Portale
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2024
2024-09-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Fanie Viljoen (1970–)
2024-09-11"Grootmense hou nie van vlieënde varke nie. Hulle hou van reëls en realiteit. Kinderboeke maak ’n mens se kop weer oop. Dit laat jou weer jonk dink." Lees oor Fanie Viljoen se lewe en werk.
Persverklaring: Taalmonument vier 49ste jaar met ’n dans
2024-09-09In die aanloop tot die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar, vier die vriendelike personeel haar 49ste verjaardag met ’n swierige dans op Saterdagaand, 12 Oktober 2024, waarheen een en almal genooi word. Die tema is "Denim en diamante" en Coolsounds Band sal die musiek optower om almal op hul tone te hou tussendeur die eet, drink en kuier.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud
2024-09-09Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."
Bekendstelling van ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal: toekomstige toneelsterre skitter binnekort
2024-09-09"Die Moederstad het verlede week haar beste voetjie voorgesit met ’n wolklose sonsondergang en nag behang met sterre toe die program van die ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal by Rooftop on Bree bekendgestel is. Die nasionale Simbiose-finaal vind van 23 tot 28 September in die Kunstekaap plaas, en daarna is die nasionale wenproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien."
Abraham H de Vries (1937–2024)
2024-08-28"Die Afrikaanse letterkunde is die lewenskragtigste affêre wat ek ken. Daar verskyn soveel boeke, soveel goeies, ek raak net hier en daar grond."
Persverklaring: Algemene simposium, Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024
2024-08-28Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon en die inskrywingsvorm te voltooi en om kennis te neem van die interessante program. Die tema vir vanjaar se simposium is: Van isolasie na internasionalisering, tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar.
VVA Ommietafelgesprek: Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?
2024-08-27"Al die gespreksgenote was dit eens dat Afrikaanse musiek ’n blink toekoms het en dat die taal in al sy vorme gevier en omarm moet word as ’n inklusiewe taal."
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024, hier is die finaliste
2024-08-27Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.
Persverklaring: Finaliste van 60ste ATKV-Tienertoneel bekend
2024-08-27Die top-10-produksies word genooi na die nasionale Simbiose-finaal, wat tussen 23 en 28 September in die Kunstekaap-dramateater in Kaapstad plaasvind.
Jeanette Ferreira (1954–)
2024-08-20"Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans." Lees meer oor Jeanette Ferreira in hierdie ATKV-skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche en nou volledig bygewerk.
Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag vir die twintigste keer gevier
2024-08-14Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.
Persverklaring: Nuwe hoof- uitvoerende beampte vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-08-13Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met genoeë aan dat Annelise de Vries vanaf 1 November 2024 die pos van hoof- uitvoerende beampte van die SAAWK sal beklee.
Persverklaring: Dertig jaar van geslagsgelykheid, waar staan ons nou?
2024-08-08Daar is ’n gesegde dat as jy wil weet hoe dit met ’n land gaan, kyk na die toestand van haar vroue. Ons herdenk hierdie jaar 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika en hoe lyk ons geslagsgelykheid nou? Amanda Gouws ondersoek hierdie vraag namens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2024
2024-08-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: ATKV-Crescendo begelei nuwe stemme
2024-07-25Vir die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies kan die gehoor uitsien na ’n nostalgiese reis saam met Crescendo-legendes wat die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Dit vind op 16 Augustus plaas by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch. As deel van ATKV-Crescendo se vyftigste bestaansjaar, gaan voormalige Crescendo-wenners, Jak de Priester en Babette Viljoen, die verhoog met drie finaliste van 2024 deel.
Ingrid Jonker (1933–1965)
2024-07-24"Die kunstenaar moet probeer om ’n groter publiek te bereik, moet in aanraking met die gemeenskap bly en haar werk moet nie 'te intellektueel' wees nie."
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam
2024-07-18RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.
Persverklaring: "Wie en wat word in 2025 gevier?" vra Taalmonument
2024-07-18’n Taalgesprek in taalmaand oor taaljaar: Op die vooraand van die 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal in Suid-Afrika, nooi die Afrikaanse Taalmuseum en-monument belangstellendes na ’n insiggewende taaldagbespreking op Vrydag, 16 Augustus 2024. Die interaktiewe, lewendige gesprek by die monument op Paarlberg sal boonop met ’n heerlike aansitete, ook gratis, afgerond word waartydens nog idees kuier-kuier uitgeruil kan word.
Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2024
2024-07-17Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde.
