Portale
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2024
2024-11-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Topsy Smith (1914–1985)
2024-11-06"Ophou skryf, sal ek nie maklik nie en selfs die hartoperasie sal my nie langer as wat nodig is van my pen en papier weghou nie." Lees meer oor Topsy Smith se lewe en werk in hierdie ATKV|LitNet-Skrywersalbum, opgestel deur Erika Terblanche.
Onderwyskommissie van die SAAWK-persverklaring: beroep op regering oor Bela-taal- en toelatingsklousules
2024-11-05In hierdie lig beskou, doen die SAAWK ’n beroep op die regering om beginsels van samewerkende regering toe te pas deur die vennootskap tussen staat en skool te versterk en gemeenskappe se demokratiese reg op inspraak in hulle skole te beskerm.
Marlene le Roux (1934–)
2024-10-30"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog
2024-10-29Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.
Persverklaring – Kunsuitstalling: ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria
2024-10-28Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.
Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument
2024-10-28Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.
Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede
2024-10-26Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.
WAT: Die letter U is nou aanlyn beskikbaar
2024-10-24"Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het onlangs die letter U aanlyn gepubliseer. Hierdie nuutste trajek van die WAT strek vanaf die inskrywing vir die letter U as die 21ste letter van die alfabet tot by die woord Uzzi-masjiengeweer. Dit bevat 2 144 lemmas, 5 351 betekenisonderskeidings, 13 962 voorbeeldsinne, 792 poëme en 252 uitdrukkings."
Toespraak gelewer by die WAT-bekendstelling van U: 14 Oktober 2024
2024-10-24"Die letter U bevat, soos al die vorige dele van die WAT, ’n verskeidenheid inskrywings waarmee die rykdom van Afrikaans geïllustreer word. Vervolgens wil ek graag vir u ’n paar woorde, uitdrukkings of betekenisonderskeidings uit U uitlig om dit te illustreer."
Cor Dirks (1911–2000)
2024-10-23"Daar is nie ’n wenresep om kinderverhale te skryf nie, net ’n liefde daarvoor en deursettingsvermoë." Lees meer oor Cor Dirks se lewe en werk in hierdie ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring – WAT: Rudie van Rensburg as nuwe beskermpersoon aangewys
2024-10-22Die skrywer Rudie van Rensburg is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek. Hy ondersteun reeds vir jare dié fondsinsameling en die WAT deur telkens ’n woord uit elk van sy nuwe boeke se titels te borg.
Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in
2024-10-21Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".
Persverklaring: PEN Afrikaans verwelkom die president se verwysing van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof
2024-10-18Die bestuur van PEN Afrikaans verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om nie die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg in sy huidige vorm te onderteken nie, maar dit na die Konstitusionele Hof te verwys om die grondwetlikheid daarvan te bepaal.
Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
2024-10-18"Dames en here", ’n boek rondom redenaars en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.
Persverklaring: SA Akademie se studentesimposium in die natuurwetenskappe
2024-10-16Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die SA Akademie se studentesimposium in die natuurwetenskappe wat vanjaar op 30 en 31 Oktober by die Universiteit van die Vrystaat plaasvind.
Persverklaring: Netwerk24/Rapport verhoog borgskap vir die Hertzogprys en Eugène Maraisprys
2024-10-14Die grootste impak van hierdie verhoogde borgskap is by die Eugène Maraisprys, wat voortaan R50 000 sal bedra. Die borgskap vir die Hertzogprys is verhoog tot R100 000, met die totale waarde van die prys steeds R125 000. Saam met die geldprys ontvang die wenner ook ’n 18-karaat- goue penning.
Persverklaring: Oproep om benoemings vir die Taalraad se Kokertoekennings van 2024
2024-10-10Die Afrikaanse Taalraad nooi lede en die algemene publiek uit om kandidate vir die Kokertoekennings van 2024 te benoem. Die doel van die Kokers is om erkenning te gee aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans gemaak het. Hierdie jaar se wenners sal einde November op die Taalraad se sosialemediaplatforms aangekondig word.
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
2024-10-10Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
Maritha Snyman (1952–2024)
2024-10-10"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."
