Speurhond Willem in Japan: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende April in Rapport verskyn:
6 April
Resensie: Eg Suid-Afrikaanse riller is vinniger as ’n sluipmoordkoeël
Stefaans Coetzee resenseer Canary deur Onke Mazibuko
Resensie: Rudie se 15de sal aanhangers in sewende hemel sit
Jonathan Amid resenseer Leeumens deur Rudie van Rensburg
11 April
Luister: Hanlie Retief gesels met Rudie van Rensburg
13 April
Resensie: Die 52 dinge wat jy nié moet doen nie
Gielie Hoffman resenseer The not-to-do list: The surprisingly simple art of success deur Rolf Dobelli
Resensie: Deborah Steinmair: Die vrou wat vreesloos voortbeur om die wêreld veiliger te maak
Deborah Steinmair resenseer Knal deur Bettina Wyngaard
20 April
Resensie: Johann Kriegler: Hoëveld-Hollywood- Die man wat Joburg die kern van ‘movies’ wou maak
Johann Kriegler resenseer Hollywood on the veld deur Ted Botha
Resensie: Ook maar mens: Die paniek en gierigheid toe alle hel losbars in Pompeii
Trisa Hugo resenseer Die laaste dae deur Marié Heese
27 April
Resensie: In Spanje is lewe en dood groot pelle, skryf Joan Hambidge
Joan Hambidge resenseer Spanje deur André Pretorius
Resensie: Hier’s ek wraggies weer – met my rooi rok en ’n slimfoon voor jou deur
Mercia Coetzee resenseer Rebecca deur Wilna Adriaanse
Die volgende resensies en onderhoude het in April onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
5 April
Capitec wys sakesukses in SA ís moontlik
“Capitec se storie is ’n storie van hoop vir entrepreneurs wat in die huidige ekonomie ʼn sukses wil maak en iets wil bou, spesifiek vir dié wat geleenthede sien in ʼn krisis.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/capitec-wys-sakesukses-in-sa-is-moontlik/
13 April
Luister: Ma se ode aan seun met downsindroom
“Dit is ’n ode aan my seun, want hy is tien monumente op die dorpsplein werd.”
Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-ma-se-ode-aan-seun-met-downsindroom/
14 April
Breinlabirint – ʼn TV-reeks in boekvorm wat tieners laat raai
“Soms skrik ek vir my eie idees omdat baie daarvan nog nie gedoen is nie.”
Leserindruk | ‘Die goeie werker’ bied Bybelse blik op werk, roeping en kultuur
Wanneer werk gesien word as ’n roeping en diens, word dit ’n bron van geluk – nie omdat dit maklik is nie, maar omdat dit sinvol is.
18 April
Van Pilatus se vrou tot diensmeisies word stille getuies van Paasfees
“My skryfwerk is vir geestelike vreugde en verwondering.”
23 April
Koelbloedig | Langs outopsietafel word Blumenthal stem vir stilles
In dié bonusepisode van “Koelbloedig” gesels Mariska Nanni met prof. Ryan Blumenthal oor sy boek, Outopsietafel, die werklikheid waarmee ʼn forensiese patoloog in Suid-Afrika elke dag gekonfronteer word en die lesse wat die lewendes by die dooies kan leer.
Luister saam: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/koelbloedig-langs-outopsietafel-word-blumenthal-stem-vir-stilles/
28 April
Postume debuut ‘aanwins vir letterkunde’
Met ʼn tipiese vierkantige spoorweghuisie met die draadheining op die omslag, roep Wie weet wat mens nooit van weet nie? geskryf deur wyle Pieter van der Westhuizen, heelwat nostalgie uit die 1950’s en 1960’s op.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/postume-debuut-aanwins-vir-letterkunde/
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 2 April
Die program word gewy aan die bekroonde digter, skrywer en vertaler Johann de Lange, wat op 27 Maart 2025 oorlede is. De Lange was bekend as iemand wat die kollig vermy het, maar jy kan luister na ‘n 1994-argiefonderhoud waarin hy met Nic Swanepoel gesels oor sy eerste ses bundels. Daarna volg ‘n opname van ’n 2021-uitsending van Vers en klank, waarin Richard van der Westhuizen gedigte voorlees uit De Lange se bekroonde bundel Die meeste sterre is lankal dood, en sy bundel Duimnaelsketse.
Woensdag 9 April
Ilse Salzwedel gesels met Sandy Schoeman, wie se eerste twee boeke (Rooiletterkind en Chakalaka uit ’n blikkie) albei bekroon is. Jy kan ook uitvind watter boeke het die kortlys vir die baie gesogte letterkundige pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehaal. Johan Myburg gesels oor die kortlys van die 2025 Women’s Prize for Fiction, die 62ste Bologna-kinderboekskou en die kortlys van die 2025 Dublin-letterkundeprys. Hy het ook ‘n bydrae oor Heart of Darkness, die novelle van die Pools-Engelse skrywer, Joseph Conrad, wat onlangs in Afrikaans vertaal is deur Fransi Phillips. En jy kan ook uitvind wie die wenners is van die baie gesogte 2025 Windham-Campbell-pryse in Brittanje.
Woensdag 16 April
Voel jy skuldig oor al die stapels boeke op jou rakke wat jy nog nie gelees het nie? Ilse Salzwedel het goeie nuus daaroor in vandeesweek se Skrywers en Boeke.
Woensdag 23 April
Ter viering van Wêreldboekedag luister ons na ‘n 1995 dokumentêr oor die skrywer, Alba Bouwer, ’n vrou wat van baie Afrikaanse kinders lesers gemaak het. Sy was ook bekend as ’n radiopersoonlikheid, en die skrywer van Die afdraand van die dag is kil, ’n roman vir volwassenes. Johan Myburg vertel meer oor die lewe en werk van Mario Vargas Llosa, die Peruviaanse skrywer en Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor Vanishing World, ’n roman van die Japanse skrywer Sayaka Murata.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 1 April
Die digter, C. Louis Leipoldt, was ’n fassinerende, baie individualistiese en – in sommige se oë – selfs ’n eksentrieke man. In die eerste program in ’n reeks van vier oor hierdie groot figuur in die Afrikaanse letterkunde, is daar nie minder nie as drie voorlesers: De Klerk Oelofse, Nicole Holm én Anrich Herbst. Hulle lees gedigte voor uit Leipoldt se debuutbundel, Oom Gert vertel en Ander Gedigte.
Dinsdag 8 April
Sophia van Taak en die span voorlesers is by die tweede program in ’n reeks van vier oor die lewe en werk van die digter, joernalis, mediese dokter en koskenner, C. Louis Leipoldt. Daar is gedigte uit sy bundels, Dingaansdag, en Uit Drie Wêrelddele, soos voorgelees deur Nicole Holm, Anrich Herbst en De Klerk Oelofse.
Dinsdag 15 April
De Klerk Oelofse, Nicole Holm en Anrich Herbst lees in die derde program van ’n reeks van vier oor C. Louis Leipoldt, gedigte voor uit sy 1923-bundel, Uit drie wêrelddele.
Vrydag 18 April
Luister na gedigte deur onder meer WEG Louw, Isak de Villiers, Sheila Cussons en Ernst van Heerden. Die voorlesers is Johann Nel en Jana Kruger.
Dinsdag 22 April
Op Vers en Klank saam met Sophia van Taak kom die reeks oor die digter C Louis Leipoldt vanaand tot ’n einde. Maar: daar is nog heelwat lekkertes om na uit te sien! Die drie lesers – De Klerk Oelofse, Nicole Holm en Anrich Herbst – deel gedigte uit die laaste vier albums uit Leipoldt se pen, en ons luister ook na toonsettings van sy gedigte deur Gert Vlok Nel en Jannie du Toit.
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
3 April
Resensie: Strik deur Gerhard Barkhuizen
Resensent: Marlies Taljard
Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Maart verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Kristel Loots oor Vivaldi en Wasabi
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Paige Nick oor Book people
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Onke Mazibuko oor Canary
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Rudie van Rensburg oor Leeumens
Huldeblyk: Karien Labuschagne bring hulde aan Willie Labuschagne, skrywer van Of man and beast
5 Boeke: Vroue, magiese realisme, en die kind wat nooit gaan groot word nie
- Marzanne Schoeman resenseer The bookbinder of Jericho deur Pip Williams
- Sonja van der Westhuizen resenseer The bookshop woman deur Nanako Hanada en God’s Pocket deur Sven Axelrad
- Deidré Reinhardt resenseer The Christie affair deur Nina de Gramont
- Antoinique van Staden resenseer The illustrated child deur Polly Crosby
Resensies: 4 Boeke wat jou gaan laat wonder oor mense wat jy ken:
- Marguerite van Wyk resenseer Anatomy of a killer deur Romy Hausmann en Until August – The lost novel deur Gabriel García Márquez
- Irma Steffens resenseer The last one at the wedding deur Jason Rekulak
- Alida Vos resenseer The imposter deur Anna Wharton
Resensies: 8 Boeke ondersoek die donkerkant van die lewe
- Retha Kotzé resenseer A kiss after dying deur Ashok Banker
- Karien Labuschagne resenseer Bunny, E Tolsen, Girls of little hope deur Sam Beckbessinger en Dale Halvorsen, Unholy Murder deur Lynda La Plante en You like it darker deur Stephen King
- Irma Steffens resenseer Heir to the Fourth Reich deur Di Mier
- Marzanne Schoeman resenseer The fury deur Alex Michaelides
Resensie: Irma Steffens resenseer Knal deur Bettina Wyngaard
- Phyllis Green resenseer The Last drop deur Tim Smedley
- Retha Kotzé resenseer Watermeisie: Akwa se reis deur Marissa Badenhorst
- Helen Schöer resenseer There are rivers in the sky deur Elif Shafak
- Karien Labuschagne resenseer Thirst deur Giles Foden
- Marzanne Schoeman resenseer Water deur John Boyne