Haas en Harriët deur Susan Coetzer: ’n resensie

“Die onheilspellende ondertoon van die boek kom sit egter vroeg-vroeg op die krop van jou maag, hoewel die skrywer aanvanklik nie veel verklap nie … Die lang, uitgerekte somerdae waar jy wens die tyd wil vinniger omgaan na iets lekkerder toe; die dameskroeë waar net grootmense kon ingaan en kinders buite melkskommels of koeldrank kon geniet, sonder ouertoesig, want dit was ‘veilig’.”