Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2024

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Augustus

Boeke: Middelmisbruik in sport soos ‘gif’
Elretha Britz skryf oor Annerle Barnard se jeugroman

Boeke: Francois van Coke: Outobiografie van ’n rocker

Profielonderhoud: Reeksmoordenaars: ‘Jou donker hart sal jou verorber’
Murray La Vita in gesprek met Brin Hodgskiss

3 Augustus

Boeke: TV se Nicky Greenwall debuteer met roman, geniet skryf terdeë

5 Augustus

Resensie: Die heimwee en humor in Bessie se hangkas
Ilza Roggeband resenseer Bessie se hangkasbiblioteek deur Madelein Rust

Resensie: Erotiek dalk hier té voorop
Jonathan Amid resenseer Droomjagter deur Leon van Nierop

Resensie: ‘Wolf’ vlymskerp, intelligent
Sonja van der Westhuizen resenseer Black Wolf deur Juan Gómez-Jurado

Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Julie

Boeke: Annesu de Vos | Jongste debuutdigter in Afrikaans word 60

6 Augustus

Boeke: Kortlys vir Ingrid Jonkerprys bekend

9 Augustus

Boeke: Leesfees op Prins Albert vier Afrikaanse literatuur en kultuur

10 Augustus

Boeke: Oud-Cheetah-speler skryf kinderboek oor rugbyreëls

12 Augustus

Resensie: ‘A Short Life’ ’n puik debuut
Jonathan Amid resenseer A Short Life deur Nicky Greenwall

Resensie: Die boekstaaf van ’n onverwagte vriendskap
Jean Meiring resenseer Rhodes and His Banker deur Richard Steyn

Resensie: Heerlike verhoudingsroman
Anschen Conradie resenseer Drome het ook asem deur Helene de Kock

Boekevat: Laat die kinders lees presies nét wat hulle wil
’n Rubriek deur Willemien Aukema

13 Augustus

Boeke: Charl-Pierre Naudé se debuutroman nou ook in Engels

14 Augustus

Boeke: Open Book-fees spog met ’n wydlopende boekeprogram

Onderhoud: ‘Hoewel die mark kleinerig is, is lesers ongelooflik lojaal’
Tasneem van Rooyen gesels met Rudie van Rensburg en sy uitgewer, Carolyn Meads

Onderhoud: Soveel stories, so min tyd – vir Erla is skryf ’n obsessie
Liz de Villiers gesels met Erla-Mari Diedericks

Onderhoud: Kô, lat ons skryf
Tasneem van Rooyen en Danielle Daniëls gesels met Ricardo Arendse, Veronique Jephtas, Nathan Trantraal en Mercy Kannemeyer

16 Augustus

Veldsoirée 2024 | Nxuba rol weer rooi tapyt uit

Kyk weer: Ingrid Winterbach gesels oor haar jongste boek

17 Augustus

Boeke: Johann de Lange se 3de kwatrynbundel bied ’n ‘voëlvlug oor oeuvre’

Resensie: Toe vrees mense uitmekaar gehou het
Francois Bekker resenseer Seun deur Dana Snyman

Resensie: Bygewerkte boek metgesel vir ’newman se voëls van SA’
Elise Temphelhoff resenseer Newman se voëls volgens kleur

Resensie: Heerlike bries in tyd van tegnologie
Ilza Roggeband resenseer Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen en Emily House

Resensie: ’n Bietjie romanse, groot deernis
Anschen Conradie resenseer Foto’s en fairy lights deur An-Mari do Carmo

23 Augustus

Boeke: Opspraakwekkende skêrmoord in herverbeelde roman herroep

24 Augustus

In memoriam: Abraham H de Vries: “Iemand wat in stories gedink het”

In memoriam: Abraham H de Vries se seun: ‘Dêds, ons kom ’n bietjie later deur’

In memoriam: De Vries is ‘monument in Afrikaanse letterkunde’

26 Augustus

Resensie: ’n Storie van tweede kanse
Surene Esterhuizen resenseer As klippe kon praat deur Connie Luyt

Resensie: ‘Gesamtkunstwerk’ se verse, kuns oorrompel
Jonathan Amid resenseer Vlindervreter deur Melanie Grobler en Christiaan Diedericks

Boekevat: Die dikwels dol dinge van die ‘resepsiologie’
’n Rubriek deur Jo Prins

Resensie: Genotvol soos goeie skinder
Melvyn Minnaar resenseer Book Bedonnerd: The Road to Elsewhere deur Darryl Earl David

In memoriam: ‘Hy het my lewenspad in ’n ander rigting gestuur’ – Kerneels Breytenbach onthou Abraham H De Vries

Boeke: Hier is benoemings vir ATKV-Woordveertjies

27 Augustus

Boeke: Hier is die wenner van vanjaar se Ingrid Jonker-prys

30 Augustus

Onderhoud: Pieter du Toit: ‘SA sal nie weer tsoenami van korrupsie en wanbestuur oorleef’

Profiel: ’n Man se ‘alleenworstelstryd’ met die onsigbare
Murray La Vita in gesprek met PJO Jonker

Boeke: Hulle is benoem vir die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns

31 Augustus

Boeke: Silent Book Clubs: Unieke manier om boeke te geniet, met geesgenote te verbind

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

Krag deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Die waarheid lê in Niemandsland deur Erika Dykes: ’n lesersindruk

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn: ’n lesersindruk

Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Die mens agter die skrywer: ’n lesersindruk van Piet van Rooyen se Die rooi boks

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n proe-proe lesersindruk

The fall by Hans Pienaar: a book review

Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux: ’n resensie

Die gestaltes wat in ons aanwesig is. Wording van ’n bleek Afrikaan deur Frik de Beer: ’n lesersindruk

Droomjagter deur Leon van Nierop: ’n resensie

Waar bloed kruip deur Kobus Breyl: ’n lesersindruk

Donker water deur Martin Steyn: ’n resensie

Die geskenk deur Riette Rust: ’n onderhoud met die skrywer

We were perfect parents until we had children: an interview with Vanessa Raphaely

Stefaans Coetzee gesels met Nicole Engelbrecht oor Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom

Ek en jy bestaan nie: ’n onderhoud met Danie Marais

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

4 Augustus

Nuusberig: kykNET-Rapportboekpryse: “Dié 11 skrywers ding mee om R1 miljoen”

Resensie: Gebooie deur Rudie van Rensburg (resensent: Jonathan Amid)

11 Augustus

Resensie: Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach (resensent: Andries Visagie)

Resensie: Vlindervreter deur Melanie Grobler en Christiaan Diedericks (resensent: Nini Bennett-Moll)

Resensie: Crooked seeds deur Karen Jennings (resensent: Jean Meiring)

18 Augustus

 Resensie: Seun deur Dana Snyman (resensent: Johann Kriegler)

Mening: “Crito, drink die figuurlike gif en verlaat die toneel” deur Mellet Moll

25 Augustus

Resensie: Die onsigbare deur PJO Jonker (resensent: Louise Viljoen)

Resensie: Rhodes and his banker deur Richard Steyn (resensent: Cornelis Muller)

Resensie: Present tense deur Natalie Conyet (resensent: Jonathan Amid)

Die volgende resensie het in Augustus op Maroela Media verskyn.

Die volgende resensies en onderhoude het in Augustus onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

 8 Augustus

‘Left behind’ – As jou pa selfdood pleeg 
“Uiteindelik is jou geloof al waaraan jy kan vashou. Ek het God gelukkig weer gevind.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/left-behind-as-jou-pa-selfdood-pleeg/

Kwatryne fynsinnig verweef in ‘Miniatuur’ 
“Kwatryne is dus miniatuurgedigte wat tot stand kom deur die versvorm tot vier reëls in te kort, maar sonder om die essensie van die taal en grammatika geweld aan te doen.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/kwatryne-fynsinnig-verweef-in-miniatuur/ 

15 Augustus

Boek van die maand: ‘Onrus op Steynshoop’ deur Ingrid Winterbach 
Dit is in haar vernuftige ligte omgang met doodernstige en ook maatskaplike kwessies waar Ingrid Winterbach oudergewoonte daarin slaag om die leser te laat glimlag, as dit dan nie uitbars van die lag is nie.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-van-die-maand-onrus-op-steynshoop-deur-ingrid-winterbach/

 Skrywer van ‘Samboksalf en ’n draaktraan’ baat by ryk verbeelding 
“‘Samboksalf en ’n draaktraan’ het met ’n paar eenvoudige idees begin, maar voor ek my oë kon uitvee, het dit in ’n opwindende, onverwagse roman ontwikkel.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/skrywer-van-samboksalf-en-n-draaktraan-baat-by-ryk-verbeelding/ 

 16 Augustus

Leserindruk: Uitgeslape booswig hou speurderspaar op hul tone 
Lesers wat misdaadromans geniet en dalk nog nie een van Rudie van Rensburg se Kassie Kasselman-boeke gelees het nie, sal hierdie speurverhaal verslind.
Lees meer hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/leserindruk-uitgeslape-booswig-hou-speurderspaar-op-hul-tone/  

 22 Augustus

Vuil Ferdie laat kinders skater
“Ek sê altyd die pad na ’n jong leser se hart loop deur sy lagspiere.” 
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/vuil-ferdie-laat-kinders-skater/ 

 26 Augustus

Boekoorsig: Handige leefstylgids vir tipe 1- of 2-diabetes 
Hoewel ek nie self met diabetes gediagnoseer is nie en dalk nie met dieselfde perspektief na die leefstylgids gaan kyk as iemand wat juis op soek is na raad nie, het die boek nogtans my belangstelling geprikkel.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/kos/boekoorsig-handige-leefstylgids-vir-tipe-1-of-2-diabetes/

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

11 Augustus

Resensies van Kuborg, verveertaal, Sandskrif en Taboek
Deur Elzanne Coetzee

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

2 Augustus

Juliana Coetzer: Chinese, sneeuleeus en ’n durende ereksie: die nuwe Winterbach verruk die sinne⁤ (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Dana, seun van die nasie, en onrus in Onrus (vryeweekblad.com)
Mareli Stolp: Axelrad voel-voel nog na sy voetspoor⁤ (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Die CIA, ’n huishoudster en sensuur (vryeweekblad.com)

9 Augustus

Deborah Steinmair: Winterbach het die onmoontlike vermag⁤ (vryeweekblad.com)
Gerrie Snyman: Skiet my nie in die gesig nie, my hart het genoeg plek vir die koeëls⁤ (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Volg die bloedspoor van roman tot silwerskerm⁤ (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Kortkuns, ’n skarminkel en die taal van oorlog (vryeweekblad.com)

16 Augustus

Kerneels Breytenbach: Die wonderwêreld van syfers en Magnum⁤ (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: ’n Sterk, nootvaste stem vir Vrouemaand⁤ (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Om spektakelagtig uit te rafel tussen drankbottels en vetterige kitskoshouers⁤ (vryeweekblad.com)

23 Augustus

Kerneels Breytenbach: Seks, rykmanskinders en bloed skenk⁤ (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Ons leef in ’n nagmerrie en lyke stapel op (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: ’n Lesbiese ikoon se komplekse prosa (vryeweekblad.com)

30 Augustus

Kerneels Breytenbach: Seksverslawing, uitgebrande popsterre en onwettige immigrante⁤ (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Komplekse, clueless kinders van die wind⁤ (vryeweekblad.com)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 7 Augustus

Luister na ’n heruitsending van Ina Stydom se 2018-dokumentêr, ’n Geleefde lewe, ter viering van John Miles se 86e verjaarsdag. Daar is nuus oor die finaliste vir die 2024 kykNET-Rapport-boekpryse, Booker-langlys en die wenner van Australië se Miles Franklinprys. Johan Myburg bring ook hulde aan die Ierse skrywer, Edna O’Brien, wat verlede week oorlede is.

Woensdag 14 Augustus

Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, gesels oor vier boeke wat sy baie geniet het: Gebooie (Rudie van Rensburg), Onrus op Steynshoop (Ingrid Winterbach), A Short Life (Nicky Greenwall) en Wegkruiper (Christelle Wessels). AJ Opperman vertel van Annesu de Vos, wat onlangs 60 geword het, en jy kan luister na ’n kort onderhoud met haar uit 1980. In Johan Myburg se internasionale insetsel vertel hy hoe die herrie rondom ’n Mej SA-finalis van Nigeriese afkoms na die boekewêreld uitgekring het, en watter 13 boeke in die deelstaat, Utah, in die VSA verbied is. Hy het ook nuus oor die Turkse skrywer, Elif Shafak, se nuwe roman, There Are Rivers In The Sky. Jy kan ook meer uitvind oor die Kaapsehoop Boekefees, en die NG-gemeente Welgemoed in Kaapstad se Koek en Boek-viering.

Woensdag 21 Augustus

Hoor hoe groot Karel Schoeman se bydrae tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse boekewêreld was, wanneer Willie Burger gesels oor Stiltes en stemme, ’n huldigingsbundel oor die werk van Schoeman. Johan Myburg gesels oor ’n interessante toekomsbiblioteekprojek waarby die skrywer, Tommy Orange, ook nou betrek is, die kortlys van die Dayton Vredesprys en ’n hernieude belangstelling in liefdesverhale onder lesers wêreldwyd. Ons onthou ook die digter en liriekskrywer, Stephan Bouwer. Hy sou vandeesmaand 76 jaar oud gewees het, maar is in 1999 reeds oorlede.

Woensdag 28 Augustus

Die skrywer, Abraham (Braam) de Vries, is op 23 Augustus 2024 oorlede. Willie Burger praat oor Braam die mens en skrywer. Jy kan ook luister na ’n uittreksel uit ’n 1997-onderhoud wat Daniel Hugo met Braam gevoer het. Die resensent. Jonathan Amid, gesels oor ’n klompie gunstelingboeke: Rudie van Rensburg se Gebooie, Ingrid Winterbach se Onrus op Steynsrus, Elizabeth Wasserman se Die nege lewens van mevrou Smit en Jaco Strydom se DAKA. Jonathan vertel ook meer oor die boekbekendstellings en ander boeklekkertes wat by die Oude Leeskamer in Stellenbosch aangebied word. BONUSINHOUD: Luister na ’n 2020-onderhoud waarin Ilse Salzwedel met Willie Burger gesels oor Abraham de Vries se bydrae tot die Sestigers.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 6 Augustus

Ons herdenk Vrouedag met ’n spesiale bloemlesing van gedigte deur vrouedigters oor al die stadiums in ’n vrou se lewe. Die voorleser is Karli Heine.

Dinsdag 13 Augustus

Sophia van Taak gesels met digter Danie Marais oor sy jongste bundel, Ek en jy bestaan nie. Die skrywer en dosent, Francois Smith, het oor hierdie versameling verse gesê: “Dis ’n bundel wat jou bring by die gevoel dat petrol-en-vuurhoutjie die enigste opsie is, en jou dan ’n spierlewendige sprong woorde in die hand druk!”

Dinsdag 20 Augustus

Sophia van Taak gesels met Maritha Broschk oor haar debuutbundel, Wanneer woorde asemhaal. Dis ’n bundel wat handel oor beroemde vrouefigure, die kunste, die siektes van ons tyd, eg Suid-Afrikaanse maatskaplike kwessies en ook meer universele temas soos verlies, ouerskap en die onsterflike drome wat elke mens vir hom- of haarself koester.

Dinsdag 27 Augustus

Eben Genis lees gedigte voor uit Fanie de Villiers (ook bekend as Kleinboer) se tweede bundel, Erf en Elders.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Dinsdag 13 Augustus

Joan Hambidge bespreek ’n digbundel van besondere belang: Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? Joan Hambidge prikkel met vrae en antwoorde in twee bydraes oor die digkuns – wie kan en wie mag. Eers Johann de Lange se parodie op Elisabeth Eybers en in ’n tweede bydrae Eybers en DJ Opperman en ander digters. Die gesogte UJ-prys word toegeken aan SJ Naudé vir Van vaders en vlugtelinge. Luister na uittreksels uit die keurders se verslae. Joan Hambdige gee haar indrukke van die Afrikaanse vertaling van Waiting for Godot (vertaal deur Naomi Morgan) en daar is ten slotte ’n insetsel oor kinderboeke.

Dinsdag 27 Augustus

Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger, kom gesels oor Oerlied, ’n liedboek wat sy en Monique Seigels saamgestel het. Ons fokus op die digterskap van Johann de Lange. Luister na besprekings van Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus, Rooiletterdag deur Sandy Schoeman, Die man wattie kinnes vang deur Nathan Trantraal, en ’n verskeidenheid kinder- en jeugboeke, insluitend jeugromans deur Cecilia Steyn en vyf nuwe titels deur Jaco Jacobs.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Augustus het sy die volgende boek vir FMR bespreek. Lees die resensie hier: 

Resensie: Waiting for Godot deur Samuel Beckett, in Afrikaans vertaal deur Naomi Morgan

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

20 Augustus

Resensie: Marlies Taljard resenseer Vlindervreter deur Melanie Grobler en Christiaan Diedericks

27 Augustus

Resensie: Marlies Taljard resenseer Stil gesprek: Gedigte by die foto’s van Geo Jooste deur Jan Pretorius

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Augustus verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Dana Snyman oor Seun

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Nicky Greenwall oor A Short Life

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Riette Rust oor Die Geskenk

Onderhoud: Marguerite van Wyk gesels met AM holder oor haar roman Samboksalf en ’n draaktraan

Resensies: Vier merkwaardige vroue deel hul lewensverhale

  • Phyllis Green resenseer Hot Tea & Apricots deur Kim Ballantine, en The Race to be Myself deur Caster Semenya
  • Susan Puren resenseer The Hard Parts deur Oksana Masters
  • Tina Swiegers resenseer My Journey to the Top deur Saray Khumalo
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top