"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie

“’n Splinternuwe, allesomvattende en diepgaande gids vir redevoering en debattering het die lig gesien. ‘Dames en here’ is ’n welkome riglyn vir redenaars, debatteerders, onderwysers, afrigters en ouers, geskoei op die riglyne van die ATKV, en geskryf deur gesoute kenners van die aard van openbare redevoering en die vereistes vir die suksesvolle uitvoering daarvan.”