Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Desember
Boeke: ‘Niemand behoort te voel hulle moet heeltyd veerkragtig wees nie’
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir November
Resensie: Jeugroman met baie pitkos
Ilza Roggeband resenseer Bravo! Charlie deur Jacolet van den Berg
Resensie: Die lewe is net ’n asem lank
Sonja van der Westhuizen resenseer Our london lives deur Christine Dwyer Hickey
Resensie: Pretoria se pers van onthou bekoor leser
Francois Bekker resenseer Pretoria stories, saamgestel deur Pieter Swanepoel
3 Desember
Boeke: Dis ek, Anna betree 25ste oplaag
4 Desember
Boeke: Watter skrywers gaan vanjaar die SA-Boekpryse wen?
By my lees: Helene de Kock
’n Nuwe boekrubriek waarin skrywers en boekmense oor hul leeservarings gesels.
9 Desember
Resensie: Verhaal van ma’s en dogters
Anschen Conradie resenseer Haas en Harriet deur Susan Coetzer
Resensie: Memoires klaaglied van eerlike selfveragting
Dee Krüger resenseer From here to the great unknown deur Lisa Marie Presley en Riley Keough
Boekevat: Boeke kan soms tot kwaaivriendskap lei
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Lieflike ‘stukkie letterkunde’
Clari Niemand resenseer Wie weet wat mens nooit van weet nie? deur Pieter van der Westhuizen
Uittreksel: ‘Pasop vir dié prikkelende afgryslikheid’
10 Desember
By my lees: Cliffordene Norton
13 Desember
Annelie Botes groet: ‘Moenie my probeer troos nie’
Boeke: Akteur en digter wen die Ingrid Jonker: L’Art Poétique-digprys
15 Desember
Boeke: Bekroonde digter wil op kinders fokus in debuutroman
Oor Lynthia Julius se debuutroman.
16 Desember
Riet de Jong-Goossens, ‘intertalige’ vertaler, heen in haar slaap
17 Desember
Rus sag, Riet-nooitalleen in jou Roerkuil...
Riana Scheepers bring hulde aan Riet de Jong-Goossens
18 Desembber
By my lees: Erla-Mari Diedericks
19 Desember
Bosberg-skryfprogram: Deelnemers vir 2025 bekend
20 Desember
Profielonderhoud: ‘Moenie wegkyk van die donkerte en leegte nie’
Murray La Vita in gesprek met Robert Vosloo
21 Desember
Inskrywings vir PEN Afrikaans se Kyk hoe ver het ons gekom-skryfkompetisies sluit binnekort
23 Desember
’n Kersmaal van boeke op die tafel
24 Desember
Boeke: Pretoria FM-omroeper se 2de roman in Januarie op die rakke
25 Desember
30 Desember
Resensie: Booker-wenner skep ’n uitdagende ruimte
Loftus Marais bespreek Orbital deur Samantha Harvey
Resensie: ’n Eg hardgebakte noir-riller
Neil van Heerden resenseer Now you suffer deur Gareth Crocker
Boekevat: Die keuse tussen die boek of die rolprent
’n Rubriek deur Jo Prins
Resensie: Essays in die kleine betower
Francois Bekker resenseer Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann
31 Desember
Boeke: Nuwe en bekende skrywers lewer goeie oesjaar vir Afrikaans
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie
Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk: ’n lesersindruk
Vinjette in tyd: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck: ’n resensie
In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is
Bloedbroers: na die slagveld van Smokeshell en terug deur Deon Lamprecht: ’n resensie
One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie
Onsigbares en gelukkige eindes: ’n gesprek tussen PJO Jonker en Hennie Aucamp
Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Hierdie is ’n boek oor monsters: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
In conversation with Siphiwe Gloria Ndlovu about The creation of half-broken people
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n onderhoud
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Desember
8 Desember
PEN Afrikaans essay: Jolyn Phillips – “Tussen ’n brood en ’n boek”
Resensie: Die keiser se duim deur Chris Karsten (resensent: Stefaans Coetzee)
15 Desember
Resensie: The queer book of revelation deur Siya Khumalo (resensent: Jaco Barnard-Naudé)
Resensie: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander (resensent: Elzette Steenkamp)
22 Desember
Resensie: Sel ses deur Stefaans Coetzee (resensent: Fanie Olivier)
Resensie: Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom (resensent: Francois Williams)
Resensie: Die grap van die huwelik deur Timothy Kieswetter (resensent: Annelise Erasmus)
Die volgende resensies en onderhoude het in Desember onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
5 Desember
Jorsie die worsie se avonture, polisiehonddroom
Kinders hoor graag stories oor hul vierpotige helde, en hierdie boeke behoort hulle gedurende die Desembervakansie behoorlik besig te hou.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jorsie-die-worsie-se-avonture-polisiehonddroom/
9 Desember
Jeugstorie gee stem aan gemeenskap se goedheid
“Die storie raak aan verskeie aktuele kwessies, soos gemeenskapsondersteuning in ʼn stad, tienerkrisisse, tegnologie en restourasie en herwinning.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jeugstorie-gee-stem-aan-gemeenskap-se-goedheid/
9 Desember
Dienspligstaaltjies in ‘Troep’ opgeteken
“Die boek het my diep geraak, maar ek is so verlig ek het dit gedoen en so verlig dat dit betyds gebeur het.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/dienspligstaaltjies-in-troep-opgeteken/
18 Desember
Eerste SA gebore vrouedokter gedenk
“Sy was ʼn vrysinnige gees wat nie geskroom het om kritiese gesprekke gedurende ʼn tyd van politieke woelinge en ‘lojale verset’ te voer nie.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/eerste-sa-gebore-vrouedokter-gedenk/
23 Desember
Zelda Bezuidenhout skryf raak met ‘Quinn se jaar van kwik’
“As jong lesers iets daaruit kan haal wat hulle kan help om so ʼn bietjie meer straatwys te wees, dan is ek besig om te wen.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/zelda-bezuidenhout-skryf-raak-met-quinn-se-jaar-van-kwik/
27 Desember
Hoenders kraai koning in Roosville
Wie sou kon raai dat hoenders deel van ʼn naelbytervaring vir kinders kon wees?
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/hoenders-kraai-koning-in-roosville/
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
6 Desember
Kerneels Breytenbach: Saamskryf is soos ’n gedwonge huwelik (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Om agter die kap van byltjies te kom (vryeweekblad.com)
13 Desember
Deborah Steinmair: Esther Mahlangu lag in haar hart terwyl sy werk (vryeweekblad.com)
Mercia S Burger: Boekbefok elke liewe dag van die jaar (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Die kaalvoet-Contessa se sprokieslewe (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Troebel psige en perde in pakkende debuut (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Blink bakens in 2024 se leeslandskap (vryeweekblad.com)
20 Desember
Deborah Steinmair: Misdaad het weer hoogty gevier in 2024 (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Afrikaanse kinderboeke vir die Kerskous (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: ’n Kerslys om jou leeslus te prikkel (vryeweekblad.com)
Eckhard Cloete: ‘Naam Van Dier Dorp’: Soos ’n koel voorhuis op ’n somerdag ná ’n warm motorrit (vryeweekblad.com)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 4 Desember
Ilse Salzwedel praat met Susan Coetzer oor haar nuwe lekkerlees-roman, Haas en Harriet. AJ Opperman vertel meer oor Nathan Trantraal. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die National Book Awards van die VSA, en gesels oor ’n klompie nuwe internasionale boeke vir jou boekrak. Hy vertel ook hoekom ’n bekende internasionale uitgewer besluit het om van sy boeke beskikbaar te stel vir gebruik deur kunsmatige intelligensie-webwerwe.
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Breyten Breytenbach
Luister na uittreksels uit twee Vers en Klank-programme, wat deur wyle Margot Luyt saamgestel is. In die eerste een, wat in 2015 uitgesaai is, gesels sy met Breyten oor sy tien gunsteling Afrikaanse gedigte, wat hy ook voorlees. In die tweede Vers en Klank lees Dawid Minnaar van Breyten se gedigte voor. Daar is ook ‘n argiefopname waar Breyten van sy eie gedigte voorlees.
Woensdag 11 Desember
Ilse Salzwedel praat met PJO Jonker oor sy debuutroman, Die onsigbare. Nadine Petrick (LAPA) en Helené Coetzee (Pan MacMillan) gesels oor oulike kinder- en jeugboeke wat hulle aanbeveel vir Kersgeskenke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor Trevor Noah se nuwe kinderboek, Into the uncut grass. Johan Myburg gesels oor die eerste wenner van Wits se Achmat Dangor-prys, en Yang Shuang-zi se roman, Taiwan travelogue, wat aangewys is as die wenner van die National Book Awards se prys vir vertaalde boeke. Hy vertel ook meer oor ’n versamelbundel van Refaat Alareer se prosa en poësie, wat onder die titel, If I must die, verskyn het, presies ’n jaar ná dié Palestynse digter en akademikus se dood in ’n Israelse lugaanval.
Woensdag 18 Desember
Kind van die Kammanassie is ’n huldeblyk aan topverkoperskrywer Annelie Botes – soms omstrede, maar ook een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Ilse Salzwedel gesels met haar eerste uitgewer, Hettie Scholtz, en Melt Myburg, haar uitgewer van die laaste 12 jaar. Digter, skrywer en joernalis Selwyn Millborrow en Marion Erskine (skrywer en wenner van RSG se 2025-radiodramakompetisie) deel ook herinneringe aan hulle mentor. Jy kan luister na uittreksels uit vier onderhoude wat tussen 1999 en 2017 met Annelie gevoer is. (Gerda Coetzee oor Trippelsewe); Daniel Hugo en Danie Botha (Raaiselkind); Christelle Webb-Joubert (Sabbatsreis en Trousseaukis) en Magdaleen Kruger (Swart op Wit).
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Annelie Botes
Ontspan met drie van Annelie Botes se kortverhale en twee rubrieke, soos oor die jare voorgelees in Kortom. Die volgende kortverhale kom uit haar bundel Trousseaukis, voorgelees deur Martelize Kolver; “Huis op die maan”, voorgelees deur Anna-Mart van der Merwe; “Skrif aan die muur”, voorgelees deur Jana Kruger; Riëlle Heine lees twee rubrieke “’n Lys van troumanne” en “’ ’n Verpligte vak” (uit die bundel Voetstoots).
Woensdag 25 Desember
Ervaar die warmte van Kersfees met ’n spesiale uitsending. Laat jou inspireer deur die stories, gedigte en musiek wat Ilse Salzwedel en Johan Myburg uitgesoek het. Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se “Kersliedjie”, en beleef Abraham de Vries se verhaal, “Kerssang by Pitlamplig”, ’n roerende blik op ’n Klein Karoo-Kersaand. Donald W Riekert se gedigte “Kersfees” en “Kersfees in Ouetehuis” bied ’n ander blik op Kerstyd. Elize Bosch se ware verhaal “Kerssprokie van ’n Stadskind” herinner ons aan hoop en liefde, en word voorgelees deur Elsje van Jaarsveld. Chris van Wyk se “Snakes en Ladders vir Krismis” sorg vir ’n stukkie nostalgie.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 3 Desember
Cas Vos het vroeër vanjaar weer ’n digbundel die lig laat sien. Dié een se naam is Wisselende stemminge. Daarin dig hy, onder meer, oor die toestand van menswees, musikante, ánder digters en die liefde. Johann Nel is die voorleser.
Dinsdag 10 Desember
Is dit vir jou ook so vermaaklik om mense te kyk? Om vreemdelinge op straat of in ’n restaurant dop te hou, en dan vir hulle ’n storie uit te dink – ’n lewe, ’n werk, ’n blyplek… Susanne Beyers lees gedigte voor oor sulke karakters wat ons digters se verbeelding aangegryp het.
Dinsdag 17 Desember
Joanie Combrink neem ons op ’n heerlike ontvlugting na ’n hele klomp seevakansiedorpe langs die kus.
Dinsdag 24 Desember
Heelwat Afrikaanse digters weet hoe dit voel om oorsee in die vreemde te sit en ‘n bietjie eensaam te wees, en om al die bekende dinge van die huis te mis. Digters soos Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en Sheila Cussons, om ‘n paar te noem. Karli Heine lees hulle gedigte voor oor die lewe in ‘n ander land, en ook hoe verblydend dit is om van tyd tot tyd oor Afrika te kan terugvlieg huis toe.
Woensdag 25 Desember
Susanne Beyers en Pieter van Zyl lees gedigte voor oor die feesgety. Daar is ook pragtige sang deur die Vox-kamerkoor van Pretoria, onder leiding van Franco Prinsloo.
Dinsdag 31 Desember
Sophia van Taak en Albert Maritz hou ’n lekker partytjie, vol heildronke op die Ou- én die Nuwejaar!
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Desember verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Liani Jansen van Rensburg gesels met Danie Marais oor ek en jy bestaan nie
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Lizanne Gerber Kruger oor haar roman, Omber
Resensies: Lekker spanningsverhale uit eie bodem
- Deidre Reinhardt resenseer Doodsake op Karibib en Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad
- Carmen Defty resenseer Zanzibar Zen deur Marnus Hattingh
- Susan Puren resenseer Zeus van Wyngaardt en die Godin van Deemoed deur Julio Agrella
- Irma Steffens resenseer Double Edged deur Marina Auer
- Olga Krügel resenseer Rooigety deur Bets Smith
- Alida Vos resenseer The Heist Men deur Andrew Brown en The Reed Dance Stalker deur Angela Makholwa
- Gert Venter resenseer Vermoedelik dood deur Johan Kruger
Resensies: Phyllis Green resenseer 3 lieflike resepteboeke
Resensies: Vier boeke propvol liefdeskrisisse
- Alida Vos resenseer An Ideal Husband deur Erica James
- Alma Liebenberg resenseer Being Shelley deur Qarnita Loxton
- Retha Kotze resenseer The blame game deur Sandie Jones
- Marguerite van Wyk resenseer No one saw it coming deur Susan Lewis
Resensie: Irma Steffens resenseer Now you suffer deur Garteh Crocker
Resensie: Leer speel-speel met die 4 kinderboeke
Gerda Potgieter resenseer Storiekaros en Psalms vir kleingoed deur Wendy Maartens, Husse met lang ore deur Elsa Winckler, Under the baobab tree deur Rosslynn Toerien
Resensies: Tien heerlike lekkerlees boeke vir die vakansie
- Helen Schöer resenseer Every time I go on vacation someone dies deur Catherine Mack
- Marguerite van Wyk resenseer In her shadow deur Emma Christie; The scandalous life of Ruby Devereaux deur J Robotham en Wives like us deur Plum Sikes
- Alida Vos resenseer The bookshop ladies deur Faith Hogan en The dare deur Lesley Kara
- Tina Swiegers resenseer The last house guest deur Megan Miranda
- Carmen Defty resenseer The unexpected love story of Lexie Byrne (aged 39½) deur Caroline Grace-Cassidy
- Mariette Postma resenseer To the land of long lost friends deur Alexander McCall
- Deidre Reinhardt resenseer What might have been deur Holly Miller
Resensies: Vier boeiende en aksiebelaaide boeke wat netseowel op die silwerdoek kan wees:
- Marzanne Schoeman resenseer The girls of Evelyn Lake deur Averil Kenny
- Sonja van der Westhuizen resenseer No country for girls deur Emma Styles
- Alida Vos resenseer Assassin Eighteen deur John Brownlow
- Karien Labuschagne resenseer The snowman deur Jo Nesbo