Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse van 2025 bekend

  • 1

Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf aangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.

Die pryse dien veral as erkenning en aansporing vir Afrikaanse skrywers om gehaltewerk in hul moedertaal te lewer. Altesaam 116 inskrywings is vir die vier boekpryse ontvang.

Die name van onder andere die veelbekroonde skrywer Jaco Jacobs is op die kortlys vir die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur, terwyl 'n paar vorige wenners van die Hertzogprys weer vanjaar op die kortlys is vir dié gesogte prys, te wete SJ (Fanie) Naudé (2019 en 2022), Ingrid Winterbach (2004 en 2013) en Etienne van Heerden (1989 en 2010).

Wat die Scheepersprys vir Jeugliteratuur betref was die jeugromans vanjaar weer van besonder hoë gehalte. Die Letterkundekommissie wil ook krediet gee vir die ryk verskeidenheid boeke wat voorgelê is vir die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur wat gemik is op kinders van uiteenlopende ouderdomme.

Die kortlyste vir 2025 se boekpryse is, in alfabetiese volgorde volgens skrywer:

ALBA BOUWERPRYS VIR KINDERLITERATUUR

  • Watermeisie: Akwa se reis deur Marissa Badenhorst (Tafelberg)
  • Geldwolfie deur Jaco Jacobs (Protea Boekhuis)
  • Die spinnebotte slaan toe deur Marga Jonker (Tafelberg)
  • Felina Kat geheime agent deur Louise Smit (Human & Rousseau)
  • Die dodelikste donuts in die heelal deur Cecilia Steyn (Human & Rousseau)
  • Kinders van die gode: die profesie van die bloedpêrel deur Antoinette Venter (Protea Boekhuis)
  • Springboekie deur Fanie Viljoen (LAPA)

SCHEEPERSPRYS VIR JEUGLITERATUUR

  • Vuur: Is dit die einde? deur Hannes Barnard (LAPA)
  • Toe als groen was deur An-Mari do Carmo (Luca - LAPA, Penguin Random House)
  • Kompleks deur Louis Pretorius (LAPA)
  • Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers (Tafelberg)
  • Chakalaka uit ’n blikkie deur Sandy Schoeman (Tafelberg)
  • Die lewe se vuil houe deur Fanie Viljoen (LAPA)

EUGÈNE MARAISPRYS VIR PROSA

  • Amma deur Charmaine Africa (Tafelberg)
  • Die gawe van groen deur Elmarie Dercksen (LAPA)
  • Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks (Kwela Boeke)
  • Die onsigbare deur PJO Jonker (Tafelberg)

HERTZOGPRYS VIR PROSA

  • Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé (Human & Rousseau)
  • Eugene deur Kirby van der Merwe (Human & Rousseau)
  • Gebeente deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
  • Decima deur Eben Venter (Penguin Random House)
  • Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)

KEURDERS:

Die keurders is die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Thys Human (voorsitter), verbonde aan die Noordwes-Universiteit; Marni Bonthuys, dosent by die Universiteit van Wes-Kaapland; Marius Crous van die Nelson Mandela Universiteit; Valda Jansen, joernalis en vryskutskrywer; Bettina Wyngaard, regsgeleerde en skrywer; Amanda Marais, Universiteit Stellenbosch; Teneal Apollis, Universiteit van Pretoria en Sonja Loots, Universiteit van Kaapstad.

Die wenners word op Vrydag, 25 April 2025 bekendgemaak.

Lees ook:

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n resensie

Kompleks: ’n onderhoud met Louis Pretorius

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter

Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

kykNET-Rapport-prys vir fiksie 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe

Gaireyah Fredericks vertel oor die bekendstelling van haar boek Een voet innie kabr

Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé: ’n resensie

Die gawe van groen: ’n onderhoud met Elmarié Dercksen

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n interpretasie

Nuut by Protea Boekhuis: Geldwolfie deur Jaco Jacobs

Die dodelikste donuts in die heelal: ’n onderhoud met kinder- en jeugboekskrywer Cecilia Steyn

Persverklaring: Wenners van NB-Uitgewers 2023 Jeugboekpryse aangekondig

 

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Sandra Pretorius

    Wat die Hertzogprys betref: ek het al die boeke op die kortlys gelees. "Van vaders en vlugtelinge" troon loshande bo al die ander uit, met "Gebeente" wat in sy nek blaas. Maar dis natuurlik net my subjektiewe voorkeur. Ek mag verkeerd wees. Dis alles buitendien relatief, soos bewys word dat 'n boek soos "Die kremetartekspedisie" nie eers destyds met die Hertzogprys bekroon is nie, al het die boek die prys verdien.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top