Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

“Menige kinderboek bestaan uit ’n storie in woorde en ’n storie in prente. Albei is belangrik. Prente in kinderboeke is nie bloot mooi tekeninge nie. ’n Goeie kinderboekillustreerder dra aktief by tot die verhaal deur tekeninge weer te gee wat meer doen as bloot die storie hervertel.”