
Grafika: https://www.crescendo.org.za/
ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop.
Hierdie projek bied jaarliks aan deelnemers opleidingsgeleenthede wat hulle toerus om hul loopbane suksesvol en volhoubaar te begin. Hier is nog agtergrondinligting van ATKV-Crescendo.
Uitnodiging en persverklaring
Daar is nog net ’n paar weke oor vir voornemende sangers of liedjieskrywers om deel te wees van ATKV-Crescendo se mentorskapprogram in 2025. Soos vir Jak de Priester, Riana Nel, Karin Hougaard, en meer onlangs, Selby Williams en Marsha Bothma, is ATKV-Crescendo nét miskien die hupstoot wat nodig is om jou musiekloopbaan op dreef te laat kom. Al wat jy moet doen is om teen 31 Desember 2024 die inskrywingsvorm op www.crescendo.org.za te voltooi en ’n opname van jou oorspronklike liedjie op die webwerf te laai.
Die inskrywingsfooi beloop R100.
Uit hierdie inskrywings word 25 finaliste gekies om ’n mentorskapprogram in Maart/April 2025 by te woon. Uit hierdie 25 deelnemers word ’n verdere tien finaliste gekies om deur die jaar verdere werkswinkels by te woon en tydens produksies op te tree.
Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het.
Lees ook:
ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden