Portale

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024, hier is die finaliste

LitNet ATKV-Portaal 2024-08-27

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.

Persverklaring: Finaliste van 60ste ATKV-Tienertoneel bekend

LitNet ATKV-Portaal 2024-08-27

Die top-10-produksies word genooi na die nasionale Simbiose-finaal, wat tussen 23 en 28 September in die Kunstekaap-dramateater in Kaapstad plaasvind.

Jeanette Ferreira (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-08-20

"Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans." Lees meer oor Jeanette Ferreira in hierdie ATKV-skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche en nou volledig bygewerk.

Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag vir die twintigste keer gevier

LitNet ATKV-Portaal 2024-08-14

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.

Persverklaring: Nuwe hoof- uitvoerende beampte vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-08-13

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met genoeë aan dat Annelise de Vries vanaf 1 November 2024 die pos van hoof- uitvoerende beampte van die SAAWK sal beklee.

Persverklaring: Dertig jaar van geslagsgelykheid, waar staan ons nou?

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-08-08

Daar is ’n gesegde dat as jy wil weet hoe dit met ’n land gaan, kyk na die toestand van haar vroue. Ons herdenk hierdie jaar 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika en hoe lyk ons geslagsgelykheid nou? Amanda Gouws ondersoek hierdie vraag namens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2024

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-08-06

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: ATKV-Crescendo begelei nuwe stemme

LitNet Musiek 2024-07-25

Vir die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies kan die gehoor uitsien na ’n nostalgiese reis saam met Crescendo-legendes wat die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Dit vind op 16 Augustus plaas by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch. As deel van ATKV-Crescendo se vyftigste bestaansjaar, gaan voormalige Crescendo-wenners, Jak de Priester en Babette Viljoen, die verhoog met drie finaliste van 2024 deel.

Ingrid Jonker (1933–1965)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-07-24

"Die kunstenaar moet probeer om ’n groter publiek te bereik, moet in aanraking met die gemeenskap bly en haar werk moet nie 'te intellektueel' wees nie."

Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam

LitNet Musiek 2024-07-18

RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.

Persverklaring: "Wie en wat word in 2025 gevier?" vra Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-07-18

’n Taalgesprek in taalmaand oor taaljaar: Op die vooraand van die 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal in Suid-Afrika, nooi die Afrikaanse Taalmuseum en-monument  belangstellendes na ’n insiggewende taaldagbespreking op Vrydag, 16 Augustus 2024. Die interaktiewe, lewendige gesprek by die monument op Paarlberg sal boonop met ’n heerlike aansitete, ook gratis, afgerond word waartydens nog idees kuier-kuier uitgeruil kan word.

Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2024

LitNet Akademies en skole 2024-07-17

Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. 

Uitnodiging | Boekbekendstelling: So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk | 24 Julie 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-12

Die boekbekendstelling van So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk vind op 24 Julie by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria plaas. | Hierdie boek is geskryf vir alle mense wat geïnteresseerd is in die werkinge van die natuur. Die skrywer se vertellings is boeiend en uitdagend. So lok hy oud en jonk om saam te kom op Tarantukan se wonderlike verbeeldingsreise.

Persverklaring: Sewe nuwe vertalings deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun

PEN Afrikaans Boeke en skrywers 2024-07-11

’n Stewige lot suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds bring mee dat Afrikaanse boeke uit ’n wye verskeidenheid genres binnekort in onderskeidelik Duits, Engels, Frans, Pools en Sweeds te lees gaan wees.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2024

LitNet PEN Afrikaans 2024-07-09

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Gratis Arabiese Afrikaanse werkswinkels in Kaapstad op 27 Julie 2024 | Press release: Free Arabic Afrikaans workshops in Cape Town on 27 July 2024

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-07-05

Om die herlewing van Arabiese Afrikaans te versterk bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Historium Trust en Cape Family Research Forum twee gratis werkswinkels oor hierdie unieke skryftradisie in Kaapstad aan. | To strengthen the revival of Arabic Afrikaans, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM), Historium Trust and Cape Family Research Forum are offering two free workshops about this unique writing tradition in Cape Town.

PEN Afrikaans oor Media24 se beoogde herstrukturering en die sluiting van die gedrukte uitgawes van Rapport en Beeld

PEN Afrikaans Menings 2024-07-04

"Ons neem kennis dat verskeie sterk stemme teen die beoogde inkrimping opklink, insluitend dié van die voorsitters van Caxton en Capital Newspapers, wat meen dat ander opsies nié deur Media24 ondersoek is nie."

Taalkommissie-lesing 1: AWS en vaktaal

Jana Luther Seminare en essays 2024-06-25

Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor Afrikaanse vaktaal verskaf.

R350 vir die ATKV-skryfskool in Cradock én skouerskuur met skrywers

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-06-24

Om saam te vat: R350 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Persverklaring: Jan H Marais-prys 2024 – sluitingsdatum vir nominasies 24 Junie 2024

LitNet Akademies en skole 2024-06-14

Die Jan H Maraisprys verleen erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap om moontlike wenners voor te stel. Die sluitingsdatum vir nominasies is Maandag 24 Junie 2024.

Top