Portale

Suidoosterfees 2024-persverklaring: ATKV gee jong teatermakers gul geleenthede op Suidoosterfeesverhoog

LitNet Suidoosterfees 2024-04-24

Jong teatermakers kry elke jaar by die Suidoosterfees geleentheid om hul werk aan die publiek bekend te stel en om waardevolle ervaring in ’n professionele teateromgewing op te doen. Op vanjaar se ATKV Jeugteaterprogram – van 26 April tot 1 Mei aangebied as deel van die 21ste Suidoosterfees – is studente, skoliere en amateurgroepe se werk op die Artscape-verhoog.

Persverklaring: Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns

LitNet Feeste 2024-04-24

Die ATKV-Kuns-en-boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Eweneens word die ATKV-Boeke-crawl ook weer op Kaapsehoop gehou, en dit is sommer swaargewigte in die skrywers- en musiekwêreld wat daaraan deelneem.

Persverklaring: “Idi en Ome” ontsluit idiomewêreld

LitNet ATKV-Portaal 2024-04-23

Sit skouer aan die wiel en word deel van die ATKV se nuwe veldtog voor dit neusie verby is, want as jy weer sien, is die kalf in die put ... Die ATKV spog met ’n nuwe idiomeveldtog, Die wonderlike wêreld van Idi en Ome, en neem jou vir die volgende paar weke op ’n humoristiese reis deur die ryk taalskat van Afrikaans.

Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees

LitNet ATKV-Portaal 2024-04-23

“Die VVA (Vriende vir Afrikaans) het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword,” vertel Chareldine van der Merwe aan Zerelda Esterhuizen.

CJ Langenhoven (1873–1932)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-04-23

“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”

Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-04-19

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2024

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-04-15

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Jan H Marais-prys 2024 – oproep vir nominasies

LitNet Akademies en skole 2024-04-09

Die Jan H Maraisprys verleen erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap om moontlike wenners voor te stel. Die sluitingsdatum vir nominasies is Maandag 24 Junie 2024.

Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-04-04

Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 1 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar.

Persverklaring: Engelssprekende wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000

LitNet Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2024-04-04

Natalie Williams, ’n Engelssprekende van Durbanville, is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2024-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000.

Helene de Kock (1943–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-04-03

"Alhoewel die liefde ’n belangrike onderwerp in my verhale is, staan dit nooit apart van ander verhoudings nie. Die liefde self is verweef in die web van die lewe, glo ek."

Persverklaring: SA Akademie se hoof- uitvoerende beampte tree uit

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-04-02

Die Akademieraad het die hoogste waardering vir die onbaatsugtige manier waarop Anne-Marie Beukes die Akademie met onderskeiding vir bykans twee termyne vanaf 1 Junie 2019 gedien het.

Uitnodiging – Kunslesing (SA Akademie): Die oostelike fasade van Kerkplein in Pretoria deur die jare deur Alex Duffey

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-03-26

Hierdie lesing is vanaf Dinsdag 26 Maart 2024 om 18:00 op die SA Akademie se YouTube-kanaal of Facebook-blad te sien.

Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse bekend

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-03-25

Vanjaar is dit die eerste jaar in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf bekendgemaak word. Die vier kortlyste vir vanjaar se boekpryse is pas bekendgemaak.

Uitnodiging: Boekbekendstelling (3 April om 17:30)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-03-25

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Triomfmars en treurlied op 3 April in Pretoria.

Zirk van den Berg (1960–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-03-22

"Ek skryf omdat dit vir my lekker is. Omdat ek relatief goed is daarmee. Omdat ek beter voel as ek besig is om iets te skep. Om my lewe meer sinvol te laat voel. Omdat dit my kans gee om te speel en baas te speel. Omdat dit my help om vrede te maak met die dinge wat my pla. En omdat dit my help om weer daardie gevoel te kry wat ek as kind gehad het toe ons in die veld gaan piekniek hou het."

Irma Venter (gebore: 1970’s)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-03-08

"My droom is om eendag die mees elegante Afrikaanse moordstorie te skryf, een waar geen naat wys nie."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Stiltes en stemme

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-03-07

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Stiltes en stemme, ’n huldigingsbundel vir Karel Schoeman, op 12 Maart in Pretoria. Jacomien van Niekerk sal met die redakteur van die bundel, Willie Burger, gesels.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2024

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-03-06

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Willem Anker (1979–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-03-05

"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers."

Top