Titel: Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart
Skrywer: Nicole Engelbrecht
Uitgewer: Human & Rousseau (2024)
ISBN: 9781990973826
In die vroeë ure van Maandag 20 Januarie 2003 kleur die 27-jarige Adam Woest en die 43-jarige Trevor Theys Seepunt bloedrooi.
Alhoewel die polisie, onder die bekwame hande van inspekteur Jonathan Morris, daarin kon slaag om die moordenaars van die grootste slagting in die Kaapse geskiedenis vinnig vas te trek, kon die hof nooit daarin slaag om die volle waarheid uit die twee massamoordenaars te trek nie. Hul oor en weer beskuldigings het ’n rits vrae agtergelaat: Hoekom het die Sizzlers-slagters die hele gyselaarsdrama drie uur lank uitgerek? Met wie het Adam die hele tyd in Sizzlers oor sy selfoon gekommunikeer? Wie is die geheimsinnige derde persoon? 21 jaar later hang hierdie vrae steeds onbeantwoord oor Kaapstad.
Ek kuier saam met die 43-jarige Nicole Engelbrecht, skrywer van die blitsverkoper, Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart, op ’n wynplaas in Durbanville. Dié restaurant, Nitida, lê ongeveer 33 minute se ry vanaf Seepunt, waar die slagting plaasgevind het.
Alhoewel sy al hierdie en meer vrae in haar boek beantwoord, speur ek geen irritasie in haar stem wanneer sy al mý vrae beantwoord nie. Inteendeel, die stem agter die hoogs suksesvolle waremisdaad-podsending, True Crime South Africa, is vol deernis.
Net soos die wind die wingerde skud, skud haar woorde my opnuut terwyl sy daardie doodsdag kortliks opsom.
In 2003, two men entered the Sizzlers sex work establishment in Sea Point under the guise of wanting to engage in male-on-male sex trade appointments. Instead, they bound, gagged and tortured eight employees, one client, and the owner for three hours before shooting and slitting their throats. Nine of the victims died from the injuries and one man, Quinton Taylor, survived and was able to identify Trevor Theys as one of the offenders and, as a result, Adam Woest, the other perpetrator was also arrested.
Op Quinton se verjaarsdag, 8 Maart 2004, is beide mans skuldig bevind aan 72 klagtes van moord, poging tot moord, diefstal, besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, en tot nege lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
Ek wonder met al die stories wat sy in ’n podsending omskep, hoekom juis hierdie een?
“I sometimes feel like the stories that are ready to be told in book form start presenting themselves to me before the time. Yes, I realise that sounds weird, but bear with me,” antwoord Nicole, wat oorspronklik van Boksburg aan die Oos-Rand kom.
........
Haar boek getuig, net soos haar podsendings, van obsessiewe navorsing. Asof haar lewe daarvan afhang om hierdie verhaal ’n honderd persent reg oor te vertel en al die onopgeloste vrae te beantwoord.
........
Sy het uiteraard nog altyd van die Sizzlers-saak geweet, maar nooit gevoel dat sy dit in ’n podsending met haar 13 000-plus getroue luisteraars op YouTube moet deel nie. Maar oor die jare het mense wat by die saak betrokke was – ’n paramedikus, joernaliste en vriende van die slagoffers – haar begin kontak. En uiteindelik Leigh Visser, die suster van een van die slagoffers (Warren).
Over the years I had also spoken with many family members of victims through the podcast that had had terrible experiences with the parole system. After writing Samurai sword murder, and delving into the parole aspect of that case, I knew I wanted my next book to focus on the parole system. So, when Leigh Visser approached me to help share her petition to keep Adam Woest in prison, I realised that this was the case I needed to write my next book about.
Hoe moeilik, wil ek weet, is dit om ná soveel jaar genoeg navorsingsmateriaal vir ’n boek bymekaar te kry?
Ek meen, in haar swart broek, top en stewels wat deur ’n lang roomkleurige trench coat afgerond word, lyk Nicole eerder soos ’n model op die voorblad van ’n glanstydskrif as na iemand wat ure deur hofdokumente, polisiedossiere en moordfoto’s sif. En tog het sy vyf jaar gelede ’n hoogs suksesvolle korporatiewe loopbaan vir kreatiwiteit verruil. Haar podsendings – wat as ’n tydverdryf begin het – plaas nou brood en botter op haar tafel. Dit is so gewild, dit word selfs op Jakaranda FM in Afrikaans uitgesaai.
Die moeilikste gedeelte, erken sy, was om almal ná soveel jaar weer op te spoor.
Many people have, unfortunately, passed away or they have moved and are no longer contactable at their previous details. Many of those I did find were not interested in participating, but once I had managed to find the key role players including Detective Jonathan Morris, Quinton Taylor, and Leigh Visser, all were able to put me in touch with many others and the information flowed from there onward.
........
Sy beantwoord my vraende blik. Ja, lesers gaan dinge raaklees wat nog nooit in die media gedek is nie.
........
Haar boek getuig, net soos haar podsendings, van obsessiewe navorsing. Asof haar lewe daarvan afhang om hierdie verhaal ’n honderd persent reg oor te vertel en al die onopgeloste vrae te beantwoord.
Sy beantwoord my vraende blik. Ja, lesers gaan dinge raaklees wat nog nooit in die media gedek is nie.
Reporting around the case at the time was a mixed bag of unproven theories and very narrow exposure to information. The book provides the public with the facts of the case from beginning to end and introduces readers to the viewpoints of various role players who each had a unique perspective of the case. In addition to that, I believe the book dispels many of the unfounded theories that have lingered for years around this case and also provides a realistic picture of just how damaging such violent crime is, even decades after the event. I think it’s also very important that we see where the families, police officers, and the survivor are now and also how the offender, Adam Woest, clearly has not engaged in the services available to him to facilitate his rehabilitation.
Net soos met haar podsendings, gee sy met hierdie skrywe die slagoffers se stem terug.
In Julie verskyn haar volgende boek, in samewerking met Brin Hodgskiss. Killer stories is ’n kombinasie tussen waremisdaad en sielkundige narratief.
Hodgskiss interviewed 13 South African serial offenders for his PhD in the 90s and in the book we combine the data extracted from those interviews to understand how the stories these men told themselves about their crimes helped facilitate their offending and also how ordinary members of the public are also impacted by the stories they tell themselves about themselves.
Sy teug aan haar caffè latte.
Met hierdie stilte pak ek op, want solank Nicole se laatnag-radiostem beweeg, hang mense aan haar lippe.
- TimesLIVE Podcasts: https://iono.fm/c/4657
Lees ook:
Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart deur Nicole Engelbrecht – ’n resensie
Kommentaar
Die boek het 'n baie groot leemte, en dit is die gebrek aan 'n deeglike skrywe en kennis van die hofsaak. Dit is jammer, want dit is juis daar waar al die inhoud is. Dit is ook jammer die forensiese patoloog is nooit genader nie, en ook nie juis koerantberigte nie.