Sluitingsdatum uitgestel – Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

  • 0

Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe 2025
27 en 28 Februarie 2025

Registreer asseblief teen Woensdag 26 Februarie.

Die SA Akademie nooi u hartlik uit om die opkomende studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe by te woon.

Die program sluit interessante aanbiedings vanuit verskeie vakgebiede in.

Die program en die aanlyn registrasievorm is op die SA Akademie se webwerf beskikbaar by hierdie skakel: kliek hier

Formaat:

Dag 1, Donderdag 27 Februarie – hibried (in persoon en aanlyn)

Dag 2, Vrydag 28 Februarie – slegs aanlyn

Bywoningskoste:

In persoon:

R200 per dag (vir Dag 1, in persoon)

Aanlyn:

R50 per dag

R100 vir beide dae

Registreer asseblief teen Woensdag 26 Februarie.

Ons sien uit om u by die simposium te ontvang. Dankie vir u ondersteuning.

Rig enige navrae aan Sanita Meyer per e-pos by akademie@akademie.co.za

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top