Portale

Inskrywings ingewag: persverklaring oor PEN Afrikaans en NATi se aanlyn kursus oor die skryf van teaterresensies

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-06-14

PEN Afrikaans se aanlyn kursusse het al ’n instelling op ons jaarprogram geword en dit is vir ons ’n voorreg en ’n plesier om vanjaar in vennootskap met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) ’n aanlyn kursus oor die resensering van teaterproduksies beskikbaar te maak. Hier is nog inligting.

Kyk hoe ver het ons gekom: ’n gedig- en kortverhaalkompetisie

PEN Afrikaans Skryfkompetisies 2024-06-06

Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë bedra R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2024

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-06-06

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

TK-lesing 1 (deel 2): AWS 1 tot 11 – ’n tydlyn

Fred Pheiffer Seminare en essays 2024-06-04

Aspekte van die normering van Afrikaans staan in wisselwerking met aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Elk van die Taalkommissies wat sedert 1917, ononderbroke, vir reeds 11 AWS’e verantwoordelik was, het hulle AWS in ’n veranderende wêreld opgestel. As deel van die eerste lesing in die Taalkommissie se onlangse reeks van vyf het Fred Pheiffer ’n kort oorsig van belangrike gebeurtenisse gegee wat op verskillende uitgawes van die AWS hulle tekens gelaat het.

TK-lesing 1 (deel 1): Geskiedenis van die Taalkommissie en die AWS

Jana Luther Seminare en essays 2024-06-04

In hierdie eerste uittreksel uit ’n reeks lesings wat die Taalkommissie in April en Mei 2024 aangebied het, belig Jana Luther kortliks die omstandighede wat tot die byeenroep van die eerste Taalkommissie en die publikasie, in 1917 en 1918, van die eerste twee uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) gelei het.

SV Petersen (1914–1987)

Erika Terblanche ATKV-Portaal 2024-06-03

"Ander mense sê ek is ’n digter, maar vir my gaan dit om die stryd – die stryd om die waardigheid van mense." Lees oor SV Petersen se lewe en werk.

Uitnodiging | Lesing 5: Die variëteite en algemene Afrikaans | 21 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-21

Die AWS is die normeringsbron vir die variëteit bekend as Standaardafrikaans. Maar waaruit word daar geput om hierdie variëteit te kodifiseer, en wat is die verhouding tussen hierdie variëteit en ander Afrikaanse variëteite? In die laaste seminaar in hierdie reeks sal hierdie en ander aanverwante kwessies deur Marius Swart bespreek word.

Uitnodiging | Lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie | 14 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-14

Dit het gebruiklik geword om in elke voorwoord van elke nuwe uitgawe van die AWS duidelik te maak wat die sienings en werkwyse van die Taalkommissies (TK) van elke uitgawe van die AWS was. In die tweede laaste lesing in die TK se eerste lesingreeks kom hierdie aspekte prakties aan bod. | Alle lesings vind virtueel plaas.

Uitnodiging: Weerskyn deur Alwyn Roux | Pretoria-boekbekendstelling, 16 Mei 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-13

Weerskyn deur Alwyn Roux: Protea Boekhuis en Aristata Boekwinkel Hatfield nooi u hartlik uit na die Pretoria-boekbekendstelling op 16 Mei 2024 by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Persverklaring: Oproep om referate – algemene simposium van die SA Akademie | Sperdatum 30 Junie 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-10

Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024 in Pretoria plaas en sal in ’n hibriede formaat aangebied word. Die tema vanjaar is: "Van isolasie na internasionalisering: Tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar".

Uitnodiging: Willie Burger bespreek Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging op 13 Junie 2024 by NALN in Bloemfontein

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-10

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN bied graag ’n praatjie aan deur Willie Burger, redakteur van Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging, op 13 Junie om 18:00.

Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-08

Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 31 Mei 2024 ingewag.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2024

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-05-06

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring | Die Afrikaanse Taalmonument: Wen R10 000 vir 'n monumentale logo!

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-05-02

Wen R10 000 vir 'n monumentale logo! En vertolk só geskiedkundige rol vir Taalmonument se 50ste. Soos Afrikaans self, is die monument ten nouste gewortel in die kontinent van Afrika, dus mag die inheemse kreatiwiteit vloei! Sperdatum is 31 Mei 2024.

Bettina Wyngaard (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-05-02

“Sosiale kommentaar is vir my ’n prioriteit in die literatuur. Dis soos om ’n spieël voor die mense te hou; dit daag die leser uit om sy idees en/of gedrag te verander.”

Uitnodiging: Afrikaans Amptelik 100 skop af op 8 Mei 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-04-30

Die SA Akademie skop eersdaags die Afrikaans Amptelik 100-eeufees af saam met al die ander ondersteuners van hierdie inisiatief. Die Afrikaanse taal kom van vêr af en ons begin by die begin. Hein Willemse bied, op uitnodiging van die Taalkommissie, ’n virtuele lesing oor die geskiedenis van Afrikaans aan.

Uitnodiging: Werkgemeenskap Potchefstroom – Suid Afrika se belangrikste verkiesing sedert 1994 (gasspreker: André Duvenhage)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-04-29

U word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Potchefstroom op Donderdag, 9 Mei 2024 om 17:00. Die byeenkoms word in hibriede formaat aangebied. 

Persverklaring: Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed!

LitNet ATKV-Portaal 2024-04-29

Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2024 ATKV-Woordveertjies is Maandag 3 Junie 2024.

Die ATKV-boeke-oase by Innibosfees 2024: ’n onderhoud met Sandra Jacobs en Annemarie van der Walt

Naomi Meyer, Sandra Jacobs, Annemarie van der Walt Feeste 2024-04-29

"Leon van Nierop se Droomjagter is in wording, en omdat hy ’n Laevelder is met noue bande met Innibos, is dit vir ons lekker om sy boek hier bekend te stel. Ons poog ook om die boekeaanbieding toeganglik vir feesgangers te maak. Danie du Toit van Spoegwolf gaan met Danie Marais oor sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, gesels. Dit beloof om lekker nuut en vars te wees."

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees

Naomi Meyer, JJ van Niekerk Suidoosterfees 2024-04-25

"Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater."

Top