Tema: Laat moedertaal tot sy reg kom
’n Aanlyn paneelgesprek aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi alle belangstellendes hartlik uit na ’n aanlyn paneelbespreking deur forensiese linguiste oor taal en toegang tot geregtigheid ter viering van UNESCO se Internasionale Moedertaaldag 2025.
Datum: Donderdag 20 Februarie 2025
Tyd: 12:00–13:00
Platform: Aanlyn via MS Teams
RSVP: Woensdag 19 Februarie 2025
Navrae: sanita@akademie.co.za
Paneellede:
Annelise de Vries (SAAWK), Laurian Lesch (UWK) en Karien Brits (Akademia)
Agtergrond:
Taal is nie bloot ’n kommunikasiemiddel nie – dit is ’n noodsaaklike skakel tot geregtigheid. In hierdie aanlyn paneelbespreking ondersoek kenners in forensiese linguistiek hoe moedertaalgebruik in regskontekste ’n bepalende rol speel in regverdige en gelyke toegang tot geregtigheid. Die bespreking sluit praktiese gevallestudies in waar semantiese verskille in die interpretasie van taaluitinge toegang tot geregtigheid belemmer het, sowel as die uitdagings wat nie-Engelssprekendes ervaar wanneer hulle verklarings in Engels by Suid-Afrikaanse polisiestasies moet aflê.
RSVP nou! Moenie hierdie belangrike gesprek misloop nie! Bespreek jou plek deur hier te registreer: https://forms.gle/KhX1oghhQajRSi7o8