Persverklaring: Magiese musiek en piekniek – vier Taalmonument met Jeodhouse Band

  • 0

Magiese musiek en piekniek asook The Fantastics gaan heerlike someraand selfs heerliker maak

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier in 2025 haar 50ste bestaansjaar. En om op ’n hoë noot daarmee weg te spring, tree die Jazz-, R&B- en popsensasie Jeodhouse Band wéér op Paarlberg aan vir ’n soel someraand met magiese musiek, perfekte pieknieks en ongelooflike vergesigte. Op Saterdag, 25 Januarie 2025, word hulle boonop vooraf ondersteun deur The Fantastics, ’n plaaslike Paarlse groep wat een en almal gaande het.

Jeodhouse se talentvolle musikante verteenwoordig nie net dekades se musiek- en vermaaklikheidservaring nie, maar is bekend om hul toonaangewende optredes wat gehore vasgenael op die dansvloer hou. Hulle wye verskeidenheid musiekstyle sluit boonop ook lekker, unieke Afrikaanse liedjies in. Die passievolle The Fantastics speel onder meer R&B en Jazz en het al oral in die Wes-Kaap opgetree.

Die hekke open reeds om 18:00 waarna kinders in die tuine en speelparke kan baljaar terwyl gaste aangemoedig word om die omgewing en die simboliekgelaaide beeldhouwerk te verken. Om 19:00 sal die musiek en dans en kuier in volle swang aanvang neem!

Gaste is welkom om hul eie pieknieks en drankies (geen glas) te bring of vooraf piekniekmandjies by die Suikerkan via 082 856 1871 of info@diesuikerkan.co.za te bestel – dié bistro sal ook verversings tydens die geleentheid verkoop. Onthou warm klere en ’n flits; genoeg parkering is beskikbaar. Die geleentheid duur tot 22:00.

Kaartjies is slegs R150 per persoon en beskikbaar by quicket.co.za of die hek.
Vir inligting, kontak Stefanie Rasztabiga op 021 863 0543 of kommunikasie@taalmuseum.co.za.

Meer oor Jeodhouse by facebook.com/thebandjeodhouse/ en oor The Fantastics by facebook.com/TheFantasticsBand/.

  • Vir inligting oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za, teken in op die nuusbrief of volg hulle op Facebook/Instagram. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die bistro bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte, kontak hulle via diesuikerkan.co.za of 082 856 1871.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top