Persverklaring: Kortlys van die Protea Boekhuistoekenning bekendgemaak

  • 0

Die kortlys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Protea Boekhuistoekenning vir beste gepubliseerde boek in geskiedenis of kultuurgeskiedenis word hiermee bekend gemaak.

Dié prys word jaarliks toegeken en roteer tussen ’n ongepubliseerde magisterverhandeling, ’n ongepubliseerde doktorale proefskrif en ’n gepubliseerde boek in Afrikaans oor geskiedenis of kultuurgeskiedenis. In 2025 kan die prys toegeken word vir die beste gepubliseerde boek in geskiedenis of kultuurgeskiedenis.

Lede van die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns beoordeel nominasies onafhanklik. Dié kommissie bestaan uit die volgende lede: Lindie Koorts (voorsitter); Alex Mouton (ondervoorsitter); Ruhan Fourie; Anton van Vollenhoven; Johan Wassermann; Lizelle Smit; Francois Cleophas; Lizabé Lambrechts en Evert Kleynhans.

Die kortlys sien as volg daaruit:

  • Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux (Jonathan Ball, 2022)
  • Jopie Fourie deur Albert Blake (Protea Boekhuis, 2024)
  • Die Kaapse slawe 1652-1838 deur Eunice Visser (Protea Boekhuis, 2022)

 Die wenner word op 25 April 2025 bekendgemaak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top