Leesstof vir die skoolvakansie! Speurhond Willem in Japan: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

“Willem is ’n goed-opgeleide speurhond wat lank diens gedoen het in die Internasionale Polisie. Hy praat en verstaan ’n hele paar tale, hy is ’n meester van verskeie soorte Oosterse gevegskuns, hy speel goed skaak (al verneuk hy soms bietjie) en hy kan Adriaan met sy wiskundehuiswerk help. Wie sou nie graag só ’n troeteldier wou hê nie?”