Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2025

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Februarie

Resensie: Om jou krimi-jaar in te lui
Stefaans Coetzee resenseer Ontvoer deur Constant van der Merwe

Resensie: Die één oomblik wat jy vir altyd wil onthou
Ilza Roggeband resenseer The lantern of lost memories deur Sanaka Hiiragi

Resensie: Méér as net koffietafelboek
Joan Hambidge resenseer Wolraad Woltemade 250, onder redaksie van Marthinus van Bart

Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Januarie

5 Februarie

Boeke: By my lees | Dibi Breytenbach

6 Februarie

Profielonderhoud: Raak haar lesers al hoe minder, wonder Marlene van Niekerk in Nederland
Onderhoud deur AJ Opperman

7 Februarie

Boeke: Hedley Twidle ‘dankbaar’ vir Philida-prys

8 Februarie

Boeke: Dis asof Karel Schoeman leidrade vir ’n biografie gelos het

10 Februarie

Resensie: Ontwortel en eensaam die groot onbekende in
Willemien Aukema resenseer Landuit want jy wil mos deur Zirk van den Berg

Resensies: Reisverhale: Reisstories om aan te smul
Anschen Conradie resenseer Fanie os oppie jas deur Fanie van der Merwe

Boekevat: ’n Reis met vier Pratchetts die vreemde in
’n Rubriek deur Jo Prins

Resensie: ‘Toevlug’ gaan leser uitdaag
Stefaans Coetzee resenseer Toevlug deur Louise Viljoen

11 Februarie

Boeke: Nalatenskap van ikoniese skrywer Tom Robbins onthou

Boeke: Groot feestelikheid op jaarlikse Adam Small-fees in Pniel

12 Februarie

In memoriam: ‘Liefderik, saggeaard, ’n omgeeman’: Daphnée onthou pa Breyten

13 Februarie

Boeke: By my lees | Breyten Breytenbach

Boeke: Jaco Jacobs se Afrikaanse karakters praat nou in talle tale

16 Februarie

Boeke: Boeke en leesplesier gevier op Umuzi

17 Februarie

Resensie: Weglating gevind in dit wat nie gesê word nie
Neil Cochrane resenseer Asindeton deur Joan Hambidge

Boekevat: ’n Nuwe kennis van waarheid en verskrikking
’n Rubriek deur PP Fourie

Resensie: Pandora tik al die boksies
Ilza Roggeband resenseer Pandora deur Marie Spruyt

Resensie: Memoires sny tot die been
Jonathan Amid resenseer Patient 12A deur Lesedi Molefi

Profielonderhoud: Erskine skryf ’n liefdesbrief aan die Wes-Rand in sy nuwe roman
Deur AJ Opperman

18 Februarie

Boeke: Dieper blik op Breyten as skrywer, openbare figuur

19 Februarie

Boeke: Bedrywige naweek wag op Stilbaai

Boeke: By my lees | Riana Scheepers

20 Februarie

Boeke: Sit aan die voete van skrywers op literatuurfees in Simonstad

21 Februarie

Profielonderhoud: ‘Dié mense sal die ramp oorleef wat op ons wag’
Murray La Vita praat met Don Ross

Boeke: Rielritme-boek 1ste in sy soort

23 Februarie

Boeke: Adam Small se werke ‘bly relevant en baan steeds weg vir kunstenaars’

Resensie: Debuut met ’n tipe dubbeldoor-aanslag
Jonathan Amid resenseer Mamba deur Pieter Henning

Resensie: Reis wat verryk, verruim en vir digters verrym
Joan Hambidge resenseer Stormlantern – ’n Reisboek oor Botswana

Boeke: Só is Breyten Breytenbach se lewe gevier

26 Februarie

Boeke: Elisabeth Eybers ‘op 110’ ...
Deur AJ Opperman

28 Februarie

Boeke: Bekroonde vertaler De Jong-Goossens ‘het Afrikaans aan haar hart gedruk’
Deur AJ Opperman

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:

Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n lesersindruk

Die tantes van Atlantis deur Philip de Vos: ’n lesersindruk

Die katartiese metode deur Jaco Fouché: ’n resensie

Ontvoer deur Constant van der Merwe: ’n resensie

Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom: ’n resensie

Die langverwagte deur Erwin Mortier, vertaal deur Fanie Olivier – ’n resensie

flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard: ’n resensie

Passie in Parys deur Tosca de Villiers: ’n resensie

Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie

Ligspoor deur Juan Coetzer: ’n lesersindruk

Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk

Konkel deur Pieter Marais: ’n resensie

Ontvoer: ’n onderhoud met Constant van der Merwe

Kaalvoet sielsgedagtes: ’n onderhoud met Milanie Vosloo

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Februarie in Rapport verskyn:

1 Februarie

Resensie: Medemenslikheid straal uit Gielie Hoffman se skryfwerk
Clari Niemand resenseer Naam van dier dorp deur Gielie Hoffman

Resensie: Franklin Sonn het groot bresse vir bruin politiek geslaan
Julian Jansen resenseer Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn

9 Februarie

Resensie: Boek pak ’n ernstige tema, maar dis nie tipies #metoo nie
Magdel Vorster resenseer Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout

16 Februarie

Resensie: Vlymskerp, spuls en diep menslik
Jonathan Amid resenseer Zeus van Wyngaardt en die godin van deemoed deur Julio Agrella

Resensie: Zirk se rou perspektief op emigrasie boei
Trisa Hugo resenseer Landuit deur Zirk van den Berg

23 Februarie

Uittreksel: Oggendstappie verander ’n lewe: ‘Toe sê Rhodes – Ek wil hê jy moet my huis bou’

Resensie: Roman breek stigma van Down se sindroom af
Riette Rust resenseer Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer

 Die volgende resensies en onderhoude het in Februarie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

2 Februarie

Sterfteberig: Belowende jong skrywer sterf skielik
Oor Joha van Dyk se dood

Boeke: Radioman se hospitaaldrama diepgewortel in sy eie lewe

Boeke: Melanie Prinsloo is ma vir talle MIV-weggooibabas
Oor Melanie Prinsloo se debuut-memoires

3 Februarie

Boeke: 100 jaar, 100 beste Afrikaanse boeke

Boekoorsig: Die Christen en sy eiendom

5 Februarie

Video: Joha van Dyk só onthou

9 Februarie

Boeke: Huisies vir muisies leer kleinspan oor gesondheid

10 Februarie

Boeke: Wenke om die liefde te laat blom in ’n liefdesverhaal

23 Februarie

Boekresensie: Die katartiese metode deur Jaco Fouché

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

Sensuur in die seventies: Welma Odendaal se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde
Deur Dianne du Toit Albertze

Willem Breedt se uitblokgedigte is ’n ligpunt in die donker wêreldwye web
Deur Andréa Müller

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

2 Februarie

Nadine Petrick: Só onthou ons die skrywer Joha van Dyk

7 Februarie

Deborah Steinmair: Ons reiskaartjies lê die wêreld vol

Avbob: Kenner leer jou dig in jou eie stem

Kerneels Breytenbach: Rusty Sabich stap die sonsondergang in

14 Februarie

Nielsen: Wat is die topverkopers?

Joan Hambidge: Die einde(s) laai die begin

Deborah Steinmair: Rock, ril, min, lag en kook in jou taal

21 Februarie

Deborah Steinmair: Hambidge se verse draai soos die albasteraarde, soos ’n Spoetnik om die maan

Kerneels Breytenbach: Puik joernalis bulder met ’n fluisterstem

Deborah Steinmair: Draf aan die donker kant van die straat

28 Februarie

Deborah Steinmair: Rillers wat die wrede werklikheid oorskadu

Joan Hambidge: Doctor Zhivago: Die mooiste liefde is verby

Avbob-poësieprojek: Die rustelose poësie van reisiger Justin Fox

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 5 Februarie

Luister na ’n huldeblyk vir Joha van Dyk (27), die gewilde jeugskrywer wat onverwags oorlede is op 2 Februarie. Jy kan o.a. luister na uittreksels uit ‘n onderhoud wat in 2022 met haar gevoer is. Medeskrywers en haar uitgewer gesels oor Joha as mens, en bespreek ook haar bydrae tot Afrikaans. Elna van der Merwe, organiseerder van die Stilbaai-boekefees wat tussen 21 en 23 Februarie gehou word, vertel waarna besoekers kan uitsien. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld, gesels hy oor die langlys vir die Dublin-letterkundeprys waarop daar vanjaar ook ‘n Suid-Afrikaanse roman verskyn. Vind meer uit oor ‘n nuwe versameling vertaalde werk van Czeslaw Milosz, die Poolse Nobelpryswenner vir letterkunde, en The Bone People, ‘n roman wat veertig jaar gelede onder groot omstredenheid met die Bookerprys bekroon is.

Woensdag 12 Februarie

Jeremy Veary is nie net ’n bekende oud-polisieman nie, maar ook ’n gerekende skrywer. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy biografiese boeke (Jeremy vannie Elsies en Into Dark Water) en sy jongste boek, ’n historiese roman getiteld Rooisand. Die digter, liedjieskrywer en TV-draaiboekskrywer, Rosa Keet, het vandeesweek haar 80e verjaarsdag gevier, en draaiboekskrywer en aktrise Henrietta Gryffenberg bring hulde aan haar mentor en voormalige kollega. Johan Myburg het nuus oor die jongste verwikkelinge met die Kanadese Giller-letterkundeprys, en gesels oor Anne Tyler se nuwe roman, Three Days in June. (En hy het ’n heerlike brokkie inligting oor wyle Jeanne Goosen.)  Alma Swart, organiseerder van die Umuzi Lees- en Kosfees wat van 27 Februarie tot 1 Maart in Secunda gehou word, vertel waarna boekliefhebbers tydens die fees kan uitsien.

Woensdag 19 Februarie

Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Ilse Salzwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld vertel hy meer oor Margaret Atwood se langverwagte memoir, en Theft, ’n nuwe roman deur Abdulrazak Gurhah. Johan bring ook hulde aan Tom Robbins, en gesels oor Ian McEwan se jongste roman, What We Know.

Bonuspotgooi: Rosa Keet & Ellen Botha

Luister na die digter Rosa Keet en haar suster Ellen Botha in ’n episode uit die 2005-reeks, INK IN ONS ARE, ‘n reeks oor bekende letterkundige families.

Woensdag 26 Februarie

Betsie van Niekerk, skrywer van So ook op die aarde, wat soggens op RSG voorgelees word, vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar skryfloopbaan. Prof. Steward van Wyk gesels oor die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat later vanjaar by die UWK gehou word, en vertel ook meer oor die vier dekades wat verloop het sedert die eerste SAS. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewêreld gesels hy oor vier misdaardromans wat deur The New York Times aanbeveel word, en bring hulde aan die Noord-Ierse digter Michael Longley. Jy kan ook meer uitvind oor die Amerikaans-Nigeriese skrywer van wetenskapfiksie en fantasieromans vir volwassenes en jongmense, Nnedi Okorafor.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 4 Februarie

Sophia van Taak verken in die eerste van twee aflewerings saam met voorlesers Karli Heine en Albert Maritz die wonders en geheimenisse van die oseaan, asook die dramas wat op die oppervlak, en diep onder die branders, afspeel.

Dinsdag 11 Februarie

Laasweek het ons geluister na gedigte wat die see se wonders en geheimenisse beskryf. Hierdie keer handel die gedigte oor sy verwoestende krag, en die gevare wat die dieptes inhou. Die voorlesers is Albert Maritz en Karli Heine.

Dinsdag 18 Februarie

Luister na die allermooiste gedigte oor blomme! Daar is verse deur Petra Müller, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, Ina Rousseau en nog ’n hele paar ander groot digters. Die voorleser is De Klerk Oelofse.

Dinsdag 25 Februarie

Die maand waarin die liefde op elke manier gevier is, is amper verby. Voorleser Nicole Holm roer die hartsnare vir oulaas met voorlesings van die allermooiste Afrikaanse liefdesverse. Daar is werke deur Antjie Krog, Luis Esterhuizen, Ronelda Kamfer, Bibi Slippers en Pieter Odendaal.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 Februarie

Onderhoud: Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor “De ontdekking van het eiland” (Deel 1)

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Februarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marina Auer oor Single Minded, haar tweede mediese spanningsverhaal.

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Zirk van den Berg oor sy boek, Landuit, want jy wil mos.

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Rozaan de Wet Boer oor Is jy oraait, Elizabeth?

Resensies: Vyf romans oor ’n gebeurtenis wat die lewe in ’n oogwink kan verander

  • Antoinique van Staden resenseer How to save a life, en The book of gifts deur Craig Higginson
  • Alida Vos resenseer If You Save Me deur Lisa-Anne Julien
  • Carmen Defty resenseer Anne van Green Gables deur Lucy Maude Montgomery, vertaal deur Jackie Lätti
  • Deidre Reinhardt resenseer Palazzo deur Danielle Steel

Resensies: Van die toksiese skoonheidskultuur tot die skrikwekkende suster van ’n diktator.

  • Phyllis Green resenseer Pixel Flesh deur Ellen Atlanta
  • Nadia de Jongh resenseer The Case Of The Married Woman deur Antonia Fraser
  • Alida Vos resenseer The girl who survived her mother deur Moshitadi Lehlomela
  • Anne Marais resenseer The Sister deur Sung-Yoon Lee

Resensie: Twee romans met boeiende karakters in klein dorpies gaan jou bekoor
Sonja van der Westhuizen resenseer Onrus op Steunshoop deur Ingrid Winterbach en Long Island deur Colm Tóibín

Resensie: Drie boeiende romans uit Suid-Afrikaanse skrywer, Gail Schimmel, se pen
Nadia de Jongh resenseer The Cowley Twins, The Finish Line en The Park.

Resensies: Die kinkel rondom Nora Roberts en J.D. Robbwat jy dalk nie sien kom het nie

  • Karien Labuschagne resenseer Random In Death en Encore In Death deur J.D. Robb
  • Retha Kotzé resenseer Nightwork deur Nora Roberts

8 Boeke oor keuses: Gaan dit vir hierdie vroue tot beter lewens lei?

  • Marguerite van Wyk resenseer Pelican Girls deur Julia Malye
  • Deidre Reinhardt resenseer Bet On It deur Jodie Slaugther en Die Lang Papawer deur Kristel Loots
  • Antoinique van Staden resenseer Christine: A tale of love, lies and liabilities deur Eva Mazza
  • Nadia de Jongh resenseer Everything’s Fine deur Cecilia Rabess
  • Mariette Postma resenseer Into The Sun deur Takalani M
  • Marzanne Schoeman resenseer Sunshine & Shadows deur Busisekile Khumalo
  • Alida Vos resenseer The Little French Village of Book Lovers deur Nina George

Resensie: Eenmaal ’n polisieman, altyd ’n polisieman
Irma Steffens resenseer Ontvoer deur Constant van der Merwe

Boeke: Kom kuier by Secunda se eerste Umuzi Lees- en Kosfees

Boeke: Tien boeke vier Afrikaans en die vele baadjies van ons hartstaal

  • Danica Gouws resenseer Donker Water deur Martin Steyn en Amma deur Charmaine Africa
  • Deidre Reinhardt resenseer Verbode Drif deur Irma Joubert
  • Retha Kotzé resenseer ’n Saak van lewe of dood deur Alet Steenkamp en Nerine Ahlers, Weg deur Nerine Ahlers en Alet Steenkamp, en Hol deur Bernadine Lightfoot
  • Olga Krügel resenseer Geloof soos ’n mosterdsaadjie deur Helena Hugo
  • Gert Venter resenseer Die Lanternswaaier en Die dooies leef deur SD Fourie
  • Karien Labuschagne resenseer Die man wattie kinnes vang deur Nathan Trantaal

Uittreksel: Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top